Magaqa-moord: ANC geskok oor hoë se inhegtenisneming

Sindiso Magaqa (Foto: ANA)

Die ANC het sy skok uitgespreek oor die inhegtenisneming van ʼn KwaZulu-Natalse burgemeester vir die beweerde politieke sluipmoord op Sindiso Magaqa.

Dié burgemeester, ʼn voormalige adjunksekretaris van die ANC in KwaZulu-Natal, sal na verwagting vandeesweek in die hof verskyn. Die burgemeester se naam mag volgens wet nie bekendgemaak word voordat hy in die hof verskyn het nie.

Die burgemeester sal na verwagting saam met ʼn munisipale bestuurder, ʼn sakeman en twee voormalige lede van die taktiese reaksiespan verskyn.

Thabiso Zulu, ʼn lid van die ANC, teenkorrupsie-aktivis en vriend van Magaqa, het gister aan African News Agency die inhegtenisneming as ʼn “oorwinning” bestempel. “Ons beskou dit as ’n oorwinning in ons stryd teen korrupsie en politieke … moorde,” het Zulu gesê.

Hy het bygevoeg hy is tog “versigtig” om dié inhegtenisneming te gou te vier.

Zulu is daarvan oortuig dat die “politieke bendelede en hul huurmoordenaars nie sonder ’n geveg gaan opgee nie. Hulle sal die beste prokureurs aanstel, getuies intimideer of doodmaak en meer doen” om te verhoed dat hulle vir hul dade aanspreeklik gehou word, het Zulu gesê.

Die burgemeester is Saterdag deur die polisie ondervra en in hegtenis geneem. Hy word beskou as ’n senior en invloedryke ANC-lid wat ook in die party se provinsiale werkskomitee dien.

Zulu het in 2017 bewerings van korrupsie by Magaqa, ʼn voormalige sekretaris-generaal van die ANC-jeugliga, se begrafnis aan die lig gebring. Zulu het saam met Les Stuta, ʼn beampte by die betrokke KwaZulu-Natalse munisipaliteit, beweer dat Magaqa vermoor is omdat hy op korrupsie van miljoene rand binne die munisipaliteit afgekom het.

Zulu het aan ANA gesê hy en Stuta het hul lewens en dié van hul families in “ernstige gevaar” geplaas om bewerings van korrupsie soos vervat in dokumente wat Magaqa aan hulle voor sy dood gegee het, bloot te lê.

Magaqa is in Julie 2017 saam met sy kollegas Nontsikelelo Mafa en Jabu Msiya in die uMzimkhulu-gebied geskiet. Hy het in September 2017 gesterf as gevolg van “komplikasies van veelvuldige skietwonde”. Mafa en Msiya het albei die aanval oorleef en is onder staatsbeskerming geplaas.

Die Valke het in September 2017 aangekondig dat Jabulani Mdunge, een van die verdagtes wat na bewering betrokke was by Magaqa se moord, tydens ’n skietery met die polisie op die N2 tussen Kokstad en Harding doodgeskiet is nadat hy met ’n transitorooftog verbind is.

In September verlede jaar is Sibusiso Malusi Ncengwa in hegtenis geneem vir sy beweerde betrokkenheid by Magaqa se moord en die poging tot moord op Mafa en Msiya. Hy is tans verhoorafwagtend.

Zulu het voor die Moerane-kommissie van ondersoek, wat aangestel is om die onderliggende oorsake van politieke moorde in die provinsie te ondersoek, getuig.

Hy het aan ANA gesê dat dié verskyning meer “vyande” ontbloot het, alhoewel hy die kommissie van onbetwisbare bewyse voorsien het dat korrupsie die kern van politieke moorde in KwaZulu-Natal was en dat sommige senior leiers die “meesterbreine” agter die moorde was.

Zulu sê dat hulle dankbaar is vir die burgemeester se inhegtenisneming en pleit by die Nasionale Vervolgingsgesag om seker te maak dat nog inhegtenisnemings sal volg.

“Politieke korrupsie moet verslaan word, maak nie saak wie daarby betrokke is nie,” het Zulu gesê.

Die ANC-leierskap van KwaZulu-Natal het Sondag sy skok oor die inhegtenisneming uitgespreek. Hulle het gesê dat hulle nog inligting in die verband sal kry en die media inlig sodra hulle meer weet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Charlie ·

Gaan dit net soos Malema se haatspraak-saak toegesmeer word?
Ek wonder?

Charles ·

@Charlie, Malema sin word nie toegesmeer nie, dit word duidelik net “onskuldig” bevind, probeer nie eers wegsteek of toesmeer nie.

Henk ·

Die anc het n geskiedenis van geweld, moord, brandstigting, sabotasie, hoogverraad en korrupsie. En nou is hy geskok oor die inhegtenisname van een van sy senior amptenare?

Se maar net ·

Hopelik is hierdie die begin waar hulle tern mekaar gaan draai rn hulleself gaan uitwis terwyl ons hande gevou sit en toekyk. Wat n goeie dag sal dit nie wees nie.

Andre ·

Daar is `n groot vaksie in die ANC wat nog agter Zuma staan, en hulle gaan die ANC in twee skeur.

Se maar net ·

Hopelik is hierdie die begin waar hulle teen mekaar gaan draai n hulleself gaan uitwis terwyl ons hande gevou sit en toekyk. Wat n goeie dag sal dit nie wees nie.

BlinkStephaans ·

Ek is net so geskok oor dit soos julle oor plaasmoorde is.

Dries du Toit ·

Blink stefaans is jy geskok. Regtig. Hoe is dit dat ons nie geskok is nie. Ons ken die ANC al baie jare. Hulle is korrup tot in hulle diepste wese. Hulle moor vir geld en posisie maak nie saak wie in hulle pad staan nie. En net die liberale witman glo dat dit gaan verander. Ek voorspel nog baie moorde gaan voor en tydens die verkiesing plaasvind.

Kediksie ·

@Sê maar net: AAAAAMMMENN. Ek hoop wraggies so! Ek is geskok dat hulle geskok is:-) Die enigste rede vir hul kwansuise geskoktheid is die feit dat iemand gevang is. Dis soos enige psigopaat. Hulle is jammer… Nie oor wat hulle gedoen het nie, maar oor die feit dat hulle gevang is

Lientjie ·

Wonder waaroor is hulle so geskok?? Dis hulle daaglikse praktyk.

Sê ook net ·

In Mpumalanga het D Mabuza al die “nie-korrupte” lede laat doodmaak. Hul het sy korrupsie probeer ontbloot. Daar was tot n hitlist waarmee hy mense gedreig het. Kyk waar sit hy nou. Langs President.

nannie ·

Kan nie verstaan dat die man wat inhegtenis geneem is, se naam en foto nie bekend gemaak word nie. Toe die man by die dros inhegtenis geneem is is sy naam en gesig bekend gemaak.

PR ·

Feite! So word al die moordenaars en korruptes beskerm. Die met gewetes wat fluitjies blaas word uitgeroei. Die versoeking is sterk om meer kras te wees, maar dan is ek in groter moeilikheid as ‘n moordenaar.

George in Bloem ·

Geskok? Rerig? Hahahahaha! Ja,net ‘n baie naiewe persoon kan geskok wees met die dinge wat die spul narre aanvang.

Neels ·

Geskok met wat daar is dan nie eers elektrisiteit om geskok te word nie. ??

Koos de Meyer. ·

Wat ‘n sirkus. Kamtig geskok, laat my lag. Wie probeer hulle eintlik bluf.

ne ·

Daar kort net ‘n groot groen tent om al die sirkusmense in te sit.

Schalk ·

Hoekom geskok .ANC se ontstaan is in bloed geskrywe.Alle presidente uut ANC was betrokke by sulke gevalle so asseblief dit is jul kultuur aanvaar dit skok is westerlinge nie vir julle nie moenie so verwesters nie.Embrace jul kultuur kyk maar wat daagliks op jul wag gebeur.Moord verkragting aanranding van ou mense kinder molestering diefstal in eie geledere bedrog self verryking korrupsie.Julle het die top krag voorsier in die wereld in n sirkus verander.Hoeveel CEO ‘S wil Die ANC nog aanstel.Die aanstelkers is net so skuldig soos die korruptes .Moenie worry die korrupsie kan jul nie meer stop nie.Tot die polisie betoog great great great gaan seker paar vullisdromme ook omgooi en paar skote aftrek.Awesome veels geluk aan die begrafnis ondernemers van SA .Blameer dit op rassisme of apartheid.Julle is en sal onbevoeg bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.