Magashule oorweeg regstappe ná mediaberigte

ANC-sekretaris-generaal Ace Magashule (Foto: Itumeleng English/ANA)

Ace Magashule, die ANC-sekretaris-generaal, het Maandag gesê hy kan nie kommentaar lewer op mediaberigte wat dié hoë daarvan beskuldig dat hy aan die hoof staan van ʼn goedgeorganiseerde staatskapingnetwerk nie, aangesien hy regstappe oorweeg.

“Ek is net bekommerd omdat ek die wettige roete oorweeg. Julle skryf bewerings, julle skryf nie feite nie,” het Magashule Maandagmiddag aan joernaliste gesê by die party se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Irene in Pretoria.

Die ANC het Magashule verdedig nadat Sondagkoerante bewerings uit Pieter-Louis Myburgh se boek Gangster State – Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture gepubliseer het.

Die ANC het gesê die jongste berigte in Sondag se Sunday Times en City Press oor Magashule is ʼn “goedgekoördineerde media-aanval”. “Die inhoud van die voorbladstories in albei koerante is byna identies en daar is selfs paragrawe met presies dieselfde bewoording. Dit is gegrond op ʼn tipiese stratcom-tipe fopnuusboek deur Pieter-Louis Myburgh, met die sensasiewekkende en belaglike propaganda-opskrif, ‘Gangster State – Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture’ [Rapport: ‘Ace “steel by jou, gee dit vir ANC” – Skokboek betrek ANC se sekretaris-generaal by nes van bedrog’].”

Die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh maak verskeie aantygings in sy jongste boek oor staatskaping en veral oor die die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule.

Aldus die verklaring is Myburgh reeds sedert 2016 besig “om leuens oor die sekretaris-generaal te versprei. “Ons beskou dié boek nou as die kroon van dié leuens.”

Magashule het gesê vandag se vergadering het bloot gefokus op die ANC-kandidaatlys wat aan die Verkiesingskommissie van Suid-Afrika voorgelê is vir die komende algemene verkiesings op 8 Mei en die probleem van beurtkrag wat met Eskom verband hou.

“Ons is bly dat die regering aan hierdie saak [beurtkrag] aandag gee en ek is seker ons het gesien dat beurtkrag inderdaad hanteer word soos ons verder gaan,” het die sekretaris-generaal gesê.

Magashule het wel erken dat daar steeds uitdagings oor die kwessie is, maar het landsburgers verseker dat die regering dié uitdagings hanteer.

Hy het ook bewerings dat die kandidaatlys vir die verkiesing verander het, ten sterkste ontken.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Jacobus Krynauw ·

Net soos hoeveel bedrieërs van sy party lede vantevore gedreig het…

Danny ·

Dis so vat die mense hof toe moenie net praat nie Ace, kom wys ons jy is so onskuldig soos baba poeier.

Carl Jordaan ·

Na sie Bossasa debakel, verbaas niks mens meer nie. Wil hy regtig dat sy doen en late, in die kalklig kom?

Charlie ·

Gee my n geleentheid.
Soos die boeke
“The President’s Keepers”,
“Farm Murders” aanvanklik ontken was en later as onweerlegbaar waar uitgewys is, sal hierdie boek dieselfde pad volg.
Ace kan dreig as daar iets as onwaar bewys kan word, maar as dit alles wasr is loop sy dreigemente op baie dun ys.

JohanL ·

Charlie – jy haal die woorde uit my mond.

Gaan lees ook gerus Steven Ellis se boek wat gaan oor die ANC se geskiedenis terwyl hulle in ballingskap was. Die kriminele element was toe al daar gewees daarom dat ek herhaaldelik op hierdie forum skryf dat misdaad in die ANC se DNA is.

Trol ·

Hulle gaan altyd hof toe maar kom nooit daar nie. Kom ons raai hoekom nie.

SHL ·

Put your money where your mouth is Ace. Vat die skrywer hof toe want ek dink nogals dit is wat hy wil hê. Daar gaan hy sy werklike kaarte eers speel. Indien jy dit nie doen nie is dit niks anders as n skuldbekentenis nie. Skaakmat vir jou.

Philip ·

Ace waar daar ‘n rokie is is daar ‘n vuurtjie. Die skrywer sal nie iets publiseer of uitgewers sal dit nie plaas as dit nie nie waar is nie. Daar is reeds lankal na jou verwys saam met Guptas oor die melkplaas. Tipies ANC hulle is almal korrup dis hoekom hulle by hom staan.

fred ·

ja vat die skrywer hof toe…nog voor die verkiesinge….ons kan nie wag nie om jou daar,omring deur jou klomp (witte) advokate, te sien spartel….in die hof sal jy ordenkelik moet praat ,nie n geboelie nie soos jy gewoon is om te doen….

Jerry ·

Ace, al die aantygings is besig om jou in te haal met bewyse. Jy het jouself lekker verryk en moet nou daardie geld terugbetaal met lekker lang hofsake. Dit was mos maar die plan, sou jy wegkom, dan kom jy weg, anders gebruik jy die selfverrykingsgeld vir lang uitgerekte hofsake om nog steeds te probeer wegkom!

John ·

Wat werklik skokkend is, is dat diè mense geen skaamte het nie… geen verootmoediging by diegene wat skuldig is nie of gevoel van jammerte oor die verkeerde nie. Dit storm net voort soos brute gevaartes na die volgende gryp vir gewin. Robotagtige lewende wesens. Ons moet bang wees.

Stripes ·

Hahahaha die beurtkrag is net opgeskort deur dieselinvoere tot na die verkiesing om stemme te wen. Na die verkiesing gaan dit maar weer aan.

PAPKOP ·

Sluit vir Ace sommer noual toe.Dis waar hy hoort.
Gooi die sleutel ook weg.

J ·

Natuurlik wil hy hof toe, want dan kan uitgestel word vir vlg 10 jaar, soos dit met die meeste korrupte ANC sake gaan, verskyn, dan uitstel, verskyn, dan uitstel en so sal alles herhaal word tot saak doodloop, ons sit darem mos nie net met een korrupte minister nie, na die verkiesing word daar weer orals nuwe mense aangestel, mense wat vir die korruptes werk, en so herhaal die hele besigheid hom maarself soos die laaste 25 jaar, ons sal NIKS sien verander nie

A ·

Ek is seker Ace sal dan nie omgee vir ‘n volledige oudit rondom sy geldsake nie?

Adrian ·

Ace ek wil graag sien hoe spring jy soos n kat op n warm plaat in die hof. Jy wou die Vrystaat in n klein kommunistiese staat skep, jy en jou trawante was in Kuba vir 14 dae , name in bloemfontein is na kubaanse name verander tot die kliniek na Cheve tot kubane is ingebring om na waterprobleme om te sien … nee wat jy is n deurtrapte skelm

Jacques ·

Mnr. Ace , wat dink jy is die kans dat die skrywer van so boek alles uit sy dium siug ? Ek kan nogal nie dink dat enige iemand so tipe boek sal skryf sonder die nodige bewyse nie .
Waar daar n rokie trek is n vuurtjie . Ek dink jy is net soos die res van jou party se kaders , ontken , ontken en nogmaals ontken totdat die bom bars in jou gesig . dit wys my net dat julle niks voel vir die gewone mense nie en net aan julle self dink , altyd !!

JohanL ·

En dit Johanna is die kern van ons land se probleem – die blinde lojale dom kiesers wat steeds die ANC in beheer hou. Hopeloos te veel oningeligte kiesers in die land.

Oplossing : Bring ‘n gekwalifiseerde kiesstelsel in plek waar jy eers moet kwalifiseer om te mag stem. Ek erken ek is nie seker wat daardie kriteria moet wees nie – kan maar debatteer daaroor. Dalk ‘n belastingnommer?

Johan ·

Mnr M se naam duik net te veel kere by die “bewerings” op. Verskeie mense impliseer hom. Dit laat enige regdenkende mens wonder oor sy integriteit….

Titan ·

Siestog, kyk ontskuldig lyk daai gesiggie, ʼn kuns wat al fyn volmaak is in die ANC geledere.

Spike ·

Hy sal niks oorkom nie, want die comrades en kaders moet hom beskerm anders val ñ klomp saam met hom.

pieter ·

Moenie oorweeg nie doen dit.Wat van sommer n poligraaf toets ook as jy so verseker is MNR 10%.

Genieve ·

En dan stem die mense nog ANC kan nie glo dat baie nog so blind is nie.

Andre ·

Want dit gaan alles oor nie vir wit mense stem nie. Volgende keer as hulle betoog vir beter diesnlewering gaan ek lekker terug sit, `n bier drink en lag vir die dom mense.

jakes ·

Ace moet aanvaar dat hierdie betrokke joernalis nie stories uit sy duim sal suig nie. Mense met n redelike IK weet dat die ANC vrot is van korrupsie. Dink Ace dan dat hy n man is met geloofwaardigheid gegewe die ernstige twak wat hy as premier aangejag het in die Vrystaat?

Willie ·

Wat het geword van die eerbare Staats President se lewens wyse audits? Of het dit vasgehaak by hom?

Paul ·

Genoeg dinge gebeur deesdae om in die nuwe skoolgeskiedenis boeke te verskyn.

Lerato ·

Ek sal my laaste paar randjies verwed dat Ace nie hof toe sal gaan nie.
Hulle het geleer. Die feit dat hulle Jacques Pauw se boek wou verban, het die skitter boek ‘n goeie klompie publisiteit gegee.
Ace is deur en deur ‘n Zuma man en ‘n groot teenstander van Cyril.

Robert ·

As hy hof toe gaan gaan hy iets sien waarvoor hy nie ‘n spieel nodig het nie.:-)

Hans ·

Hoop ons sien A1 en al sy tjhommies baie gou-gou in die hof.

Helena. ·

AL GAAN N LEUEN OOK HOE SNEL, DIE WAARHEID AGTERVOLG HOM WEL…

fred ·

hy was die man wat 39 cubaanse “engineers” na die Vrystaat gebreng het om hulle waterkrisis op te los…die DA het daardie jare gesê dat hierdie “engineers” net rondlê en hun salarisse grotendeels aan Cuba betaal word (miljoene Rande)..terwyl ons eie mense werkloos is…wonder waarom hy so lief vir Cuba is…?

MJ ·

Die spore van sy doen en late is baie sigbaar hier in die Vrystaat…

Lerato ·

Toe het die Openbare Beskermer, sommer so woerts warts die Estina melkplaas storie afgehandel.

Gaan daar iets van kom?

Is enige politieke figuur ooit vir korrupsie vervolg?
,

Jordaan ·

Dit herhinner my nogal aan iemand anders wat voorgegee het “hy soek sy dag in die hof” en nou 10 jaar later steeds alles doen om daar uit te bly!

Poppie ·

AG doen dit asb tog .. ons skrik ook nie meer vir julle nie . nes julle nie julle sin kry nie speel julle die FAKE kaart of die RASSISME kaart .. hoop jy gaan nou VAL.

Alida ·

Hulle bly mekaar beskerm maar dit gaan nie help nie. Plaas kom hulle uit met die waarheid en laat elkeen boet vir sy eie aandadigheid ongeag wie dit is. Om heeltyd altyd uit dieselfde pot te eet werk nie. Een of ander tyd tel iemand iets op en skryf ‘n boek. Die skrywer sal nie hierdie goed uit sy duim suig nie. Hy het vooraf geweet al die feite sal ontken word en is voorbereid op die “hofsaak” wat gaan volg. Hulle doen gewoonlik baie noukeurige navorsing voor hulle enigiets publiseer.

marous ·

Nou gaan hof toe dat alles ontbloot kan word . Kry sommer ‘n regter van Botswana wat heeltemal neutraal sal staan …..

Jan ·

Hierdie tipe is so skelm dat hy sal n polgraaftoets ook deurkom, vel is so dik, niks reageer daarop

Lize ·

“Ek is net bekommerd omdat ek die wetlike roete volg.” Ek is ook bekommerd wanneer ek iets doen wat ek nog nooit gedoen het nie!

Arno ·

Dit is reg Ace. Gaan hof toe, dan moet jy mos die teendeel bewys. Jy is korrup PUNT

Oom Doug ·

Hier sal nicks van kom nie, Al gaan Hy Hof toe.
Our people sal die anc weer in stem. 90 percent van hulle kan nie lees nie en die Ander verstaan nie wat hulle lees nie.

In elkgeval die reg systeem is ook gekapture.

Christien vd Westhuizen ·

Hy se die media skryf oor bewerings en nie feite nie so daar is feite die sot

Roger ·

Vra jou maatjies by die MRK om jou menseregte te beskerm en almal te verdoem . Hulle is mos net te gewillig.

Anoniem ·

Die hele spul is besoedel van korrupsie maar nog steun Suid Afrikaners hulle. Ga spoeg uit stem VF+

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.