Mahikeng-polisiegebou in brand verwoes

Argieffoto

Argieffoto

Die kantoor van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid in Mahikeng, Noordwes, is Woensdag in ʼn brand vernietig.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die gebou het omstreeks 13:45 in vlamme opgegaan. Een van die personeel het na bewering rook uit een van die kantore sien kom wat vinnig na die ander vertrekke versprei het.

“Sy het in die gang geskree dat daar ʼn brand is en die personeel het buitentoe gehardloop en die brandweerdiens gebel. Toe hulle opdaag, het hulle die vuur begin blus totdat nog ʼn watertenker by hulle aangesluit het,” het sy gesê.

Volgens Mokgwabone is een van die polisielede se hand beseer toe hy die brandblusser-kassie se glas probeer breek het om die sleutel te verwyder. Die gebou is heeltemal verwoes.

ʼn Ondersoek na die oorsaak van die brand sal gedoen word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neptunus ·

Ek ruik lont… toeval of nie? Misdaadintelligensie se rekords alles dus vernietig?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.