Madonsela sê haar Nkandla-verslag is finaal

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela Foto: Werner Beukes/SAPA

Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se kantoor het Vrydag gesê sy gaan nie haar bevindings oor Nkandla met die regering se sekuriteitsgroepering bespreek nie.

“Die OB se kantoor het ʼn versoek van die groepering ontvang,” het Kgalalelo Masibi, woordvoerder vir Madonsela, gesê. Die ministers wou klaring hê oor haar verslag oor duur veiligheidsopgraderings by pres. Jacob Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal.

Masibi sê Madonsela sal beskikbaar wees om te bespreek waarom die staat die implementering van regstellende aksie moeilik of onmoontlik bevind het. “Haar bevindings is egter nie ʼn punt van bespreking nie.”

Madonsela het verlede maand haar finale verslag oor die opgraderings van R246 miljoen vrygestel. Sy het bevind dat Zuma en sy familie onregmatig gebaat het uit die opgraderings en gesê dat Zuma ʼn gedeelte van die koste moet terugbetaal.

Die regering het Dinsdag gesê die ministers het die verslag bestudeer, maar benodig meer inligting en klaring van Madonsela.

Masibi het Vrydag gesê volgens Madonsela is haar bevindings finaal. “Die Openbare Beskermer se verwagting is dat regstellende aksie implementeer moet word en dat daar geen ruimte is vir die bespreking van haar bevindings nie.” -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alet ·

Mooi man bly sy hou haar bevindings wat wil hulle meer he sy moet seker se sy het n fout gemaak ons soek meer van haar in hierdie korupte land hou so aan dankie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.