Magashule se oud-assistent nou ook verdagte in saak

Ace Magashule, geskorste sekretaris-generaal van die ANC. (Foto: Twitter)

Die ANC se geskorste sekretaris-generaal, Ace Magashule, se voormalige persoonlike assistent wat aanvanklik vir die staat in die asbessaak sou getuig, is nou self ’n verdagte.

Die Bloemfonteinse hooggeregshof het Woensdag gehoor dat Moroadi Cholota, Magashule se persoonlike assistent toe hy destyds premier in die Vrystaat was, nou versuim om haar samewerking te gee nadat sy aanvanklik ingestem het om as sleutelgetuie in die saak op te tree, berig News24.

Die staatsaanklaer het verduidelik dat die staat speurders na die VSA, waar Cholota woon, gestuur het om ’n verklaring by haar te kry. Sy het egter geweier om haar samewerking te gee, berig TimesLive.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het Woensdag aan Maroela Media bevestig dat die staat nou in die proses is om ’n lasbrief vir Cholota se inhegtenisneming uit te reik en beplan om haar as beskuldigde by die saak te voeg.

Magashule en 15 medebeskuldigdes, onder wie die omstrede sakeman Edwin Sodi, het vanoggend as deel van die voorverhoor in die hof verskyn voordat die saak tot Februarie volgende jaar uitgestel is.

Die groep staan tereg op meer as 70 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Dié aanklagte hou verband met ’n ondersoek na ’n R255 miljoen-tender wat tydens Magashule se termyn as premier van die Vrystaat vir ’n ondersoek na asbesdakke in die provinsie toegeken is.

Magashule bly geskors hangende die finale uitslag van die strafsaak teen hom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Chris dupreez ·

Ek kan nie wag dat die klomp vuilgoed oranje oorpakke kry nie.

Deon ·

Die pakke se kleur gaan al verander wees na al die uitstellery

Aai ·

Mooi die VSA sal haar met graagte uitlewer.Jou oranje pakkie wag vir jou,jy sal die veiligste in die sel wees met hom voor Magashule se kaders jou in die hande kry.

Misky ·

Hulle is almal, ALMAL skuldig en het deel van die ‘pie’ gehad. Laat sy terugkom en maak haar praat!!!!

absoluut ·

Wie, in die hele ganse anc is nie korrup nie asb, noem my net een

Androclus ·

Om ‘n lid van die anc te wees moet jy korrup wees,anders word jy nie aanvaar nie.

Bertie ·

Daar is darem ANC-lede wat intussen oorlede is. Ek dink hulle kan nie meer korrup wees nie?

Anna-marie ·

Hulle sien dit nie as korrupsie nie: “our time to eat”

Sarel ·

Lees ek reg sy woon nou in die VSA…hoekom was sy toegelaat om die land te verlaat?

Swartskaap ·

Die vraag is eerder hoekom het die vsa haar daar toegelaat?

Barney ·

Self jul president is skuldig aan bedrog en moord. Marikana?! On Ace te wil kruisig alleen is sommer net bog. Die hele spul wat gekies was in 1992 se Ja stem is kriminele. Einde van die storie.

Yvonne ·

Dalk is haar lewe ingevaar…..maar leuens en bedrog was nog altyd die mense se sterkpunt

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.