Magaqa-fluitjieblaser geskiet

Sindiso Magaqa (Foto: ANA)

Thabiso Zulu, een van die fluitjieblasers in die Sindiso Magaqa-moordsaak, is Saterdagaand in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal in die arm geskiet.

“Hulle het my gekry, maar die stryd duur voort. Ek is swak en voel verraai deur die staat,” het Zulu vanoggend gesê.

Zulu is ná die voorval na ʼn hospitaal gehaas vir mediese behandeling en sedertdien ontslaan. Hy is tans op ʼn “veilige plek”, sê vriende van hom wat verkies om anoniem te bly.

Maroela Media het vroeër berig Zulu, ʼn lid van die ANC, teenkorrupsie-aktivis en vriend van Magaqa, het saam met Les Stuta, ʼn beampte by Harry Gwala-munisipaliteit, die beweerde motief vir Magaqa se sluipmoordaanval aan die lig gebring. Magaqa was die voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga en raadslid by uMzimkhulu-munisipaliteit tydens sy afsterwe.

Magaqa is in Julie 2017 saam met sy kollegas Nontsikelelo Mafa en Jabu Msiya in die uMzimkhulu-gebied geskiet. Hy is in September 2017 oorlede weens komplikasies van verskeie skietwonde. Mafa en Msiya het albei die aanval oorleef.

Sedert Zulu en Stuta die bewerings van korrupsie tydens Magaqa se begrafnis bekend gemaak het, het hulle verskeie doodsdreigemente ontvang. Hulle het die polisie genader vir bystand en is van bakboord na stuurboord gestuur. Zulu het uiteindelik die Openbare Beskermer genader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Diertjie ·

Jammer om van jou hartseer te hoor. So faal jou anc regering daagliks 80%van die land se burgers maar ons haal nie die nuus nie.

Piet Snot ·

“Ek voel verraai deur die staat”: welkom in die leefwêreld van ‘n witmens.

Nahknomaar ·

Sonja jy is ongelukkig korrek….die lys van mense wat sterf rondom daai klomp word elke dag langer…ek het die dokumentêr ook al gekyk…dis skokkend.

Rooi Jan ·

Dan het ek slegte nuus vir hom en goeie nuus vir sy polis begunstigdes.

Leon ·

Die nuwe USSR. Gaan hulle teen en hulle haal jou uit. Die ANC is nommers een, twee en drie en dan kom die land en sy mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.