Mafikeng-kampus onbepaald gesluit

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Die Noordwes-Universiteit (NWU) se Mafikeng-kampus sal onbepaald gesluit wees ná Woensdag se onrus en plundertog deur studente.

“Studente is aangeraai om die kampus onmiddellik ter wille van hul eie veiligheid te verlaat en huis toe te gaan aangesien dit ’n geruime tyd sal duur voordat bedrywighede hervat word. Studente sal minstens ’n maand vooraf in kennis gestel word wanneer die kampus heropen word,” het Koos Degenaar, woordvoerder van die kampus, gesê.

Volgens Degenaar is die nuwe Kampus Verteenwoordigende Studenteraad (KVSR) Woensdagoggend ingehuldig. “Net voordat die verrigtinge begin het, het ’n groep studente, na bewering van die EFF-studentebevelstruktuur en ondersteuners van die ontbinde KVSR, die geleentheid ontwrig. Die aanvanklike betogings het buite die Great Hall begin, waarna dit na binne uitgebrei het. Terwyl sprekers die studente toegespreek het, is die geleentheid deur ’n gesingery en geskree ontwrig.”

Degenaar het gesê die tydelik geskorste KVSR-voorsitter, Benz Mabengwane, het hierna op die kampus aangekom en ’n groep studente toegespreek. “Veiligheidspersoneel wat op die kampus ontplooi is, het die groep uiteengejaag wat tot skermutselings tussen hulle en die studente gelei het. Veiligheidspersoneel moes traangas en rubberkoeëls gebruik om die situasie te beheer. Die studente het hulle met klippe bestook wat tot verdere teenreaksie gelei het.”

Volgens Degenaar het die situasie teen laatmiddag weer opgevlam. Voorvalle is aangemeld waarin studente ’n motorfiets van ’n personeellid en ’n sleepwa van die veiligheidsmaatskappy aan die brand gesteek het. “Die personeelkafeteria is ook geplunder. Studente het voortgegaan om verskeie geboue op die kampus aan die brand te steek, waarvan die administrasiegebou hul hoofteiken was. Hierdie gebou is heeltemal vernietig, waaronder alle amptelike rekords. Na raming beloop die skade miljoene rande.”

Degenaar het gesê gerugte is versprei dat ’n student dood is weens ingryping deur veiligheidspersoneel, maar dit is van alle waarheid ontbloot. “Daar word wel vermoed dat studente beseer is tydens die skermutselings met veiligheidspersoneel, maar geen bevestigde inligting is in hierdie stadium hieroor beskikbaar nie.”

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat ’n motor wat aan ’n veiligheidsmaatskappy behoort aan die brand gesteek is. Twee geboue is ook aan die brand gesteek. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en ons ondersoek die voorval.”

Volgens Hlathi is daar gerugte dat iemand geskiet is. “Ons is bewus daarvan dat mense beseer is, maar niemand het ’n saak begin nie.” Hy het gesê die bewerings sal ondersoek word, maar het daarop gewys dat dit glo gebeur het voor die polisie se aankoms op die kampus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Skep Ties ·

Ja nee, as hulle kan plunder, afbreek en verbrand is hulle in hul element. Weereens wil ek net weet of helfde van hulle ooit weet waaroor hulle betoog. Weet hulle waarom hulle die universiteit tien-, of selfs honderde duisende rande kos? Hoeveel studente kon gratis studeer het vanjaar met die fondse wat nou verbrou moet word om te probeer herstel waar hulle vernietig het? Hoekom gaan hulle uit hulle pad uit om die enigste plek wat moontlik vir hulle ‘n beter toekoms kan bied kwaadwillig af te breek?? Ek kan dit net nie verstaan nie.

Eugene ·

Nou sal ek graag wil hoor hoe sit die totale vernietiging [lees dalk kriminele aktiwiteite van brandstigting en opsetlike saakbeskadiging] inmekaar met die hele oefening van Afrikaans moet val???

En nou…..waar reken julle klomp intellektuele reuse gaan julle NOU studeer….wanneer hierdie universiteit na maande dalk herbou is?!
NIKS konstruktiefs kom van enige van hierdie klas van optrede nie!
NIKS!

Julle totale uitgangspunt is chaos en vernietiging…om ‘n punt te probeer bewys?
Pateties! Krimineel!
Julle is niks beter as enige van die aspekte/ gebeure/ mense waaroor julle so graag wil kla en kerm nie!

Ooggetuie ·

Hi Eugene, jou kommentaar is nie onregverdig nie, maar besef dat baie mense se lewens vandag uitmekaar geskeur is. Baie oupas en oumas het jare gespraar om kleinkinders Universiteit toe te stuur en daar is nie geld vir oorskuif nie, dus is dit eens en vir altyd klaar. Ek dink net dat simpatie, en ‘n myl in iemand anders se skoene ons meer sensitief vir ander se pyn wees, pyn wat ek besef ek self nie altyd verstaan nie. “Julle” sluit volgens jou kommentaar die 95% onskuldiges in.

anna ·

Net nog ‘n bewys van die tipe elemente wat hulle is. Kan nie aan more dink nie- hy dink net aan die nou. Vandag kan hy afbreek – want dit is nou. More kla hy want die wittes het te veel, hy kan nie dink dat die wittes nie afgebreek het nie. Insigloos. Sal nooit verander nie. Hulle kan dit oodeenvoudig nie begryp nie.

Ooggetuie ·

“Hulle” is onregverdig. Hierdie geweld ken nie ras nie, en myns insiens is ‘n rasgebaseerde benadering afbrekend, en skep dit ‘n ongewensde beeld van Afrikaners. Soos my pseudonaam aandui is ek baie nader aan die aksie as jy, en my gevoel is dat meeste mense, goeie, gelowige swartmense, vandag die skerwe van die potte optel waar hul lewens eens gestaan het. Ek glo dat ons as mense geskape is, en ondanks ons verskille voor God gelyk is, dan kan daar nie ruimte vir haar vir Godskepsels wees nie.

Oosie ·

Pretoria stasie is weer vernietig (+R13m), skole word afgebrand, nou universiteite. Waar is die sogenaamde Regering? Hierdie is ‘n noodtoestand wat uiters drastiese optrede vereis, maar dit lyk my hulle verkies volstruisoptrede en hoop dit gaan weg. Dit gaan nie gebeur nie! Word wakker en ruk hierdie wan-opgevoede elemente in die bek! Wie regeer die land? Die wat vloermoere gooi of ‘n sogenaamde demokratiese Regering?

Otter ·

Ek stem saam. Dia terrorisme. As noodtoestand verklaar word kan weermag met skerp punt gebied beskerm terwyl veiligheidspolisie kyk wie sit agter hierdie goed.

Nico K ·

By UP het hulle gesê dit is omdat hulle Afrikaans wil afskaf. Wat is hulle verskoning nou? Dit is mos duidelik die verskoning van Afrikaans moet weg is nonsens.

Akram ·

Genugtig. Ek werk in die buiteland en lees maar so op die interwebs. Die ontwrigting het redelike wye reaksie uitgelok. Van die mense wat saam met my werk is egter stom geslaan. Hulle vra my hoekom moet alles afgebreek word en verniel en verwoes word. Wat hulle sien is net wat gewys word op die media. soos in die verlede… Dit is verbaasend om te hoor hoe hulle redineer. Hoekom word daar nie net n betoging gehou sonder die geweld en vandalisme nie? Die persele wat vernietig is, gebrand is en so aan, wie gaan dit nou vervang en regmak? En wie gaan vir dit betaal? Die ergste is dat jong mense se toekoms skade ly. Dit raak almal. Die wat betoog en verwoes en die wat niks met dit te doene wil he nie. Dit raak net erger.

Anesta ·

Ons bly in Mafikeng, dit is verskriklik en ons mense is baie geskok. Die EEF het heeltemal hand uitgeruk… Hier gaan dit glad nie oor Afrikaans nie, die universiteit is Engels. Dis alles oor die EEF leier wat geskors is en hy beweer hulle mag hom nie skors nie, en die nuwe studente raad is nie wettig nie….

Anesta ·

Askiek EFF… hulle is so onbelangrik ek kry tot hulle naam verkeerd…

Josua Keys ·

Nou verstaan julle hoekom daar so iets was soos apartheid, regte benaming “georganiseerd” dit was juis om hierdie tipe van ding hok te slaan en te verhoed, apardheid was nooit ingestel om kleur groepe te sky nie dit was ingestel om opstandigheid te bedwang maar met die jare het dit haatlik geraak juis omdat die barbare in toom gehou was en ongelukkig het die goeie swart mense daaronder gely omdat hulle nie die slegte elemente wou uitwys nie en hulle self gaan die prys hiervoor betaal.

Michael ·

Die polisie is ook van geen waarde en regtig pateties as jy kyk na die skade en vernietiging van eiendom en die sapd kon niemand arresteer nie.Die onluste eenheid van 1986 sou hierdie situasie in een dag onder beheer gebring het ,ek glo nie die meerderheid van polisie vandag het die wil of die nodige opleiding nie.

tamboti ·

Want hulle word nooit gestraf nie. Nie skors , waarsku of uitmekaar gejaag nie, behoorlik gestraf of REGGESIEN, dis al wat ‘hooligans’ stop. (Kom mense-regte liefhebbers, waar is jul alternatief van samesprekings en kompromiee, werk dit?)
So baie moeilikheid in die geskiedenis is deur studente begin, hulle neem reg in eie hande en dink hulle het die antwoord vir alles. Bv. het die Egiptiese rewolusie nie ook by studente begin nie?
EFFers is die voorpunt en die toonbeeld van Afrika mentaliteit, dit soek die geringste verskoning om uit te bars in volle anargie.
Ek het geen simpatie vir NWU; sluit Mafikeng kampus, vat alles wat oor is weg en los die Monument van Afrika sukses agter.

JohanP ·

Soos ek op n vorige geleentheid gese het…….vandat kinders regte het, het hulle nie meer respek nie. Nie vir hulle ouers nie, nie vir ander mense of hulle eiendom nie, nie vir hulleself nie en ook nie vir God nie. Die volwassenes is te bang on hulle aan te vat. Niemand…..nie eers die Regering het die guts om hulle te beheer nie. Hoe regeer die Regering die land? God is n God van orde. Waarskuwing vir die Regering en ons mense……Suid Afrika draai terug na God. Ons is op n afdraande pad….doen iets voor dit te laat is.

Joyce ·

Wil hulle leer of wat????Daar word vertel dat kinders in skole Lag vir die president!Ons word die spot van die wereld!Dit is NIE DIE BLANKES WAT SKOLE ENS. BRAND NIE—-Dit is die swartmensies,wat breek,brand,verwoes….!!!!Dit is dan apartheid se skuld!!!!Die jongmense was nog nie eens gebore in daardie tyd nie!!!!Dink die ouers moet n bietjie dink waaroor hulls praat!!!Hoor nou DAT dit Mandela Se skuld is…….allies is altyd IEMAND ANDERS….SE SKULD!!!!SAL DIE HERE nie help nie????

Gerhard ·

As ons regering moet ingryp of is veronderstel om in te gryp. Univeristeite moet saam staan en die EFF dagvaar geldelik gewys …..pay back the money for damages & education.!!

Dup du Plessis ·

…..behoort Kgwadi nou te begryp dat die PUK se studenteraad se weerstand om die PUK vir al die ander studente van die ander 2 kampusse oop te stel se vrese nou 100% bewaarheid is……
persoonlik gaan ek die balans van gelde terughou as versekering en dink alle ouers moet dit dalk oorweeg – veral as jy Afrikaanssprekend is.

Dee ·

Die anc se uitgesproke belofte was om die land onregeerbaar te maak. Nou bots dit in hul gesigte.

Dr Pieter du Plooy ·

Sluit die Universiteiete se fisiese bywoningvan die Sosiale Wetenskappe. Maak die onderrig daarin beskibaar d.m.v. die internet en hou net die geriewe oop vir die skryf van die eksamens. Hou die geriewe oop vir die praktiese vakke soos Inginieurs en dienie Sosiale Wetenskappe. Daardie studente het nie tyd vir ronddans en afbreek nie.

Ooggetuie ·

Chrisjan ek stem nie saam nie. Jou opmerking sny oor rasse heen, en neem nie in ag dat mense idividue is nie. Hunter Kennedy het geskryf “Jou haat sal jou verteer” – sien hierdie as my waarskuwing.

Ooggetuie ·

Ek ervaar die afbrekende gedrag van EFF-lede, veral baie nie-studente, skokkend, en so nadelig vir die land en sy toekoms, en so kontrasterend tot die EFF se sogenaamde grondbeginsels, siende dat so baie studente nou nie hul kwalifikasies kan kry nie, en nie ekonomies vry kan wees nie. Hier wil ek egter ‘n ander saak aanspreek: Afrikaners, veral blanke Afrikaners behoort ons onder geen omstandighede te verlekker in die pyn en verskeurende hartseer van ander nie. Ons behoort nie videos van geweld te kyk en te dink “lekker, julle wou mos” nie. Ons behoort nie alle mense oor dieselfde kam van haat en verdeling te skeer nie, so ‘n benadering sal die hele land oogloos, tandloos, en in vlamme laat. Ek kan nie Sondag sê dat die liefde hom nie verbly oor die kwaad, en dan in my mou lag oor ander se pyn nie. Dit is nie die Afrikaner-kultuur nie, dit mag nie wees nie.

tamboti ·

Ooggetuie wees maar verseker, as ons ou boere Afrikaners erens ‘n misstap of teespoed begaan, dan sal nie een verligte se: siestog kom ons help eerder nie. Dan sal al die ander skater van die lag, kyk maar na die Bop-inval en die Boeremag hofsaak.
Nou wil mense vinger wys as ons dit durf se ons het julle gewaarsku! O ja daar word mos na ons as verkramp en doem profete verwys as ons waarsku.

tamboti ·

Ooggetuie, dis jammer dat die 95% wat onskuldig is, nie kan opstaan soos die wit studente by Tukkies, en die belhamels self keer nie. Ons kan ook seker nie van die onskuldige 95% verwag om vir die regte en taal van almal, Afrikaners ook sal “veg” nie. Of in dan vreedsaam weerstand bied en verdedig indien nodig.

Muller ·

Wat ek nie kan verstaan nie, is hoe kon hulle niemand in hegtenis neem nie. die kampus polisie kon mos sien wie is verantwoordelik. Hierdie wandade van geweld en plunter duur nie 5sekondes nie, dus kon daai persone lankal vasgetrek gewees het. Hoe lyk dit my die polisie is ook betrokke?? En as hulle iemand in hegtenis neem is dit die verkeerdes die onskuldiges wat niks gedoen het nie. Vrek wat word van ons land, hierdie is skrikwekkend verby! Is dit oorlog??

cr ·

Alles waarvoor ons voorouers gewerk het word nou vernietig. Dit is ook die rede vir apartheid gewees want ons voorouers het geweet…… Hulle sal nooit iets self kan opbou maar breek eerder!

Magda ·

Alles gaan oor rassisme. geleerdes en politici kan redeneer hieroor tot hul blou in die gesig is.
Wat ek nie verstaan nie is… niemand forseer die swartes om in Afrikaans te studier nie,so waarom baklei daaroor? Los die wat verkies om in Afrikaans te studier, dat hulle dit doen. Ons sogenaamde wit kinders word geforseer om oor te skakel na n Engelse kursus omdat sekere vakke net in Engels aangebied word, Het hulle ooit gestaak, aangerand, met moppe geslaan, afgebrand en gavandaliseer? Nee, want die groot verskil,is ons sogenaamde wit kinders is van kleins af geleer om te werk vir wat jy wil hê en dan dankbaar te wees vir wat jy het. Die massas ken dit nie. As hulle alles afbrand gaan daar nêrens wees om heen te gaan vir die onderrig nie, en…. die blankes sal mos maar weer alles opbou. Hul moet net weet dat dit wat die blankes dan WEER gaan opbou nie so toeganklik vir hulle sal wees as in die hede nie.

Anoniem ·

Ek stem 100% saam met jou. Niemand forseer enige iemand om in Afrikaans te studeer nie. Die Afrikaans sprekendes word wel forseer om lesings in Engels te neem, en word dit nie in Afrikaans aangebied nie. Dit was so al in 2004 – 2008 toe ek studeer het. Vir elke Afrikaanse lesing wat daar was, was daar 2 of meer lesings beskikbaar in Engels. Ek kan nie verstaan waar enige een benadeel word, deur die Afrikaanse lesings nie dieselfde lesings word in Engels ook aangebied? Dit is belaglik en krimineel dat volwasse mense tantrums gooi en alles afgebrand en verniel al vir 2 dekades sonder dat daar enige nagevolge is. Dit is juis omdat daar nooit nagevolge is vir die kriminele dade dat dit voortgaan en eskuleer soos dit nou doen nie. Wat van al die mense wat duursaam betaal het om te studeer hierdie jaar (wat sy grondwetlike reg is) wat nou deur die “tantrums en kriminele dade” verhoed word? Dit is swak en skandelik dat ons dit OOIT toegelaat het, en dat ons dit steeds toelaat.

Jacks ·

Ai foeitog, en na alles as die universiteit gelde moet opgaan en daar nerens oor is om te swot nie dan kla die arme ou bloedjies weer!!! Die lewe skuld jou niks en slegs jy is in beheer van jou geluk en situasie. Kannie wag om te sien wat julle volgende gaan afbrand nie. Onopgevoede, ongemanierde, spoilt brats kleuers is nie eers so onvergenoegd en onsmaaklik nie! EK KRY JULLE BAIE JAMMER, HIERDIE IS BELAGLIK, N JOKE, SIEK, EK HET NIE WOORDE NIE. Hierdie is die aksie van n suurstof dief wat ander niks gun nie, die arme kinders wat graag daar wou wees!!!

Christelle ·

Ek is totaal geskok met die foto’s wat by hierdie berig geheg is. Ek is self gegradueer en sidder om te dink dat die jongmense eendag dalk in my professie moet opeindig. Dit is vernederend om op die nuus te hoor dat finale jaar studente wat regte studeer, soos barbare aangaan en dan verwag om eendag ernstig opgeneem te word in die professie.

Nee man, jy as jongmens moet leer hoe om konflik en meningsverskille met grasie te neem. Niemand sal ooit dieselfde visie as die volgende persoon besit nie, maar met ouderdom kom kennis oor hoe om ‘n gesonde debat oor sulke verskille te voer.

Verder glo ek die tyd het gekom dat die polisie hul sokkies optrek en die universiteite voortgaan met hul eie dissiplinere prosedures om hierdie oortreders te vervolg en waarskynlik te skors.

Jy kan nooit jou reg tot protes as van meer waarde ag as die volgende persoon se reg tot onderrrig nie. Die feit dat studente wat graag wil voortgaan met studies, juis omdat hulle gevolglik derduisende rande betaal vir hierdie klasse wat so ontwrig word, aangerand en geintimideer word is blatante nonsense.

Raak ontslae van hierdie vrot appels en konsentreer op akademie wat Suid-Afrika dringend nodig net.

dook ·

Die wortel van die saak is dit: alles wat lewe moet vernietig word, dit wat goed is word boos, en moet vertrap word, tot stof, die enigste waarheid, en troos is dat waneer daar niks meer oor is om te verbrand en te vertrap nie die vertrapers en brandstigters, inwendig sal keer om hulle self te verbrand en te vertrap. Die lewe en die goeie is verewig, en net soos die groen gras weer op kom, na n verwoestende veld brand, sal dinge regkom.

Testertjie ·

Ek wonder wat sou Mandela gese het van al die gaos? As hy nog geleef het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.