Magashule ontken komplot teen president

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC, het amptelik ontken dat daar ‘n komplot is om pres. Cyril Ramaphosa as ANC-leier te ontsetel.

Magashule het die ontkenning gedoen na aanleiding van die groeiende volume nuusverslaggewing, ook deur Maroela Media, dat daar ‘n definitiewe veldtog aan’t ontplooi is om Ramaphosa te ontsetel, en dat die groot veldslag verwag word by die ANC se nasionale algemene raad (NGC), wat teen die middel van aanstaande jaar sal plaasvind.

Magashule se stellings dat sulke bewerings onwaar is, het meewarige glimlagte in politieke kringe ontlok. Bitter min, indien enige van die land se senior politieke joernaliste, se geloof in Magashule as ‘n eerbare en betroubare politikus is verander. Inligting waaroor joernaliste beskik dui op die teendeel, en dat die einste Magashule, sowel as oudpres. Jacob Zuma, die groot aandrywers van die ondergrawery is.

Nietemin beweer Magashule dat die eenheid van die ANC se huidige topses-amptenare “heilig en onskendbaar” (sacrosanct) is – verdeeldheid is onmoontlik en ondenkbaar.

Dit is dieselfde Magashule wat enkele weke gelede nog uitgevaar het daaroor dat ANC-beleidsresolusies – soos die nasionalisering van die Reserwebank, die verwerping van die privatisering van staatsbates en ‘n aandrang op onteiening sonder vergoeding – bepaald en spoedig geïmplementeer moet word.

Daardie drie punte is presies die punte waaroor die oorlogstamboer geslaan word deur die ontevredenes wat van Ramaphosa ontslae wil raak, en dis die presiese rede waarom so min ag geslaan word op die moeite wat die gewoonlik uiters media-sku Magashule gedoen het om die getuienis van ‘n opstand teen Ramaphosa in die openbaar te ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

27 Kommentare

Schalk ·

Magashule n oppertunisties leuenaar onder sy leierskap het Vrystaat n finansiele woestyn geraak.Hy het geen integriteit en n regte Zuma volger.Môre oormore sal hy ook gaan om te sê hy kan nie onthou nie.Tipiese verweer wanneer skuldig. Skande.

Danien ·

Natuurlik sal hy dit ontken want hy is die voorbok. Almal weet dat dit die Zuma’s teen die Ramaphosa;s is. Kry vir julle kampstoele en steek die vure aan ons gaan nog lekker party hou want hulle gaan mekaar uitvee sonder dat ons hoef in te meng.

Magda ·

En JY dink ons moet JOU GLO!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Regtig ou Acy – van eerlik wees weet jy maar min hoor.

Willem Grobler ·

Wel, as ons al die joernaliste kan glo, is daar soveel misdaad deur hierdie twee hooftamboerslaners gepleeg dat hulle summier gearresteer kan word! Waarvoor wag Ramaphosa? Met al die magte tot sy beskikking kan hy skoonmaak. Huiwer hy dalk omdat hy weet dit sal die einde van die ANC beteken?

Bitterbek ·

Dit sal die einde van Ramaphosa beteken en hy weet dit. Hy sal nie optree nie!

Sakkie ·

Hulle is almal magsbehep. Hoe hoër hulle op die leer is hoe meer kan hulle dinge laat wegraak.

Neels ·

Die ace in kaartspel of die ace in die brandy is slinks en nie te vertrou nie . Die pres moet maa nie sy rug op hom draai nie , hy sal hom met n smile op sy gesig in die rug steek . Die ou en sy meelopers het baie om te verloor sou Ramaposa in sy posissie bly

Elbie ·

Ontkenning is waarskynlik die grootste leuen want dis een wat jy vir jouself vertel. Ontkenning voel nie soos ontkenning nie, veral as die onderwerp reeds begin het.

jakes ·

Ace is n knaap wat aan al die vereistes voldoen om in die tronk te gaan vrot. As ek na hom kyk word ek woedend en dan beklee die perd die tweede hoogste posisie in die ANC. Wat vertel dit ons van die party wat ons land die afgelope 25 jaar oor die afgrond bestuur het?

André André ·

Gaan hulle hom saboteer en net beurtkrag op toepas, of gaan hulle sy ligte uit doof.

Danie T ·

Ek stem saam Db. Dit gaan my verstand te bowe dat die kader enigsins vry rondloop. Hy lieg as hy droom ook. Hy versinnebeeld die totale verrotting van die ANC veral die topstruktuur. Lees net Louis Myburg se boek oor hom

JohanR ·

Behoort die ou nie in ‘n hof, en dan in ‘n tronk nie? Sal nie die ou vertrou met my kruidenierswareware, van Checkers na die kattebak van my kar nie!

Adam ·

Nothing is true until publicly denied. Jammer ACE, maar hierdie is een van jou deurlopende leuenagtige stories.

Cherokee ·

Mense soos Willem Grobler vra waarom Ramaphosa nie optree nie. Ek dink nie daar is enige optredes in watter rigting ook al deur hom nie. Ramaphosa is myns insien bloot ‘n seremoniële staatspresident met ander wat die toue trek.

George in Bloem ·

Die tsotsi hoort al lankal in ‘n oranje oorpak. Dalk het hulle nie sy grootte nie? Dit se baie van ‘n organisasie as iemand soos die so hoog op in struktuur is en so baie mag en invloed het. Dis een van die redes hoekom dit gaan in die land soos dit gaan want daar is mense soos die wat kan doen en se net wat hulle wil en absoluut geen verantwoording doen aan enige iemand nie. Skandalige vent.

Lombard ·

Hierdie walglike stuk ekskreet is ‘n kanker vir die samelewing, en behoort spoedig uit enige posisie van invloed verwyder te word. Die Vrystaat is reeds verwoes. Die land kan hom eenvoudig nie bekostig nie.

Geregtigheid ·

Hy is die oorsaak dat die Vrystaat verwoes is met die korrupsie en diefstal. Toe hy aan bewind gekom het, het ‘n baie bekwame blanke dame bedank uit sy Departement. Sy het aan my vertel dat NIEMAND op aarde haar al so sleg behandel het by die werk soos hierdie toksiese ” persoon” nie !!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.