Magashule se seuns kry glo duur Covid-19-kontrak

Ace Magashule (Foto: Itumeleng English/ANA)

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, se seuns het elk na bewerings voordeel getrek uit Covid-19-kontrakte in die Vrystaat. Dit volgens onthullings deur die ondersoekende joernalis Pieter-Louis Myburgh. Volgens hom het die kontrakte ʼn gesamentlike waarde van R2,7 miljoen.

Magashule se seuns Tshepiso en Thato Magashule is na bewering alleendirekteurs van die maatskappye Motheko Projects en Marvel Deeds, wat elk luidens die Vrystaatse tenderbulletin ʼn kontrak vir die verskaffing van Covid-19‑dienste of ‑produkte toegeken is. Luidens ʼn antwoord wat die nasionale tesourie aan die DA verskaf het, verskaf Motheko Projects vloeibare seep en maskers, terwyl Marvel Deeds handreinigers verskaf.

Ace, wat reeds jare lank daarvan verdink word dat hy finansiële voordeel getrek het uit die mislukte Vrede-suiwelprojek in die Vrystaat, ontken dat hy enigiets te doen gehad het met die proses, berig eNCA.  Thepiso sê weer hy het niks verkeerd gedoen nie.

“Dit demonstreer net weereens dat Ace Magashule steeds sy kloue diep in die Vrystaatse koffers het,” het David Van Vuuren, die DA se hoofsweep in die Vrystaatse wetgewer, in ʼn verklaring gesê. Die DA eis nou dat die ANC ondersoek instel na die bewerings wat teen sy sekretaris-generaal gemaak is. “Dit sal ʼn toets wees om te sien of pres. Cyril Ramaphosa genoeg ruggraat het om teen sy sekretaris-generaal op te tree en die belange van Suid-Afrikaners voor dié van sy party te stel,” sê Van Vuuren.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Anoniem ·

Moet nie asem ophou nie. Hier gaan niks van kom nie. Dit is so duidelik soos daglig dat cyril nie aan die stuur van hierdie land is nie. Elke keer wanneer hy die land ‘toespreek’ kan ons sien dat hy eintlik nie wil wees daar waar hy staan en ‘n pot snot verkondig nie.

Blikke ·

@Melaney……ek stem saam, dis niks anders as ń pot snot nie!!!

Henk ·

“Dit sal ‘n toes wees of Cyril ruggraat het” Asseblief! Hoeveel toetse is nog nodig om te bevestig dat hy ‘n jellie blop is! Dit het al die aanvaarde norm geword dat die gespuis met lang vingers en ‘n onversadigbare drang na mag en geld hierdie land ly! …en nee, ek het nie verkeerd gespel nie.

Nell ·

Ag asseblief, hoekom sal Ramaphosa nou ewe skielik ‘n ruggraat groei, dis nie iets wat oornag gebeur nie.

Jacobus ·

Melaney wat jy sê is waar! Hoop net ons kan deur die Teflon laag breek. Kan 50 milj. ” our people ” só blind wees .Aan die anderkant kan hulle altyd apartheid blameer. Die spul versprei net genoeg finansiële soetmakers om die wolwe van die deur weg te hou! Hulle moet net onthou daar is IEMAND wat hulle dophou!

Kokerboom ·

Wanneer gaan die NVG hierdie struikrower kader tot verantwoording roep?

Kanjynoumeer ·

Die nuus keer op keer op keer maak n mens naar. Baie naar. Hier gaan nooit n einde aan kom as Afrikaners nie self gaan besluit om n alternatief te kry soos selfbestuur nie.
Die onderwerp selfbestuur moet meer bespreek en verduidelik word.

gatgogga ·

Ek probeer vir die tweede keer – Maroela modereerder wil nie die volgende kommentaar plaas nie:
Dit is die enigste moontlike oplossing vir ons, Kanjynoumeer.

Mariana ·

Hmmm lekker ou gravy trein stoom steeds voort. Almal in familie het hand in die pie. Wow en niemand gaan iets sê of doen daaraan nie, algemene praktyk.

Trevor ·

het Ramaphosa n ruggraat, hy is n jellievis, sy vrou dra seker ook die broek in die huis

Persheks Adri ·

Als wat ons lees is misdaad, dood en ANC korrupsie!!! Hoop die hele lot gaan sit in die tronk hulle maak naar verby om die minste te sê! Mos WEER iemand en die se kinders…

john ·

And so the corruption continues……… Did we expect anything else from the ANC?!

4ntj13 ·

Aan wie “verskaf” hulle dit? Al daai goed word peperduur verkoop, selfs aan die staatsdiens!!!

Pieter ·

Dit is nou tyd vir belasting boikot julle ANC komuniste gaan nooit op hou plunder nie. Ons moet belasting betaal en ons kry niks daar voor nie als val uit mekaar maar julle leef soos konings

Johanncb ·

Die skandes in ons land gaan nie maklik tot ‘n einde kom nie! Veral nie terwyl ons belasting betaal nie!

Chris ·

Tipiese sprokie riller. Jy vra vir jakkals om die gansies op te pas. Dit gaan my verstand te bowe. Die absolute minagting en miskenning van alle ordentliheid etiek en pleinweg gewete van die rampokkerbende wat die land kaal stroop. Ek weet van ander troppe wat dieselfde skade aan ‘n mielieland kan aan rig. Dit laat my dink aan die boer wat by sy mielielande stop en die trop is juis besg met selfhelp. Hulle koggel hom. Al wat hy die trop toesnou is,julle sit so lekker en lag ek suip nog hierdie [laas onder jul gatte uit.

Frederik C ·

Die DA eis dat Ace deur die ANC ondersoek word ?? Ace IS die ANC.

Alleen Wolf ·

Twee gedagtes, hoe dan nou anders, A. M. is ‘n leier inkorrupsie, en tweedens weet ons mos nou al teen die tyd dat C. R. ruggraatloos is.

Charles ·

Niks gaan hier gebeur nie. Hulle mag doen wat hulle wil!!

Danie ·

Hoe meer jy lees en sien hoe hierdie ANC als stroop soos n swerm sprinkaane word my geestestoestand aangetas en mense as daar enige organisasie is wat iets hieraan kan en wil doen dan ondersteun ek hulle en dan praat ek nie van iemand wat briefies wil skryf, praat en smeek en vergifnis vra nie.

Jaco ·

Wat dan nou van ander swart besighede wat ook dié werk kan doen? Waarom kry net swart besighede wat reeds ryk is aanmekaar nóg jobs by die staat? Ek kan verstaan dat wit besighede dit nie mag kry nie (deel van die ewige “straf” vir apartheid), maar wat van our people? Mens sorg mos nie so vir jou eie mense nie.

Norries ·

Rommelphosa het nog nooit n rugraat gehad nie, hy is gebore met n stok in sy stert om hom regop te hou.

Okmardom ·

Jy is my man!! Kan ons deel?? Maroela plaas nie my kommentaar nie.

Blikkantien ·

*Vryf hande* En dan is daar nog die IMF lening ook wat geplunder gaan word.

Pompies55 ·

Hulle pa is mos ace,hkm sal hul iets oorkom?Like father like son!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.