Madonsela: ‘Zuma weet van bewyse wat hom betrek’

Pres. Jacob Zuma en adv. Thuli Madonsela.

Pres. Jacob Zuma en adv. Thuli Madonsela.

Adv. Thuli Madonsela, die uittredende openbare beskermer (OB), het ʼn eis van pres. Jacob Zuma verwerp waarin hy uitstel vra in die OB se ondersoek na bewerings van staatskaping deur die invloedryke Gupta-familie.

Madonsela ondersoek bewerings dat die Gupta-familie ʼn uitgebreide invloed op die regering se besluite het met hul beweerde betrokkenheid by die aanstelling van kabinetsministers en raadslede van staatsbeheerde maatskappye. Sy stel ook ondersoek in na die Guptas se beweerde onbehoorlike en moontlik korrupte invloed op die toekenning van tenders en lisensies aan maatskappye wat bande het met die familie.

Die ondersoek volg op aandrang van die DA en ʼn kerk nadat Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, vroeër vanjaar op rekord bevestig het die Gupta-familie het hom verlede jaar die pos van minister van finansies aangebied voordat Nhlanhla Nene afgedank is.

Die presidensie het Maandag gesê hy het Madonsela formeel versoek om teen Dinsdag te bevestig dat haar kantoor nie die ondersoek sal afhandel of ʼn verslag uitreik alvorens enige bewyse, wat Zuma  betrek, aan hom verskaf is of hy geleentheid gegun is om getuies in die ondersoek te ondervra nie.

Die presidensie het Madonsela daarvan beskuldig dat sy die amp van haar kantoor verontagsaam het deur hom toegang te weier tot getuies en dokumente in haar ondersoek wat sy wil afhandel voor haar termyn vandeesweek verstryk.

Aldus ʼn verklaring deur die presidensie het Zuma twee dae kennisgewing ontvang voor Madonsela hom verlede Donderdag ondervra het, en daar is van hom verwag om te oor sake waaroor hy geen vooraf kennisgewing ontvang het nie.

“Pres. Zuma is sedert 22 Maart vanjaar behoorlik ingelig oor die aard van die vrae en die geleentheid gegun om sy bewyse in plek te kry,” het Madonsela gevolglik in ʼn verklaring gesê. “Hy is Saterdag 1 Oktober voorsien van afskrifte van al die bewyse waarin hy impliseer word. Sy prokureur het Donderdag 6 Oktober vir die eerste keer versoek om getuies te ondervra toe hy versoek het dat die ondersoek uitgestel moet word om deur die nuwe OB [adv. Busisiwe Mkhwebane] oorgeneem te word.”

Madonsela het gesê dit is in die president se belang om verantwoording te doen op die beweringe teen hom. Sy het bygevoeg dit is in die belang van openbare vertroue dat die ondersoek so gou moontlik afgehandel word.

Madonsela het ʼn dringende beroep op Zuma gedoen om die vrae te beantwoord wat sy aan hom gestel het en hom ook aangeraai om sy vrae aan die getuies by haar in te dien sodat dit namens hom gestel kan word.

“Dit is kommerwekkend dat die president by twee geleenthede onderneem het om vrae te beantwoord, maar sy besluit verander wanneer die tyd aanbreek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Rina XX ·

Dis die staatspresident en hy soek uitstel altyd. Wil nie vir sy steelery verantwoording doen nie. Want die nuwe OB het mos gese sy gaan nie die ou sake aanvat nie…net nuwes. Dis hoekom ons land is soos wat hy is die leiers vat geen verantwoordelikheid nie. Die onderdane doen net so.

Sarah ·

Sleurtaktiek saam met al die huidige politieke verwikkelinge en anargie om hom nie verantwoordbaar te laat hou nie.

Johann ·

Ek kry lekkerrrrtr as ek hoor hoe Zuma in die publiek voor stok gekry word. Maar dan is die Hoof bokwagter skielik weer op n “staatsbesoek” by een van sy pelle terwyl hy HIER moet wees to face the music. En dis obvious hoekom hy n groter vinniger vliegtuig soek…om weg te kom!

Alida ·

As hy niks het om weg te steek en eerlik was het hy mos nie nodig om uitstel te versoek nie. Hy weet al van Maart maand af van die vrae. Onderduimsheid. Die nuwe OB is een van sy puppits en sal hom nie vervolg nie. Thuli doen in die volgende 4 dae alles wat jy kan om die skelm aan die pen te laat ry.

Louwboepens ·

Rina XX jy het die kat aan die stert beet.Die nuwe Openbare Beskermer het gesê die staatskaping van Zuma is nie vir haar `n prioriteit nie.Sy gaan konsentreer op sake wat ouer as `n jaar is.Nie soos jy sê nuwe sake nie.

lettie ·

Sy blokke word warm en hy wil wegkom van Thuli af met haar kontrakverstryking om die draai. Sy volgende stap is om die nuwe OB te intimideer en kat en muis met haar dan te speel. Hoe stupid dink hy is Suid-Afrikaners? Daar is eenvoudig vir hom geen wegkomkans nie, plaas meer druk toe sodat hy verder kan verkrummel.

Willem ·

Thuli jy is die beste! Nee wat ek stem saam laat Jacoppie maar antwoord. Dis tyd dat almal die waarheid hoor ….gee genoeg tou een of ander tyd gaan slim sy baas vang!

Anoniem ·

Afriforum se regspan moet maar solank hul planne agtermekaar kry om die die OB en Zuma vas te vat as die nuwe OB na Zuma se pype dans en hom nie wil vervolg nie….

John ·

Ek hoop Thuli het veiligheidswagte en kyk wat sy eet en drink…

Mariaan ·

Hy gaan weereens wegkom soos met al die vorige aanklagte teen hom. Slinks en uitgeslape. Geen wonder die land is ń misdaad paradys nie..

Sue ·

John. Ek stem heeltemal saam met jou. Sy het so ruk terug iets laat val dat sy vrees vir haar veiligheid….. Watch this space!

Chris Ws ·

Zuma hoort agter tralies oor en uit!Hy is die skelmste nar in die hele anc sirkus.

snoefie ·

ek fink die regverdige ding om te doen tydens aanstellings soos vir die ob, hoifregter, ag self ministers en president sal wees as die regerende party buite stemming bly. die ander partye lies dan die kandidate en parlement stem dan vir die regte mense uit die kandidate soos onpartydig aangewys.

Aplities ·

Ek kan nie glo Zuma het nou regtig gegaan en gevra om die getuies te ondervra nie. Geen aangeklaagde mag getuies in sy saak sien buite die hof nie. Selfs hulle prokereurs moet baie sterk sake maak voor hulle dit, onder supervisie toegelaat word…

Hierdie man moet uit die regering. Hoe vinniger, hoe beter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.