Mahumapelo mag terugkeer as Noordwes-premier

Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes. (Foto: ANA)

Die hooggeregshof in Johannesburg het Woensdag beslis die ANC se besluit om die party se provinsiale uitvoerende komitee in Noordwes te ontbind was onwettig en ongrondwetlik.

Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, en vier ander amptenare het dié besluit in die hof betwis.

Regter Fayeeza Kathree-Setiloane het die ontbinding van die komitee ter syde gestel en gelas dat Mahumapelo en sy provinsiale uitvoerende komitee binne twee dae weer in hul amp aangestel moet word. Sy het ook gelas dat die ANC die koste van die regsgeding moet betaal.

“Die ANC se besluit op 31 Augustus verlede jaar om die provinsiale uitvoerende komitee van Noordwes te ontbind, word onwettig verklaar en ter syde gestel,” het Kathree-Setiloane gesê. Volgens Kathree-Setiloane is die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) se besluit om ʼn provinsiale taakspan aan te stel, óók onwettig.

Kathree-Setiloane het gesê dat die sogenaamde vergaderings rakende die besluit chaoties was en dat dit nié aan prosedurele billikheid voldoen het nie.

Die hof was Woensdag stampvol met ANC-ondersteuners. Ondersteuners het struggle-liedere gesing nadat die uitspraak gelewer is.

Mahumapelo is in Augustus verlede jaar uit sy pos as premier verwyder nadat gewelddadige betogings in dié provinsie opgevlam het. Hy is vervang deur Job Mokgoro.

Zizi Kodwa, waarnemende nasionale woordvoerder, het gesê die ANC sal interne prosesse volg om die saak verder te hanteer.

“Ons doen ʼn beroep op al ons strukture in die Noordwes om gefokus te bly op die mobilisering vir ʼn oorweldigende ANC-oorwinning in die komende verkiesing,” het Kodwa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Meerkat ·

En hier kry Cyril nou nog ‘n kopseer by, dit nou sommer so ‘n dag voor Julius van hom antwoorde in die parlement soek. Die wit hemde wag daar vir Julius, maar Meimaand se verkiesing is om die draai en dan kan Supra die uitklophou plant.

KanJyNouMeer ·

Ek wonder watse “struggle-liedere” word daar nog in 2019 gesing, want nou is dit eintlik maar net ñ struggle teen hulself!

John ·

Die uitspraak lui bloot dat die regte prosedures nie gevolg is nie en nie dat die klaer ‘n eerbare beampte was nie… hoewel Supra die indruk wil skep. Dit was ‘n gruwelike spulletjie. Hy weet dat die ANC nie so voor die verkiesing golwe wil maak nie en hoop om hom weer in te grawe in die bankkrot-provinsie. Die ergste is dat die ANC se lys van betroubares op nul staan. Na die verkiesing gaan robotte in die parlement dien… hopelik nie uit die Ooste nie…

Penellope Jones ·

Die winde van verandering het omgeskakel in orkane met die windspoed wat nie gemeet kan word nie. . . . .

Johan ·

As Mister M weer terug weer in sy pos aangestel word , sal daar volskaalse chaos wees met onluste… Nimmer eindigende

jaco ·

die hof wat deur die ANC regering beheer word lewer uitspraak teen die ANC. Die regter is nogal van dieselfde ras ook as die ANC. iets maak nie sin nie..

Johann ·

Kan dit wees dat die ANC monster homself stuk stuk van binne opvreet? Of is dit bloot tekend van hoe bemagtig die vergrypers werklik is?

tamboti ·

Nee Johann, die uniektheid van die ANC monster is dat terwyl hy homself beveg en ondermyn, dit nog steeds groei en sterker word – soos ‘n swart kolk in die ruimte verteer dit alles maar word net sterker.

Ja Nee ·

Ah supra is terug om nog verder verwoesting te saai, die donker verlede van die anc regering gaan homself en die land verder plunder

Thinus Erasmus ·

Dan vertel Maroela Media ons ‘n klomp strooi (met permissie) want die vorige berigte dui aan dat Supra wel self bedank het, vele kere dit self aangekondig, maar toe uiteindelik oorreed is om op vroee pensioen te gaan, omdat hy nie mag bedank sonder die ANC se toestemming nie, maar hul wil hom tog uit die pos kry. En toe is die provinsie onder administrasie geplaas deur CR.
Ek het ‘n vermoede die regter is net so deurmekaar soos ek, maar kon wel baie vinnig ‘n besluit neem. Magties dis nou diens ne’ Viva ANC!

Johan ·

Die Hoofnar weer terug in die sirkus!Het die ANC Al een uitspraak gewen in die 1528 waarby hulle betrokke was?????? Wanneer gaan iemand somme maak?Elke besluit,elke aanstelling,afdanking,tender toekening,tender kanselasie gaan hof toe!!!!Hoe is hierdie enigsings moontlik in n bekaafde land???

Johann M van Heerden ·

Hoe is dit moontlik? Ons word duidelik deur ‘n ongedissiplineerde gepeupel beheer. Die soort politiek het sy eerste laagtepunt in Frankryk ‘n paar honderd jaar gelede bereik. Daartydens is koppe links en regs afgekap met skares wat toekyk en juig. Ons het die soort van politiek onder die USSR en voor dit onder Natzi Duitsland bereik. Dit is lank na die Duiste katastrofe voortgesit is Sjina. Kuba, Venzuele (meer onlangs) en die hele oosblok lande gekoppel aan die USSR. Dit het inmekaar geval saam met die Berlynse muur. Nou wil ons ou landjie die vierkantige wiel herontdek.

jaco ·

die USSR was wel SONDER die volgende:
plakkerskampe
40% werkloosheid
swak vuil staatshospitale
swak lae standaard onderwys
leerders wat onderwysers aanrand
beurtkrag
Godsdiensvryheid het nou wel eintlik nie bestaan nie, maar daar was “loopholes” om daarby verby te kom. anyway n klein prys om te betaal of opoffering om te maak in ruil vir n land waarin alles anders heel goed gewerk het.

Dries du Toit ·

Kan jy dit glo. Nou is daai Gupta kader terug om weer verwoesting te saai. Daar brand nou weer die laaste bietjie weer af in Noord Wes

Callie ·

Almal lewer soort van ligtelike kommentaar. Wow. Weet enige iemand waar ons is of wat gaan gebeur. Gaan mense van Mafeking dit aanvaar. Die land gaan brand en Rhamaphosa wat Zuma se hand op die blaas man was lag. Sterkte vir ons almal

Stripes ·

Oëverblindery en daar moet mos vir die maatjies gesorg word sodat hulle kan stilbly oor ander dinge. Sirkus.

Christo ·

Is daar regtig nog ‘n toekoms vir die wit jongmense in hierdie land. Ek probeer my kinders aan te moedig om die land te verlaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.