Mahumapelo gee ANC nog ʼn bloedneus

Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, vier verlede week sy oorwinning saam met ondersteuners buite die hof. Foto: Itumeleng English/African News Agency

Die hooggeregshof in Pretoria het Woensdag die ANC opdrag gegee om Supra Mahumapelo en sy ontbinde provinsiale uitvoerende komitee onmiddellik weer in hul poste aan te stel.

Regter Fayeeza Kathree-Setiloane het Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, twee dae kans gegee om Mahumapelo weer as premier van Noordwes, saam met sy komitee, aan te stel. “Die sekretaris-generaal van die eerste respondent [Magashule] word hiermee opdrag gegee om onmiddellike en gepaste stappe te doen om aan die hofbevel van 6 Februarie 2019 gehoor te gee. Die eerste respondent [die ANC] word ook opdrag gegee om die regskoste van die aansoek te betaal,” het Kathree-Setiloane in die volgepakte hof gesê.

Haar uitspraak is met toejuiging begroet en ʼn skare ANC-lede het begin dreunsing, “Viva Supra, viva!”

Kathree-Setiloane het verlede week beslis die besluit deur die ANC om die provinsiale komitee in Noordwes te ontbind was onwettig en ongrondwetlik. Mahumapelo, voormalige premier en voorsitter van die komitee, het saam met vier ander beamptes die ANC se besluit in die hof betwis.

Kathree-Setiloane het gesê dat die sogenaamde vergaderings wat die besluit voorafgegaan het chaoties was en dat dit nié aan prosedurele billikheid voldoen het nie. Sy het gelas dat die ANC Mahumapelo en sy komitee binne twee dae weer moet aanstel.

Die ANC het dit egter nié gedoen nie en gesê hulle sal teen die hofuitspraak appelleer. Mahumapelo en die ander vier beamptes het daarna die hof genader op ʼn dringende basis om die hof te versoek om die ANC te dwing om gehoor te gee aan verlede week se uitspraak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Trol ·

Welkom terug tot die 15se. Dan verval sy dienstydperk buitendien.

Ek wonder ·

Gauteng vs Noordwes. Dieselfde regter.
Ten spyte daarvan dat die ANC foute probeer toekrap deur chaotiese leiers aan te stel, lyk dit of hier dalk regverdiglik geïgnoreer gaan word totdat openbare belang ordentlik teenoor prosedurale regverdigheid oorweeg kan word.
Ek sien dus geen bloedneus nie. Ek sien net dieselfe ANC-pion in die Gauteng Hooggeregshof. En onnodige steun aan wie-nogal.
Hoekom is die bedrieërs dan ook nog nooit deur Uncle Eisj strafregtelik laat aankla nie? Dis dalk die gróótste chaos van almal! Mens wonder maar net.

Chris Ws ·

Hierdie binnegevegte van die anc pas my uitstekend!Doet zo voort!

Ben Potgieter ·

Howe regeer S.A huidiglik.Loopbaan vir jou kind,laat hy/sy regte swot.Sal nooit sonder werk sit nie.

JJ ·

Nou is dit ñ groter disaster. Ek is nou in Mahikeng. Die paaie is val al vir die afgelope 10 jaar uitmekaar. Geen verbetering nie. Net erger. Stop tekens met pale is verwyder!!! Dit is nog nie herstel nie. Dit is lewens gevaarlik. Dit is die onbevoegste mense in SA.

Corné ·

Daar gaan net weer betogings wees en brandende geboue. Die mense soek hom nie daar nie. Haal hom uit en sy komitee. Hy plunder soos sy boetie Ace

Adam ·

Hierdie verwikkelling is nie net ‘n “bloeneus” en ‘n besoek aan ongevalle nie. Die ANC is al lankal in intensiewe sorg. Wat ‘n korrupte en patetiese lot. Ek glo Noord-Wes sal nou geplunder en wanbestuur word soos nooit tevore nie.

Edd ·

Vergeet hul so vinnag dat die mense mafikeng probeer afbrand het oor die ou?

Piet Piper ·

Mahumapelo en Ace Magashule is nou die twee heel voorste osse wat die Suid Afrikaanse ossewa trek oppad na ‘n 2 de Zimbabwe. Die tafel is gedek vir hulle deur Mugabe se adjunk wat nou Zim President is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.