Magashule ontken komplot teen president

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency/ANA)

Ace Magashule, die sekretaris-generaal van die ANC, het amptelik ontken dat daar ‘n komplot is om pres. Cyril Ramaphosa as ANC-leier te ontsetel.

Magashule het die ontkenning gedoen na aanleiding van die groeiende volume nuusverslaggewing, ook deur Maroela Media, dat daar ‘n definitiewe veldtog aan’t ontplooi is om Ramaphosa te ontsetel, en dat die groot veldslag verwag word by die ANC se nasionale algemene raad (NGC), wat teen die middel van aanstaande jaar sal plaasvind.

Magashule se stellings dat sulke bewerings onwaar is, het meewarige glimlagte in politieke kringe ontlok. Bitter min, indien enige van die land se senior politieke joernaliste, se geloof in Magashule as ‘n eerbare en betroubare politikus is verander. Inligting waaroor joernaliste beskik dui op die teendeel, en dat die einste Magashule, sowel as oudpres. Jacob Zuma, die groot aandrywers van die ondergrawery is.

Nietemin beweer Magashule dat die eenheid van die ANC se huidige topses-amptenare “heilig en onskendbaar” (sacrosanct) is – verdeeldheid is onmoontlik en ondenkbaar.

Dit is dieselfde Magashule wat enkele weke gelede nog uitgevaar het daaroor dat ANC-beleidsresolusies – soos die nasionalisering van die Reserwebank, die verwerping van die privatisering van staatsbates en ‘n aandrang op onteiening sonder vergoeding – bepaald en spoedig geïmplementeer moet word.

Daardie drie punte is presies die punte waaroor die oorlogstamboer geslaan word deur die ontevredenes wat van Ramaphosa ontslae wil raak, en dis die presiese rede waarom so min ag geslaan word op die moeite wat die gewoonlik uiters media-sku Magashule gedoen het om die getuienis van ‘n opstand teen Ramaphosa in die openbaar te ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

27 Kommentare

jongste oudste gewildste
Db

Hierdie is ‘n baie gevaarlike knaap

Schalk

Magashule n oppertunisties leuenaar onder sy leierskap het Vrystaat n finansiele woestyn geraak.Hy het geen integriteit en n regte Zuma volger.Môre oormore sal hy ook gaan om te sê hy kan nie onthou nie.Tipiese verweer wanneer skuldig. Skande.

Danien

Natuurlik sal hy dit ontken want hy is die voorbok. Almal weet dat dit die Zuma’s teen die Ramaphosa;s is. Kry vir julle kampstoele en steek die vure aan ons gaan nog lekker party hou want hulle gaan mekaar uitvee sonder dat ons hoef in te meng.

Db

Gevaarlike knaap hierdie!

Magda

En JY dink ons moet JOU GLO!!!!!!!!!!!!!!!!!!!Regtig ou Acy – van eerlik wees weet jy maar min hoor.