Mahlangu se skorsing verwelkom

Qedani Mahlangu, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng. Foto: ANA

Die VF Plus in Gauteng het die skorsing van die voormalige Gautengse LUR vir gesondheid, Qedani Mahlangu, deur die Global Banking School in Bedfordshire Engeland verwelkom. Só sê Philip van Staden, VF Plus-LPW vir Gauteng.

“Mahlangu se studies is deur die betrokke instansie opgeskort weens haar betrokkenheid by die Life Esidimeni-tragedie vroeër vanjaar waar meer as 141 psigiatriese pasiënte gesterf het weens die kontrakte wat sy met psigiatriese instellings opgeskort het. Tans vind daar ʼn arbitrêre verhoor oor hierdie tragedie plaas waarin Mahlangu moet kom getuig, het Van Staden gesê.

Van Staden meen Mahlangu mag nie met haar optrede wegkom nie en sy moet dadelik na Suid-Afrika teruggestuur word. Die VF Plus eis dat Mahlangu uit Engeland gedeporteer word.

Van Staden het bygevoeg die VF Plus is besig met die finalisering van klagstate teen Mahlangu en andere wat vir hierdie tragedie verantwoordelik was. “Sodra die arbitrêre verhoor afgehandel is, sal die VF Plus sy klagstate by die nodige owerhede indien vir vervolging,” het Van Staden gesê.

Maroela Media het vroeër berig Barney Tiego Selebano, voormalige hoof van die departement van gesondheid, het ʼn dringende aansoek in die Johannesburgse hooggeregshof ingedien om ʼn dagvaarding tersyde te stel wat hom opdrag gee om tydens die Life Esidimeni-arbitrasieverhoor te getuig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Niks gaan met die gedroggie gebeur nie……gaan tien teen een n groot weldone bonus kry….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.