Magashule bly aan as ANC se sekretaris-generaal

Ace Magashule, beleërde sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, bly aan in sy pos en gaan nie opsy staan nie, al word hy in ʼn hofsaak van omvattende betrokkenheid by korrupsie beskuldig.

Magashule se aanbod om eerder voor die ANC se sogenaamde integriteitskommissie te verskyn, is deur die regerende party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) aanvaar.

Die integriteitskommissie het nog nooit in sy hele bestaan daarin geslaag om enigiemand te laat terugstaan uit sy of haar pos terwyl hy of sy strafregtelik aangekla is nie.

Die besluit is ná afloop van die NUK-vergadering deur Ramaphosa voorgehou as ʼn groot oorwinning vir eenheid in die ANC, maar daar is konsensus in politieke kringe dat dit ʼn reusagtige nederlaag vir Ramaphosa verteenwoordig, hoewel dit nie onverwags was nie.

Ramaphosa het naamlik in Augustus aangekondig enige ANC-ampsdraer wat in ʼn hof aangekla word, moet uit sy of haar pos opsy staan totdat die hofsaak afgehandel is.

Die kinkel in die kabel was presies soos verwag, naamlik dat enige aangeklaagde onskuldig is tot hy of sy skuldig bewys is.

Voorts het die NUK besluit almal in die land moet die situasie met die koronavirus in veral die Wes-Kaap, Oos-Kaap en KwaZulu-Natal ernstig opneem en dienooreenkomstig voorsorg tref.

Ander sake wat die NUK belangrik genoeg vir ʼn besluit geag het, is dat die staat ʼn farmaseutiese maatskappy moet begin, asook dat WVK-uitbetalings nou gedoen moet word en die Zondo-kommissie gerespekteer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Persheks Adri ·

Voorwaar ‘n pot snot pffft tsssk groot ramp hierdie lot! Lyk my Cyril is bang vir hom gggmmmfff!

Androclus ·

Hy is en kan nie sien daardie man (Ace) is teen hom nie.

Dries ·

Ramaphosa is niks anders as n handpop van die korruptes in die ANC

annie ·

Zuma het gewaarsku hy weet alles van almal se doen en late af en Ace ook. Wat sè dit? Die ANC was in sy beginjare al berug vir vreemde aksies en strawwe. Watse soort groep beheer die land. Enige regter wat die reg najaag is nou die boef en moet uitstap uit sy pos maar nie diegene wat via getuienis met grootskaalse bedrog verbind word nie. Waarop stuur die land af? Ons mòèt bang wees.

Henk ·

Die ANC en Ramaphose ploeter voort en trek Suid Afrika net verder die ekonomiese duisternis in, hulle het geen leierskap, moraliteit of integriteit nie, presies wat n mens van n voorheen terroriste organisasie en nou regering kan verwag. Wys vir my een van dié organisasies wat suksesvol kon regeer in Afrika of selfs wereld wyd, dit is net die een vergryp na die ander! Miskien is Namibia se Swapo n klein bietjie verskillend van die res.

Werner ·

Maar net nog n bewys dat ou Cyril lankal nie meer die land regeer nie

Wondermaarnet ·

Nog ‘n onbevoegde persoon in ‘n hoë posisie en die belastingbetaler moet vir hom en sy kaders sorg.

Androclus ·

CR is useless hy lei nie meer die land nie, kan hy dan nie sien dat Ace teen hom is nie.

JM ·

Integriteitskommissie: wat ‘n grap! Die ANC weet nie wat integriteit beteken nie, want dit bestaan nie in korruptes se verwysingsraamwerk nie. En só ploeter die land voort onder die ANC-regering.

Hennie J ·

Dit is suiwer n magspel-ace weier om gehoor te gee aan die leierskap se beslissings en hulle is te bang om hom aan te vat. Bottom line is eenvoudig; almal kleef en klou aan die soustrein en te hel met ons, die befondsers van piesangland!

Wondermaarnet ·

Hy verskyn voor ‘n komitee net om die land stil te probeer hou, wetende hy gaan niks oorkom nie. Die ANC dink die landsburgers is so dom soos hulle.

Jannie van Niekerk ·

Weereens het die African National CORRUPTION bewys dat hullle misdaad, staaskaping en enige vorm van eerlike landsbestuur glad nie goedgesind is nie.

Marius ·

Weet die mense wat is integriteit ? Dit is hoekom alles n groot flop is .

Hoopvol ·

Dis hartseer, maar dit wys net één ding: die ANC het nie die mag en eensgesindheid om sy amptenare te beheer nie. Daar word versigtig op eiers geloop – om te keer dat die verskillende faksies uitmekaar spat.

Net nog iets. Die ANC en die media sê dikwels mense is onskuldig tot hulle skuldig bewys word. Dis onwaar! Jy is skuldig wanneer jy oortree – selfs al word jou skuld nie bewys nie. Dis nie die skuldigbevinding wat jou skuldig maak nie, dis die oortreding! Daarom kan ons hoogstens sê iemand word ONSKULDIG GEAG totdat sy skuld bewys word.

jzjz05 ·

So waar van “onskuldig tot jy skuldig bewys is”.Nee jy is skuldig wanneer jy die daad pleeg en die oonis moet op jou wees om jou onskuld te bewys,

Herman L ·

Wat is die integriteitskommissie veronderstel om te doen, wat die hof nog nie gedoen het nie?

Jacobus ·

Nasionale skande – inderdaad ‘n “gangster” staat. Dis waarom Biden so hard baklei om president te word.

Dirk Mostert ·

Vandag is blykbaar weer een van die horde “internasionale dae”. Hierdie dag is teen korrupsie. Ha-ha!

Genis ·

Die ANC se troefkaart is n Ace.. Cyril is ongelukkig n papbroek kommunis..

tweeling ·

Duidelik besef die cANCer nie watter skade hulle aan die ekonomie rig elke keer as hulle ‘n patetiese besluit neem nie. Dink net aan hulle self vir oorlewing en basta met die res. Nog ‘n tragedie is dat Zoompie toegelaat word om die NEC by te woon.

Ou bees ·

Ek hou van die verskullende hoeke vanwaaruit die verskullende media media die selfde berig skryf. N sekere media groep wat ek gekanseleer het laat dit so lyk of ou ACE nou in groot moeilikheid is. Siestog die handpoppe van die regering dis al wat hulle is. Ek weier om dit verder te befonds sal eerder die geld in maroela media bele.

Jakes ·

Dit is n gegewe dat korrupsie in die ANC nie ernstig opgeneem word nie en dat CR n pion is wat deur die NUK beheer word. Feit is dat Ace waarskynlik n blik wurms in n hofsaak kan oopmaak wat baie comrades kan impliseer.

My siening ·

Die ANC het nou uit en uit bewys hulle is almal kriminele want wie die steen goed of sleg is deel daarvan en net as jy baie dom is dan stem jy vir die ANC. So dit bewys daar is bale dom, stupid mense in ANC, die begin by die vis se kop!

gatgogga ·

Om van cyril te verwag om kriminele uit die ANC te skop, is soos om van die pous te verwag om katolieke uit die Vatkaan te skop.

gatgogga ·

Elke keer wanneer die ANC vir cyril minag en ‘n gek van hom maak, dan dink hy daar is nou meer enigheid in die ANC.
Hierdie keer is daar dalk wel enigheid in die ANC, want hulle het bevestig dat kriminele elemente welkom is.

Blikkies ·

Bly ‘n Pap Vrot Spul….baie jammer ons moet daarmee saamleef…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.