Mahikeng-onluste: Ramaphosa vergader met hoës

Pres. Cyril Ramaphosa. Argieffoto: Elmond Jiyane.

Pres. Cyril Ramaphosa was teen Vrydagaand steeds in samesprekings met die ANC-strukture in Noordwes in ʼn poging om ʼn oplossing te vind vir die voortslepende geweld in die provinsie.

Ramaphosa het sy beleggingsveldtog in die Verenigde Koninkryk kortgeknip om dringend na Suid-Afrika terug te keer om aandag aan die situasie in Noordwes te gee. Hy het Vrydagmiddag in Mahikeng aangekom en onderneem om later die gemeenskap toe te spreek.

Obed Bapela, lid van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, het Vrydag gesê die party het die mense van Noordwes se stem gehoor.

“Die kwessies wat hulle opper is aangehoor en ons betrek alle rolspelers om weer te luister,” het hy aan verslaggewers gesê voor die geslote vergadering begin het.

Die regering het intussen die gewelddadige betogings veroordeel en kalmte in die gebied versoek.

Inwoners in die stad en omliggende nedersettings het Woensdag begin betoog om te eis dat premier Supra Mahumapelo bedank. Die betogings gaan gepaard met geweld, plundering en die vernietiging van eiendom, en bedrywighede in Mahikeng is heeltemal tot stilstand gedwing.

Plundering en die versperring van paaie het Vrydag ongehinderd voortgegaan ongeag die feit dat talle polisiebeamptes in die gebied ontplooi is.

ʼn Groep inwoners het Vrydagmiddag buite die plek waar die vergadering met Ramaphosa sal plaasvind saamgedrom. Hulle wou weet of Ramaphosa sal verseker dat die ANC Mahumapelo gaan herroep.

Die betogings in Mahikeng het intussen ook oorgespoel na Wolmaransstad en Makwassie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nel ·

Dis reg so Meneer die President, bêre ‘n slag jou viool en help die vure blus.

Chris Ws ·

Die probleem le by die ALGEHELE GEBREK aan handhawing van wet en orde en beskerming van eiendom teen plunderaars deur die polisie.Ek hoop AL die besighede stel ‘n gesaamentlike eis vir skade vergoeding in teen die minister van polisie wat duidelik onbevoeg is om sy werk te doen.

Johann ·

Wonder of dit deel is van sy padda resep? Of weer wen van sy ter wille van die behoud van die ANC… ten koste van n land? ANC LEGACY… anargie en verwoesting.

SjN ·

Hy het gaan vry vir beleggings in die land maar moet dit kortknip weens wetteloosheid, goeie advertensie vir die buitelandse beleggers.

jaco ·

die ANC betoog teen die ANC en volgende verkiesing stem al die betogers weer ANC. Iets maak nie sin nie.

Pietsepan ·

Swart mense stem vir hul ras en nie vir hul oortuigings nie. En as hulle ontevrede is wys hulle dit met plundery terwyl die polisie staan en toekyk.

Oom Kalahari ·

Nou hoe gemaak Pres. Cyril, jy kuier nog so lekker met antie Theresa May en die Queen oor tee en koekies en hier is die land op ‘n tog van plaasmoorde, brand en plunder, stakings ens. Sien jy sal die kadertjies mooi moet vertel dat die Queen nie kan bele in die land as hul so stout is nie en hul T-hemde en kospakkies asook toy-toy dagloon kom in die gedrang. Kyk na al die voertuie en geboue, strate, bome en takke in pad, winkels stroping en die groot verliese wat eienaars moet lei deur wettelose mense wat geen dissipline en respek vir menselewens en eiendom het nie. Hoop al hierdie eienaars stel eise vergoedinge in teen die Regering.

humor ·

Die pres sal moet besef tyd om mooi broodjies te bak is verby. Daar sal daadwerklike stappe teen die misdaad en onluste gedoen moet word sadat daar n klimaat vir wedersydse gesprek gevoer kan word. Die oorspronklike doel in 1993 onderhandelinge was geensins om koelbloedige vyandskap tot stand te bring nie. Soos dit tans is, het nie blood n ander paty die regering oorgeneem nie. n Vyand het tot stand gekom en dit kan uiteindelik internasionale reperkursies he.

mc ·

Kan die prentjie sien – ag askies tog meneer die president – u word benodig, u land brand af. Seker nie mooi gedink vir wie hulle die vuurhoutjies moet gee om die vuur onder die pot met paddas aan die brand te steek nie.

Daan Erasmus ·

Die probleem is dat die ANC nie verstaan wat die probleem is nie. Die President van die Land het in sy hoedanigheid as ANC president daar gewees. Die ANC verstaan nie, Ramaphosa verstaan nie die VERSKIL tussen die Staat en die ANC nie. Dit is ‘n groot gevaar

Josua Keys ·

Ek verstaan dat daar klank materiaal op whatsapp die ronde doen dat mnr Ramaphosa op Winnie Mandela se begrafnis uitlatings gemaak het in sy eie taal dat die ANC kiesers hulle tier velle moet aantrek “want hulle is nou genoeg” en op oorlog moet voorbery, hoe ver dit waar is en wat hy werklik daarmee bedoel was sal net hy weet, of dit kwaadstokery van ‘n sensasie soeker is sal ons nie weet nie maar as dit wel waar is sal hy aan SA moet verduidelik asook die wereld daar buite. Waarom probeer hy dan die mense in Mahikeng keer, jy kan nie oorlog uitroep en dan skielik nou wil sê stop nie !!! Wat my wel bekommer is dat geen opposisie party hiervan melding gemaak het nie of gevra het wat hy daarmee bedoel het nie en teen wie moet hulle nou oorlog maak ek hoop nie witmense nie want dan gaan daar ‘n ergerlike bloed bad wees en dit gaan niemand iets in die sak bring nie en steeds ons ekonomie finaal tengronde laat gaan. Ek weet nie of Maroela bewus is van die watsapp klankbaan nie en stel ek voor julle stel ondersoek in.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.