Madonsela moet opdok vir BMW ná termyn verstryk

Busi Mkhwebane tydens 'n perskonferensie in Pretoria (2 Februarie 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Busi Mkhwebane tydens ‘n perskonferensie in Pretoria (2 Februarie 2017) Foto: Jonisayi Maromo/ANA

Busi Mkhwebane, die openbare beskermer, het Donderdag gesê geld is van haar voorganger Thuli Madonsela se uitbetaling afgetrek omdat sy ʼn amptelike voertuig, ʼn BMW X6, bly gebruik het ná haar termyn verstryk het, asook vir skade aan die motor ná ʼn ongeluk.

“Ons praat van die belastingbetalers se geld,” het Mkhwebane tydens ʼn perskonferensie gesê. “Ons is steeds in gesprek met die staatsprokureur, want ons het ʼn kleiner bedrag afgetrek, totdat die saak opgelos is.”

Reginale Ndou, waarnemende uitvoerende hoof van die openbare beskermer se kantoor, het gesê die bedrag in die New Age-koerant is nie korrek nie. “Dit is nie R750 000 soos berig word nie. Daar is twee bedrae – die een is R420 455 vir die herstelkos en R37 081 vir die gebruik van die motor ná haar ampstermyn verstryk het,” het hy verduidelik.

Madonsela se seun het in 2012 met die motor gery toe hy in ʼn tuinmuur van ʼn huis in Pretoria vasgery het.

Volgens Mkhwebane word dit in die gees van goeie regering gedoen. “Ons wil seker maak ons is aan die regte kant van die wet wanneer ʼn oudit gedoen word,” het Mkwebane bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

DB Jaeger ·

Blah blah…Mens kan met ‘n stok aanvoel hierdie is net om’n “statement” te maak.

Paul ·

Hoe dan so?
Haar seun het wel ongeoorloof met die kar gery en die ongeluk gemaak – sy het dit so erken. Dan moet sy mos vir die gelag betaal? As jou seun jou werk se voertuig vat en dit in ‘n muur vasry, gaan jou baas sê “Aaag, dis OK, moenie worry nie!” ?
En indien sy die werksvoertuig aanhou gebruik het nadat sy ophou werk het by die kantoor, sonder dat dit so ooreengekom is, dan moet sy ook mos daarvoor betaal. Hoekom moet dit dan nou anders wees net omdat jy van haar hou?

Pierre ·

Skuus hierdie is nie ‘n kwessie van of jy van Madonsela hou of nie. Daar is hordes gevalle waar sulke gevalle voorgekom het maar nooit hoor jy daarvan nie. Ongelukkig was dit duidelik soos daglig dat iemand sy mes in het vir Madonsela, hoekom word hierdie andersins in die openbaar bespreek. Stem heelhartig saam dat as jy verkeerd is dan moet dit hanteer word, die vraag is net wat wil die iemand bereik wat nou hulle tande in haar wil inslaan. Kyk mooi Madonsela trap ongelukkig nog steeds op tone.

Franscois ·

Net n front. Zuma en Gupta produk om te wys sy is op die “regte pad” vir die mense.

simon ·

Makebwane is in die openbaar aangehaal as dat sy gese het sy sal sake afhandel soos hulle voorgekom het. Vandaar dat die STATE CAPTURE SAAK nog nie weer aandag gekry het nie.
Dit blyk asof hierdie n nuwe saak is saak is wat sopas uitgedink is om Thuli Madonsela aan te vat.
As dit in volg orde afgehandel moet word sal dit eers in 2023 voor kom, nie nou al nie. Daar is n waarskynlik nog n duisternis sake reeds onder beskouing wat nog afgehandel moet word voordat hierdie saak aan die beurt is. NASTY !!!!
Toe die kar beskadig was, was n amptelike motor aan haar toegese vir haar gebruik terwyl sy as openbare beskermer aangestel was en as sulks is die skade vir die staat.
Die bedag ge-eis vir gebruik na haar aftreeoord is uitsonderlik hoog as dit hoegenaamd selfs geldige sou wees. Waarskynlik is die kar in elk geval deel van haar uitdienstredings paket.

Jan maak n Plan ·

Daar word in 2017 betaal vir ‘n ongeluk wat in 2012 gebeur het???? EN van wanneer ry hierdie mense self hulle voertuie, daar mos bestuurders. Ek ruik n rot.

Johann ·

Gaan lees gerus op die Citizen hoe Madonsela vandag teen haar uitgepak het en wat sy oor die dame te sê het. Hier kom nou ‘n ding.

Johann ·

Magsposisie reguit kop toe! En stig brande orals sodat die rook ons aandag aftrek van wat sy NIE doen nie! Die vermetelheid om vir Thuli in die publiek asn te vat…lekker daar vir payback time teen Numba Whone se rekeni g.

Alida ·

Natuurlik sal hul Thuli vervolg want sy het interiteit gehad en stortkop ontbloot. Die ANC haat eerlikheid.

Alida ·

Me OB los vir Thuli uit en doen jou werk. Ondersoek jou “baas” wat jy so beskerm. Daar wag 800 aanklagtes op jou tafel sissie.

AL ·

Duidelik hou jy nie van Madonsela. Disjou verlies, ons hou van haar. As jou enigste kommentaar is oor n kar stamp, bly maar stil.

Wally Walters ·

As dit so is doen die regte ding.kry dit oor en behou jou integriteit.

Jelly ·

Ek is seker sy sal dit betaal, het sy erens te kenne gegee dat sy dit NIE gaan doen nie? Sy was nog altyd ‘n dame van integriteit . los haar en konsentreer op die NUWE OB. Dit het al in 2012 gebeur, regtig nou al ou nuus.

m ·

Aangesien dit n amptelike voertuig is moes daar mos n ongeluksverslag ingedien gewees het. Hoe het dit in 2012 gebeur en 5 jaar later is klink dit nie of daar enige verslag ingedien is nie?! Maak nou nie saak wie dit is nie maar dis hoe dit moet werk wat amptelike voertuie betref, Hierdie is seker maar weer n rekening vir die belastingbetalers aangesien ons vir alles moet betaal en aan die gang hou in hierdie land.

Louise ·

was daar nie versekering nie!
Hoekom moet sy vasgevat word as die res weg kom daarmee?
Hoekom moet sy alleen boet, wat van die res!
Maar ooooo weeee nou SKIELIK is hulle KLIPHARD besig om hulle werk te doen, die res van die tyd werk net die BEURSIE en KENTUCKY oortyd.
Ek kry SKAAM vir ons MENSE in die land.

Alida ·

Ag Busi probeer nou enige ding om vir Thuli in onguns te bring. Thuli was ons almal se engel en het wonderlike werk gedoen. Kom ons kyk of jy Busi dieselfde integriteit het. Jy sal nooit haar plek kan vul nie omdat jy deur Zuma aangestel is. Oppas dat hy jou nie onder jou jack skop sodra jy hom begin ondersoek nie. Dit is mos sy manier van doen.

Ja nee ·

Ja nee om darem nou 2012 se ou koeie te gaan opgrawe….. ek glo Thuli sou die regte ding gedoen het om eerlik te wees. As haar seun onregmatig die voertuig bestuur en beskadig het, moet sy dit betaal. Om die motor na die termyn nog te gebruik was dit vir privaat of het sy nog sake gehad om af te handel???? Dan stem ek verder saam met elkeen wat sê, dame fokus op almal in die regering ook wat verkeerd doen, daar gaan miljoene op voertuie en vervoer, ander miljoene op kits restaurante, hotelle en vlugte, dit is die bree probleem en dan is daar die bedrog, diefstal etc….. Moenie gifappel speel nie, wen die volk om gelyk te wees, almal dieselfde te behandel!!!!! Thuli het ‘n goeie job gedoen en volg haar voorbeeld, dan sal jy net so gewild en op almal se lippe wees!!!!!!!!!!!!!!!!

cor ·

Die berig in gupta koerant en sy moet nou aandag daaraan gee voor ‘n oudit. Doen liewer ‘n ondersoek na die misbtuik van miljoene staats voertuie vir eie gebruik. Kyk maar net oor naweke waar ry die staats voertuie met familie en kinders op die land se hoofwee, dit is misbruik van belasting betalers se geld en dit moet geoudit word . Die Bmw is maar ‘n druppel in die misbruik dam.

Hoe nou? ·

Wat van versekering? Ek verstaan nou hoekom daar geen karre beskikbaar is nie. As ‘n kar gestamp word lyk dit asof die hele bedrag deur die staat betaal moet word en nie geeis word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.