Magashule ‘weet nie’ van aanklagte

Ace Magashule. (Foto: Twitter)

Die verhoor van Ace Magashule, die ANC se geskorste sekretaris-generaal, is tot November uitgestel. Magashule het Dinsdag vlugtig in die hooggeregshof in Bloemfontein op aanklag van bedrog verskyn.

EWN berig Magashule het Dinsdag voor die hofverrigtinge gesê hy verlang meer duidelikheid oor die 70 aanklagte teen hom.

“Op die televisie hoor ek dat daar 70 aanklagte teen my is. Ek weet nie eers van ʼn enkele aanklag nie, behalwe dat hulle sê dis aanklagte van korrupsie en geldwassery. Maar wat is die 70 aanklagte,” het Magashule gesê.

Magashule en sy 15 medebeskuldigdes staan tereg op meer as 70 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Dit hou verband met ʼn ondersoek na ʼn R255 miljoen-tender wat tydens sy termyn as premier van die Vrystaat vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die provinsie toegeken is.

eNCA berig die verhoor is tot 3 November vir ʼn voorverhoor uitgestel.

“Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy wil graag voortgaan met dié ‘formidabele’ saak,” berig eNCA.

Sommige van Magashule se bondgenote, soos Carl Niehaus en Vusi Tshabalala, geskorste speaker van die Vrystaatse wetgewer, was Dinsdag by die hof om Magashule te ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Kokerboom ·

Sluit die verpesting net toe asb. Mense soos die walg my ten diepste met hul leuens, arrogansie en vermetele houding. Net om hom te sien het amper my goeie Dinsdag vernietig!

Nie Verbaas ·

Ek stem saam. Maak n mens siek met sy arrogansie en kamstige onkunde. Sy seuns is net so arrogant met die hope geld wat in kar en tafels gewys is op sosiale media.

pompies ·

Kareltjie het sy van verander na”kruipertjie” en sy tweede naam is ook nou “gat”

tweeling ·

Mooi by sy pa JZ geleer. Nooit skuldig nie. Sal in die tronk ook nog aanhou al is die bewyse oortuigend en Carl kruip nog steeds

Misky ·

Die saak kom nou al so lank saam en hy weet nie besonderhede van die aanklagte nie. Uitstel-taktiek soos net hulle kan. Genoeg tyd tot 3 November en sy span moet hom mooi inlig asook hoe lank hy in oranje gaan sit. Kareltjie kan die trane afdroog intussen

Elinette ·

Die ou gedra hom regtig soos ‘n volstruis – steek sy kop in die sand, terwyl die donderweer sy gat raak slaan!

Swerwer ·

Al so gewoond aan lieg dat hy homself glo. Hy haal Zuma se streke uit. Red ‘n land met sulke hoog geplaastes.

Samuel ·

Hierdie saak gaan nog jare duur. Hy is verbaas om te hoor van die aanklagte teen hom? Sjoe, klink soos die president wat verbaas is wanneer hy van misdrywe hoor. Ek glo nie die SP is te haastig om te dien dat ACE toegesluit word nie.

MakersMark ·

En watter kaart speel hy…? “The victim”. Dis maar hul styl daai. Maak wat hy wil as hy verantwoordelik moet staan is die hele wêreld in ‘n komplot teen hom gesmee. En sy bedoelinge was so edel………

Prikkie ·

Die dag wat jy nie meer skaamte in jou oorhet nie, op daardie dag het jy niks en is jy niks.

Mense met ‘n gewete het ook ‘n skaamte. Ace het nie een van die twee nie.

Sarel ·

Ja nee ou Niehaus….dan hardloop jy na die OB , wst terloops ook ‘ n Zuma/ Magashule aanhanger.

SlinkseKoljander ·

Gaan staan saam met Zuma en stig `n party wat die ANC NA SY KNIEE BRING!

Di ·

EISH! Nou lei hy seker weer aan geheueverlies. Wens hulle was so “vergeetagtig” voor hulle die geld verduister het.

Barney ·

Almal is so bly ou Ace en Zuma word vervolg maar hulle vergeet die grootste kroek is nou die president. Faksie hier, faksie daar maar op die ou einde bly dit dieselfde skelm rasistiese kommunistiese anc. Lag myself sat.

Pietertjie ·

Js wat, swyg die waarheid weg. Begin solank met jou mediese parool.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Tik tok, tik tok….ou Ace, jou tyd raak min! Jy kan maar dom speel soveel as wat jy wil, maar jy weet wat het jy verkeerd gedoen! Nes ou Zuma gaan jy ook uiteindelik van al jou politieke mag gestroop word en dan gaan jy soos ñ uitgewaste lap op die ashoop van uitgediende, vergete en korrupte politici beland. Laat die geskiedenis jou beoordeel. Oor ñ paar jaar gaan niemand eens meer weet wie jy was nie, en die wat jou wel onthou, gaan met ñ wrang smaak in hulle monde onthou hoe ñ ou korrupte bedriëer jy was, nes Zuma. God slaap nie ou Ace, God slaap nie. Sy meul maal stadig maar seker. Julle dink julle sit so knussies in die “pound seat”, pasop, julle val gaan skielik, hard en seker wees. Ons wag……

Dirk Mostert ·

Wensdinkery. Zuma regeer steeds deur sy ex en na die volgende algemene verkiesing deur sy seuntjie.

Inkpot ·

Hierdie is ‘n groep mense wat nie kan dink dat daar diegene is wie se intellegensievlakke nie so laag is soos hulle vlakke is nie.
DIe koerante is vol van sy korrupsie en al die aanklagte teen hom.
Hy kan seker maar net nie lees nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.