Die verhoor van Ace Magashule, die ANC se geskorste sekretaris-generaal, is tot November uitgestel. Magashule het Dinsdag vlugtig in die hooggeregshof in Bloemfontein op aanklag van bedrog verskyn.
EWN berig Magashule het Dinsdag voor die hofverrigtinge gesê hy verlang meer duidelikheid oor die 70 aanklagte teen hom.
“Op die televisie hoor ek dat daar 70 aanklagte teen my is. Ek weet nie eers van ʼn enkele aanklag nie, behalwe dat hulle sê dis aanklagte van korrupsie en geldwassery. Maar wat is die 70 aanklagte,” het Magashule gesê.
Magashule en sy 15 medebeskuldigdes staan tereg op meer as 70 aanklagte van onder meer bedrog, korrupsie en geldwassery. Dit hou verband met ʼn ondersoek na ʼn R255 miljoen-tender wat tydens sy termyn as premier van die Vrystaat vir ʼn ondersoek na asbesdakke in die provinsie toegeken is.
eNCA berig die verhoor is tot 3 November vir ʼn voorverhoor uitgestel.
“Die Nasionale Vervolgingsgesag sê hy wil graag voortgaan met dié ‘formidabele’ saak,” berig eNCA.
Sommige van Magashule se bondgenote, soos Carl Niehaus en Vusi Tshabalala, geskorste speaker van die Vrystaatse wetgewer, was Dinsdag by die hof om Magashule te ondersteun.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
31 Kommentare
Dié een kan ‘n dooie ding weer lewendig lieg.
Sluit die verpesting net toe asb. Mense soos die walg my ten diepste met hul leuens, arrogansie en vermetele houding. Net om hom te sien het amper my goeie Dinsdag vernietig!
Ou Acyie jy mot maar jou emails lees as jy weet hoe !!
En ou Kareltjie is oral saam met die skurke.
Mooi by sy pa JZ geleer. Nooit skuldig nie. Sal in die tronk ook nog aanhou al is die bewyse oortuigend en Carl kruip nog steeds