Magnaat wil vir Nkandla betaal

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Pres. Jacob Zuma se woning in Nkandla, KwaZulu-Natal

Die KwaZulu-Natalse magnaat Philani Mavundla het aangebied om fondse in te samel en president Jacob Zuma se skuld te delg rakende die veiligheidsopgraderings wat by sy private woning in Nkandla gedoen is, het die Sunday Times berig.

Mavundla, ʼn voormalige ANC-burgemeester van Greytown, het erken dat Zuma-ondersteuners agter-die-skerms gesprekke gehad het oor die president se skuld. “Ons het hieroor gepraat. Daar is ʼn forum wat oor die kwessie gesels. Ons het vrae oor hierdie kwessie gevra en mekaar oortuig dat dit nodig is om iets op die been te bring,” het Mavundla gesê.

Volgens die berig wil die groep op soortgelyke wyse geld insamel as wat hulle het met die Vriende van Jacob Zuma-trust. Dié trust is in 2005 op die been gebring en het geld ingesamel vir Zuma se regskostes tydens sy verhoor op aanklagte van bedrog en korrupsie. Mavundla was destyds deel van dié trust.

Mavundla het in 2008 20 beeste geslag toe Zuma as president van die ANC verkies is en stof in die oë geskop het van oudpresident Thabo Mbeki. Mavundla woon saam met sy drie vroue, 18 kinders en ander familielede in ʼn luukse herehuis in Greytown, volgens die berig. Die huis het 28 slaapkamers.

Mavundla besit ʼn konstruksiemaatskappy, PG Mavundla Engineering. Sy eiendomsportefeulje sluit onder meer vyf kommersiële plase, ʼn luukse hotel en lodge en verskeie ander besighede in, het die koerant berig.

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het in Maart vanjaar in haar verslag oor Nkandla aanbeveel dat Zuma ʼn gedeelte van die R246 miljoen wat op die opgraderings spandeer is moet terugbetaal.

Klik hier om vorige berigte oor Nkandla te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

dit gaan hier nie net oor die geld nie, daar gaan n pond vleis/guns verwag word deur die skenker,zuma moet krimineel vervolg word, hy moes geweet het wat op sy werf aangaan, korrupte spul.

martie ·

Hulle wil hom net verder versterk in sy skelmstreke. So iets moet glad nie toegelaat word nie. Laat hy self uithaal en wys. Genoeg mos oor die jare bymekaar gemaak. Niemand betaal my skuld nie. Ek moet self sien en kom klaar.

alet ·

Wat se dit vir ons dat Zuma skuldig is maar wil dit nie erken nie om te lieg is n sonde praat die waarheid en hou jou pad skoon wees n voorbeeld vir die land. As Zuma weet wat beteken trots,laat los skelmstreeke dit bring n mens nerens

EMK ·

Mens wonder hoe word iemand so vinnig ‘n magnaat. As mens dink hoeveel jare se harde werk het dit vir ‘n Anton Rupert bv geneem om so ryk soos wat hy was te geword het en dan wonder mens, waar kry hierdie knaap sy geld wat hy nou so vrylik wil gee. Hoehet hy al sy wonderlike eiendomme gekoop?? En mens wonder OOK of hy al sy belasting betaal…

Pieter ·

Is JZ en M bewus dat daar dan uistaande belasting aan SARS veskuldig gaan wees. Seker so in die orde van R80M.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.