Mahumapelo bedank wel

Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes, het bedank. Argieffoto: http://premier.nwpg.gov.za

Supra Mahumapelo, premier van Noordwes, het Dinsdag te midde van toenemende druk om te bedank wel besluit om sy tasse te pak.

Mahumapelo het vroeër die dag tydens sy begrotingsrede in die provinsiale wetgewer geskimp dat hy moontlik binnekort gaan bedank, maar later aan die SAUK bevestig dat hy wel bedank. “Teen môremiddag [Woensdagmiddag], sal Supra Obakeng Ramoeletsi Mahumapelo die voormalige premier van Noordwes wees,” het hy aan die openbare uitsaaier gesê.

Hy het gesê al wat nog gedoen moes word, is om die administratiewe proses soos in die Grondwet uiteengesit af te handel.

Mahumapelo het vroeër tydens sy amptelike begrotingsrede gesê hy sal ʼn brief aan die speaker skryf voor Vrydag. “In sommige kritieke gevalle in ons lewe word daar op ons as lid van die mensdom ʼn beroep gedoen om die essensie van die afwesigheid van teenwoordigheid te skep,” het hy gesê.

“Dit is daarom dat ek binne die konteks van hierdie essensie van afwesigheid van teenwoordigheid en in volle ooreenstemming met die Grondwet vir die speaker sal skryf met hierdie onderneming voor Vrydag vandeesweek.”

Die ANC in Noordwes het gesê hy verwelkom Mahumapelo se besluit om vrywillig van sy amp afstand te doen. “As organisasie sal ons altyd dankbaar wees en leer uit sy empatiese, beginselvaste maar eenvoudige benadering tot kwessies. Ons loof comrade Mahumapelo dat hy die hele provinsie deur gereis het in ʼn soeke na ʼn beter lewe vir ons mense deur die Setsokotsane-veldtog,” het Sussana Dantjie, waarnemende provinsiale sekretaris, gesê.

“Ons weet hy sal voortgaan om sy ANC-beweging te dien en wat ook al nuwe rol ons vir hom aanwys. Ons moedig hom aan om standvastig te bly in dit wat hy glo nodig is om die rewolusie uit te voer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

schalk ·

“Rewolusie uit te voer”. Ek dog die ANC het lankal die stryd gewen en bou op aan die perfekte idologiese wereld waarin alles met verteenwoordiging van etniese groepe beslis sal word. ” Comrade Supra” no more corruption from you but someone new will soon follow your footsteps to paradise.

Hendrik ·

Toe ek die foto sien toe verwar ek hom amper met die sakeman wat die swanger vrou aangerand het. Dankie Maroela dat julle die name onderaan die fotos sit.

Tyd ·

‘Daar is ‘n tyd om te kom (aanwesigheid) en ‘n tyd om te gaan (afwesigheid)’.
EN ai, ‘die rewolusie’ kry ook nie einde . . . so word daar voort ge-struggle die laaste 24 jaar en is het einde niet in sig. Sterkte met jou volgende aanstelling om plundering voort te sit.

Johann ·

Ag asseblief. Jy wou solank moontlik bly om seker te maak jy smeer dik toe waar jy gevat en weg gegee het. Die laastes ook nog te skep.

En soos altyd, loof die ANC selfs sulkes soos hy oor sy bydra tot anargie en chaos en korrupsie en diefstal en en en en….

One. down, MANY still to go

Piet ·

Ek wonder hoe lyk sy paket? Seker nie sleg vir so n waardige comrade nie.

Jaco ·

Daardie tipe persoon kry nie ‘n pakket nie – hulle kry ‘n groot “container”

John ·

Afwesig en teenwoordig… Klink of ‘n filosofiese toekoms hetsy iets mer spokerig op die spreker wag… Boetie vlieg dalk vir paapie na beter weivelde. Is daar nog paleise oor in daai Dubaai-koebaai-baai vir die goue stroom eersteklas-passasiers wat vir die komende winter vlug veral met die oog op die min steenkool in Eskom se kolekas en die kwaai ooms en tannies wat die bulhond aanhits met sa-sa… Vat hul Fluffy!

Irma ·

Lyk of hulle totaal vasgevang in die rewolusie “struggle” is en maar netnie kan loskom daarvan nie. Daarom dat hulle nie instaat is om behoorlik te regeer nie. Intussen het hulle darem op die belasting betalers se geld afgekom en word die struggle al hoe lekkerder. So deksels pateties. Duidelik al wat vir sommiges van hulle tel is die mag, posisie waarin hulle mense kan belieg en rond hierjy en al die blink wat hulle hulself toe eien.

Lerato ·

Ek glo hy gaan nou boer. Ek wonder net of hy by die Bonsmara telers vereeniging aangesluit het?
Dalk kan Supra self antwoord. Ek glo hy lees gereeld Maroela Media

Ben ·

Ek so word daar weer suiker om die bekke gesmeer oor ” sy beginselvaste leiding”. Die man is ‘n deurtrapte leuenaar en dief met geen beginsels nie. Dis die tipiese ANC ondersteuner.

Werner ·

Sien nou op n24 dat hy nie bedank nie voor PEC vergadering wat dit ook al mag wees daar is weer gekonkel sal nie verbaas wees as hy nie bedank nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.