Magashule en kie se aansoeke misluk om klagte te laat vaar

Ace Magashule tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: NVG)

Ace Magashule en van sy medebeskuldigdes in die multimiljoenrandse asbeskorrupsiesaak se aansoeke om die aanklagte teen hulle te laat vaar, het misluk.

Die hooggeregshof in Bloemfontein het die aansoeke met koste van die hand gewys.

Magashule en sy 16 medebeskuldigdes staan tereg op meer as 70 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Dit hou verband met ʼn ondersoek na ʼn R255 miljoen-tender wat tydens sy termyn as premier van die Vrystaat vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die provinsie toegeken is.

Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die NVG verwelkom die uitspraak en die fokus sal nou daarop wees om te verseker dat die voorverhoorkonferensie op die volgende hofdatum afgehandel word sodat ’n verhoordatum gereël kan word.

“Ons hou nog altyd vol dat al die aangeleenthede wat deur die beskuldigdes geopper word, in die verhoorhof aangehoor moet word wanneer die verhoorverrigtinge begin. Die NVG het volle vertroue dat hy ’n sterk saak het en die getuienis tydens die verhoor sal dit bewys.”

Die strafregtelike verrigtinge betreffende ʼn voorverhoorkonferensie sal op 10 Junie in die hooggeregshof in Bloemfontein voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

15 Kommentare

jongste oudste gewildste
Wondermaarnet

Dit is weer ‘n taktiek om vir tyd te speel.

Lillian

Wat help dit om hom en sy kaders nou te vervolg? Die geld is klaar weg … en hulle gaan beslis nie tjoekie toe nie. Daarvoor sal hul tjomme sorg!

Androclus

Hy vind nou uit die strop trek nouer,hy was dan katjie van die baan.Hy moet tronk toe mr 10%.

Jr

APPELEER WEER EN WEER EN weer en weer en w. eee. rrrrr

Misky

Die hele storie rek nou al jare uit en nou eers weer Junie vir voorverhoor. Hoekom die storie so uitrek? Begin net en kry klaar!!!! Hoekom word sekere sake so vinnig afgehandel en mense soos Andre Pienaar gaan tronk toe en klaar? Hoekom nie Ace, Zuma en Malema ook nie?