Mafube-saak: Hof genader oor Vrystaatse premier se ‘minagting’   

Lede van AfriForum, die Mafube-sakeforum, Mafube First en die regspan wat die saak behartig (Foto: AfriForum)

“Ons gemeenskap is geheel en al keelvol vir die swak dienslewering en haglike lewensomstandighede weens die onbevoegdheid van die Mafube-munisipaliteit.”

Volgens Jannie Schabort, voorsitter van die Mafube-sakeforum, is hulle ook bekommerd oor die gebrek aan ingryping wat tot op hede vanaf provinsiale regering geskied het. Die Mafube-sakeforum en AfriForum het die hooggeregshof in Bloemfontein genader omdat hulle van mening is dat die Vrystaatse premier vorige hofbevele minag. Uitspraak is Donderdag voorbehou.

Dieselfde hof het in April 2022 beslis dat die premier verplig is om die Mafube-munisipaliteit nie net onder gedwonge administrasie te plaas nie, maar ook dringend ’n finansiële herstelplan moet instel. Verder het die hof ook beveel dat daar dadelik by die rioolinfrastruktuur tussenbeide getree moet word om die besoedeling van die Vaal- en Wilgerivier te staak. AfriForum en die Mafube-sakeforum is ongelukkig oor die premier se gebrek aan aksie sedert die hofbevel.

“Dit is al meer as ’n jaar sedert die uitspraak wat provinsiale ingryping vereis om dienslewering te verseker,” sê Schabort.

Volgens Morné Mostert, AfriForum se bestuurder vir plaaslikeregeringsake, maak die Grondwet nie voorsiening vir onbevoegdhede nie.

“Die kern van hierdie hofsaak is nie net dat die munisipaliteit nie hul pligte nakom nie. Die provinsiale regering, wat oorsig moet uitoefen oor die munisipaliteite, het nie die bevoegdheid om die situasie reg te ruk nie. Indien howe ernstig is oor die verwesenliking van grondwetlike regte, kan dit ongelukkig nie meer in die hande van die staat oorgelaat word nie. Dit is herhaaldelik bewys.”

AfriForum en die Mafube-sakeforum het die hof Donderdag versoek om die premier van die Vrystaat skuldig te bevind aan minagting van die hof. Daar is ook versoek die premier moet daadwerklike ingryping bewerkstellig om gehoor te gee aan die hofbevel van 2022.

Die organisasies wil ook hê daar moet onmiddellik noodplanne ingestel word om die besoedeling van die Vaal- en Wilgerivier stop te sit en dat die premier aan die hof moet terugvoer gee oor die vordering van die ingryping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ralph ·

Is dit nie a realiteit van ons sa,elewing in SA nie.
As. en dit is ‘n groot as, daar ‘n reaksie van die regstelsel is word dit bloot geignoreer, welwetende dat daar baie min of geen konsekwente sal wees nie.
Die gewone burger is die een vir wie dit kos!!!!!!

JohanEtz ·

Die grondwet maak juis nie voorsiening vir onbevoegdheid nie, omdat die samestellers dit te wagte was?

Paul ·

Sakevorm sal ander plan moet maak. Om owerhede hof toe te vat is ‘n mors van tyd en geld. Koster (dorpie) het ook munisipale bestuurder hof toe geneem maar die saak verloor.

Pietertjie ·

Dieselfde hof wat hy minag, word genader… Hy gaan dit maar net weer minag.

Allies ·

Hoekom word uitspraak altyd voorbehou is ons regters te lamsakkig om n uitspraat te doen of moet “ meneer” eers gevra word. So word alles uit gestel tot niks gebeur nie

domheks ·

Dit het tyd geword om die swak werkers in persoon te dagvaar. So moet alle Munisipaliteite wat riool in riviere/spruite laat inloop ook in persoon gedagvaar word. Dan sa; daar nie colera en e.coli uitbrekeings wees nie.

Koos 100 ·

Onse kaders ag hulself bo die wet. As daar nie na howe geluister word nie, is dit amptelik verby. Aan die einde van die 2de wêreldoorlog het baie die hooggeplaaste Nazis gevlug, om die gewone burger met die gemors te los. Ek vermoed dieselfde gaan hier gebeur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.