‘Madonsela is ʼn lomp nar en ʼn pseudo-politikus’

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die ANC-Jeugliga het ʼn striemende aanval op Thuli Madonsela, openbare beskermer, gedoen.

Volgens Mlondi Mkhize, woordvoerder van die jeugliga, neem hulle kennis van Madonsela se “soeke om ʼn politieke speler in die politieke sake van Suid-Afrika te wees”. Die jeugliga het verder ʼn beroep op Madonsela gedoen om op te hou om pres. Jacob Zuma te ondermyn.

“Ons doen ʼn beroep op Thuli Madonsela om op haar werk te fokus en op te hou om ʼn politieke bekende te wees, wie se rol dit is om die president te ondermyn en te verneder. Ons versoek hierdie agent beleefd om politieke sake aan aktiviste en politici oor te laat.”

Volgens Mkhize is die jeugliga vol vertroue in Zuma se leierskap en sy hantering van die land se sake. “Die ANC-jeugliga sal nie afsien van sy siening dat dit lomp narre, wat eintlik politici wil wees, soos Thuli en haar ondersteuners, is wat sonder ophou bly karring met ANC-leiers en spesifiek met Zuma.”

Die jeugliga het gesê hy kan nie wag dat Madonsela se termyn verstryk nie. “Ons kan nie wag dat jy jou termyn voltooi nie, maar ons sal vir ʼn klein rukkie langer met jou uithou. Ons is seker ons sal nie weer met jou te doen hoef te hê nie. In werklikheid sal ons nie weer jou gesig wil sien of jou stem wil hoor nie.” Die jeugliga het ook gesê hy sal graag Madonsela se afskeidspartytjie wil reël. “Totsiens, dit was nie lekker terwyl jy met ons was nie.”

Die jeugliga het selfs verder gegaan en gesê die gebrek aan vertroue en duidelike leierskap wat volgens Madonsela glo by Zuma ontbreek, is in werklike geval eienskappe wat sy nie het nie.

Madonsela het op Twitter gereageer en gesê sy is stomgeslaan deur die jeugliga se verklaring. “Kort nog steeds wyse raad. Hoe los jy ʼn probleem soos hierdie op ʼn volwasse manier op?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

MJL ·

Die ANC jeugliga is net so ongeletterd en onopgevoed soos Zuma. Me Madonsella het meer verstand in haar pinkie as Zuma en die jeugliga saam.

Ouman ·

Ek verstaan dat wesens wat al in hulle dertigs is nog steeds lede van die jeugliga kan wees wat vrae laat ontstaan oor hulle imteligensie. Die liga het duidelik ‘n probleem met breinkrag en toon onvolwassenheid en lae vlak van insig. Kyk maar net hulle sogenaamde leiers. Self roadkill is na meer intelligent. Hulle pas by hulle president wat glo as jy tot 3 kan tel kan jy minister van finansies wees. Die ANC is verrot tot op die been. Die jeugliga is hopeloos en maak geen bydrae tot die land nie. Madondela het meet breinselle wat werk as wat totale jeugliga en hulle ou president het. #ZumaMustFall. Diewe hoort agter tralies.

J.Z ·

Wie is daardie Nar wat nie weet wat hy kwyt raak nie. ? Hy maak my naar.!!!!.

Jaco Snyman ·

As ek sy was sou ek my nie steur aan die klomp nie. Die leegste blikke maak die grootste geraas. Hulle probeer hard om relevant te wees.

Rupert Ashford ·

Neem kennis. Dit is die spul wat die nuwe leiers voortbring. Wanneer Zuma eendag vertrek sal die probleme allermins verby wees.

AmY ·

While suturing a cut on the hand of a 75 year old farmer, the doctor struck up a conversation with the old man.
Eventually the topic got around to Zuma and his role as our president.
The old farmer said, ‘Well, Zuma is a ‘Post Turtle”.
Not being familiar with the term, the doctor asked him what a ‘post turtle’ was.
The old farmer said, ‘When you’re driving down a road and you come across a fence post with a turtle balanced on top, that’s a ‘post turtle’.
The old farmer saw the puzzled look on the doctor’s face so he continued to explain. “You know he didn’t get up there by himself, he doesn’t belong up there, he doesn’t know what to do while he’s up there, he’s elevated beyond his ability to function, and you just wonder what kind of dumb ass put him up there to begin with.”

Robyn ·

I could not put it better!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Genoeg ·

PAALSKILPAD. Ja-nee, sowaar, wrintie waar.

Van hieraf sal dit nie naam wees wat by my bly as en aan Zuma dink. AmY. Well said.

Sjoe, what better explanation is there to describe Zuma.

Amy ·

Dis reeds omdat Thuli al die ANC se onderduimhede en korrupsie op die lappe bring dat die ANC jeugliga haar nie kan verdrae nie…. sy doen haar werk…… well done Thuli !

Flippie ·

Hulle het net hulle hoofseun beskryf en toe die se naam met die van Madonsela vervang

Siestog ·

As jy nie kan sien daar is fout met Zuma en sy ANC party nie, is jy die toppunt van onnoselheid. Ek stem Thuli het meer verstand in haar pinkie as die ANC en ANCYL. Sy is immers ‘n dame. Wat is julle? ‘n Spul hooligans.

elize ·

die ANC jeugliga voel darem vreeslik bedreig deur so ‘n klein mensie……hehehe. Mooi so Thuli

Eliza-beth ·

Jeugliga? Bepaal julle dan by jul speelgoed. Uitlatings soos die bewys jul onvolwassenheid asook gebrek aan klas.

Griet ·

Ag shamepies vir die jeugliga! Salig is die wat arm van gees is …

Pops ·

Ek dink nie almal in die ANC-Jeugliga het saam die breins wat hierdie vrou het nie. As ek hulle is, dink ek baie mooi voor ek praat en sulke uitlatings maak, sy is boonop ‘n advokaat en kan jou/julle dagvaar vir laster!!! Oppas, ne, slim vang soms sy baas, veral as slim nogals bietjie dom is daarby!!!

Frans ·

Die bevolking van Suid Afrika word beraam op 54.9 miljoen waarvan 80% swart is.(44.23 miljoen) blankes 4.53 milj, kleurlinge 4.83 milj en Asiate/Indiërs 1.365 milj.

30% van die bevolking is 15 jaar en jonger. dws +- 16.5 miljoen. Die vraag is hoe oortuig jy die mense dat Madonsela reg en die jeugliga verkeerd is, want oor drie jaar verder is hul stemgeregtig en word lojale ANC ondersteuners.

Die Blanke bevolking vorm ‘n al kleiner % van die blanke bevolking en is tans die 3de grootste en word alhoemeer ‘n stem roepende in die woestyn. Het die tyd terwille van oorlewing nie aangebreek om meer op ons eie mense se probleme te konsentreer en die res
oor te laat aan die bewind wat hul gekies het?

Berhalet Beukes ·

Ag asseblief… Die jeugliga is niks meer as ‘n groep leë koppies bymekaar nie. Word tog net gróót!

Riaan ·

Ek dink die gemiddelde ouderdom van die ANC “Jeug” liga is 30, wat my laat wonder wat is die ouderdom van hulle veterane

Eliza-beth ·

Me Madonsela sal haar gelukkig nie veel aan die raasbekke steur nie, sy het te veel klas. Ek wil vir haar sê om die ou gesegde te onthou: “Sticks and stones can break my bones but words can never hurt me.”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.