Mafe in hospitaal ná psigiatriese toetse

Zandile Mafe. (Foto: Gianluigi Guercia/AFP)

Die man wat daarvan beskuldig word dat hy verlede jaar se verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad gestig het, is in die hospitaal van die Pollsmoor-gevangenis opgeneem.

Die opname volg op sy besoek aan die Fort England- psigiatriese hospitaal in die Oos-Kaap waarheen hy vir waarneming gestuur is.

Zandile Mafe was 30 dae lank in dié hospitaal, maar nadat hy Donderdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn het, is hy na die Pollsmoor-gevangenis se hospitaal gestuur.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê regter Nathan Erasmus het onlangs ʼn elektroniese verslag van die deskundiges ontvang wat Mafe se psigiatriese waarneming gedoen het.

Hy het gesê die inhoud van die verslag sal nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie, aangesien Mafe se regsverteenwoordiger eers dit met hom moet bespreek.

Dit kom nadat adv. Dali Mpofu, Mafe se prokureur, aan die hof gesê het dat dit dalk nodig gaan wees om deskundige getuienis te kry as hulle die verslag se bevindinge betwis. Hy het daarom gevra dat die hof verdaag sodat hy die verslag met Mafe kan bespreek.

Die staat betwis nie die verslag se bevindinge nie, maar het wel Mpofu se versoek vir uitstel gesteun aangesien dit “in die belang van geregtigheid” is om dit te doen.

Die saak is tot 13 Julie uitgestel om Mpofu die geleentheid te gee om met Mafe te konsulteer.

Mafe staan tereg op aanklag van huisbraak met die doel om ʼn brand te stig, brandstigting, terrorisme en diefstal. Die klagte spruit uit die brand op 2 Januarie verlede jaar by die parlement.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Nee wat, die ligte in die boonste verdieping is lankal af.

Andrè ·

Da vat hy nou ñ les uit ou zumpie se boek,nie so dom soos wat hy wil voorgee nir

Aai ·

Hoekom word almal wat deur die @NC gestuur word om aan te jaag altyd hospitaal toe gestuur dit is net om los te kom.

Samuel ·

Niemand weet wat in die psigiatriese verslag staan nie. Niemand weet of die beskuldigde die brand veroorsaak het en of hy nie maar net ‘n sondebok is wat deur ander kaders gebruik word nie. Ons is baie vinnig om te oordeel sonder enige feite ter hand.

melaney ·

Uit soveel vorige gevalle kan mens afleidings maak. Waar daar ‘n rokie is …..

Boatsie ·

Dan moet hul tot ‘n punt kom. Genoeg toetse en evaluerings is seker al gedoen, nou is dit tyd dat hy in die hof moet kom praat.
As dit moet, maak soos daai hof nou die dag in Egipte, stoot hom met bed en al in die hofsaal in.

Johanncb ·

Intussen geniet hy ‘n lekker gemaklike lewe op die belastingpligtige se onkoste.

Watsenaam ·

Hi Johanncb,
Jis, ek weet darem nie. Het geen ondervinding van om in n tronk te wees nie. Ek dink dit moet erg wees? As jy binne informasie het laat ons ou mense maar tog weet dalk is dit beter daar. Ten minste sien die ouens in die tronk darem elke dag iemand wat vir hulle omgee.

Casper ·

Ag Mpofu,hoeveel geld wil jy nog maak met jou regshulp anders kan Mafe jou nie bekostig nie.Hoeveel van jou sake was jy aan die wenkant,0

Shakespeare ·

Wie in die parlement staan agter die skerms. Krap bietjie rond daar.

Boatsie ·

Ja nee weer dieselfde ou storie; ‘n niksseggende belaglike versoek word deur een of ander slimjan op die tafel gesit, en hul besluit maar nee wat, dis reg so.
En ou Mafe leef lekker en.lag in sy mou.

Jaco ·

Interessante saak dié: as ek nou die ANC se denkpatroon volg, sou ek nou dink die brandstigter by die parlement was ‘n wit rassistiese man vol apartheid en wat reaksionêr en teen transformasie is.
En daar is die brandstigter toe sowaar een van die ANC se eie rasgenote…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.