Madonsela sê oor vergadering met Zuma

madonsela-zumaAdv. Thuli Madonsela, openbare beskermer, het gesê haar vergadering met pres. Jacob Zuma vir haar ondersoek na beweerde staatskaping het vier ure geduur en was beleefd.

Madonsela het Donderdagmiddag met Zuma vergader as deel van haar ondersoek na die Gupta-familie se beweerde betrokkenheid by die aanstelling van kabinetsministers en raadslede van staatsbeheerde maatskappye. Sy stel ook ondersoek in na die Guptas se beweerde onbehoorlike en moontlik korrupte invloed op die toekenning van tenders en lisensies aan maatskappye wat bande het met die familie.

Volgens Madonsela het Zuma se regsverteenwoordigers vir die grootste deel van die vergadering volgehou die nuwe openbare beskermer, adv. Busisiwe Mkhwebane, moet die ondersoek oorneem. Zuma het Donderdag aangekondig Mhkwebane sal by Madonsela oorneem. Volgens Zuma se regsverteenwoordigers is daar nie genoeg tyg om die ondersoek af te handel nie en is dit ook nie ʼn prioriteit nie.

Zuma het ook aangevoer hy het nie genoeg tyd gehad om ʼn regsmening te kry vir sy antwoorde op die vrae nie. Madonsela het Zuma reeds in Maart ingelig oor die bewerings teen hom. Uiteindelik is ingestem dat Zuma ʼn lys vrae sal ontvang en dat hy dit met ʼn beëdigde verklaring moet antwoord en later weer met die openbare beskermer vergader.

Mhkwebane het intussen Donderdagaand in ʼn SAUK-onderhoud gesê die staatskapingsondersoek kan nie prioriteit wees nie. Sy het gesê sake wat ouer as ʼn jaar is en handel oor kwessies van lewe en dood, sal eerder aandag geniet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Uys ·

En daar die Guptas weer weg.
Een van die dae gaan ons hoor hul trek terug na SA

Bullseye ·

Haha ja natuurlik gaan die nuwe besem die saak onder die mat invee….

John ·

Ons weet nou ons vrese is nie ongegrond nie. Dinge gaan veel erger word. Veel erger… Die tentakels van Oosterse moonthede en Afrika se baba-agtige gesuig aan die’ se vol spene sal sy totale ondergang bewerk. Afrika kan en wil skynbaar nie volwasse word nie en dit word ‘n wederkerige uitsuiery. Dit het nie ‘n wen-wen uitloop nie al glo Afrika dit.

Rina XX ·

Die nuwe OB het klaar haar kant gewys, alle sake ouer as a jaar….gaan niks van kom nie. Oom Zumpie vee net sy stert aan als af, hy is al Maar gese om sy goed in orde te kry, waar is dit? Hkm nog niks gedoen nie…..Ons is mos verhewe bo die wet.

Deďuiwelin ·

En daar word harde werk aan n ondersoek weer gekelder. Was die Cuptas regtig weg? Lank lewe Madonsela.!!

Jakkalas ·

En al klaar kom die skerms en handskoene asook verskonings op om Zuma te beskerm. Ek het al klaar my bedenkinge oor die nuwe OB. As sy volgens Zuma se pype dans is ons in moeilikheid, GROOT moeilikheid. Iemand sal moet ingryp.

Hasie ·

Die nuwe OB wys klaar dat sy ‘n Zuma puppet is, net soos Shaun Abrahams en die clown by die SAUK. Zuma se tentakels is so wyd en taaierig dat SA nooit van hom ontslae sal raak nie.

My opinie ·

Is SES MASNDE nie lank genoeg tyd om regsadvies in te win en homself voor te berei op ‘n stel vrae wat hy vooraf ontvang het nie?? Nóg ‘n middelvinger… zuma en sy regspan dring nie verniet daarop aan dat die nuwe OB die saak oorneem nie. Daar wàs meer ervare persone wat in die pos aangestel kon word.

Hamilton ·

Hou dop hoe die storie ook die rand tot in sy fondamente gaan skud – al die strooi kom na die mense op die grond.

pieterdp ·

En wat nou. Gaan ons almal net dit so aan vaar of kan ons iets doen aan die gemors.

Gaan die res van die volk nou net terug sit. Waar is die res van ons instansies. Sal graag hul opienie wil hoor.

Theo ·

783, nie eers dit gaan jou help nie. Jou dag in die hof kom vinniger nader as wat jy kan keer. Die plaat word rooi warm.

Loslip ·

Wat op aarde het die oorle’ AWB leier met hierdie onderwerp te make?

Max ·

Gaan lees ET se lesings en toesprake. Dit wat aan die orde is van dag het hy toe al verduidelik !

Loeis ·

Zuma se regsverteenwoordigers wil he dat Mkhwebane die ondersoek moet oorneem.

Mkhwebane se dat die ondersoek nie ‘n prioriteit kan wees nie.

Dus word Zuma en sy Indiese vriende nie ondersoek nie.

Dit ruik na nog iemand wie numba one beskerm, nes wat met die wapenskandaal ondersoek gebeur het.

Ferdie ·

Daar word ons as nasie weer aan die neus gelei . Speel vir tyd , so gaan dit al jare aan , dit kos ons Belastingbetalers miljarde en ons word die “grap” vir die wêreld want ons aanvaar dan die gedrag ?

Max ·

Ja, volgens die nuwe OB raaksien dit ook die man op straat glad nie ?

Koos ·

Ja, nee hier kom dit nou, die DA het sy bedenkinge gehad oor die vrou se aanstelling, haar prioriteite is nie om moorde op te los nie dis SAP se werk. Klaar zumpie se hart gesteel hy het verder tyd om geld bymekaar te maak

Rina Kotze ·

Die nuwe OB het sommer klaar gewys sy kan manipuleer word. Maar het ons nie almal geweet ons sal nooit weer ‘n Thuli Madonsela kry nie???

So jammer Thuli Madonsela moet klaarmaak!

En mense, jammer daar was nou al hoeveel “inkriminerende getuienis en gebeure teen Zuma en elke keer kom hy daarmee weg! En so trek hy ons land af tot in rommelstatus, Oor drie jaar eindig sy termyn en gaan hy lekker by Nkandla aftree op belastingbetalers geld.

Wat van ‘n herlewing van #Zuma must fall” veldtog???

Alida ·

No 1 het Maart maand al geweet van hierdie vergadering. Nou wil hy nie hê Thuli moet dit afhandel nie. Dit is mos so duidelik soos daglig dat hy bang is vir haar bevindinge en verkies dat sy nuwe OB dit afhandel. Daar sal weer niks van kom nie, maar gelukkig sal die DA dit nie los nie. Hulle sal hom in ‘n blik druk waaruit hy nie sal kan kom nie.

marie visser ·

Duidelik kan uit Busisiwe se antwoord afgelei word dat daar nou in die kantoor van die OB probleme gaan ontstaan met die prioritisering van sake. Die dame moet die moordsake aan die polisie oorlaat, dit is hul werk en terrein – weet sy dit dan nie? Is daar nie iets soos ‘n pligstaat wat aan die dame gegee kan word nie? Hoe tragies dat die ANC weer gewen het. Waar is die DA en EFF? Julle was mos teen haar aanstelling. Hou haar asb met ‘n valkoog dop, anders gaan sy ons land laat sink. Gebed, gebed, gebed, dis al reddingsboei vir hierdie land.

Alida ·

Die DA sal nie los nie. Hulle het van die begin af haar aanstelling bevraagteken. Gee hulle kans.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.