Mahumapelo moet met ANC-hoës vergader

Supra Mahumapelo, die premier van Noordwes. Argieffoto: http://premier.nwpg.gov.za

Die ANC in Noordwes het die aanbeveling van die party se nasionale werkskomitee (NWK) dat premier Supra Mahumapelo en die topbestuur van die ANC moet vergader, verwelkom.

Sussana Dantjie, provinsiale sekretaris van die party, het Donderdag gesê sy glo dat dit regverdig is as iemand van iets beskuldig word en reeds “tereg staan in die hof van openbare opinie” om eers as onskuldig geag te word totdat die persoon as skuldig uitgewys word en ʼn kans gegun te word om hom- of haarself te verdedig.

Dantjie meen daar moet regverdigheid wees en al die kante van die storie moet gehoor word.

“Ons premier en provinsiale voorsitter [Mahumapelo] is nooit die geleentheid gegee om vir homself te praat in vergaderings en openbare platforms nie en ons is bly dat hy uiteindelik die kans gaan kry om sy kant van die storie te vertel.”

ʼn Vlaag van gewelddadige betogings het op 18 April in Noordwes uitgebreek te midde van eise dat Mahumapelo as premier moet bedank. Winkels is geplunder en eiendom is beskadig tydens dié betogings.

Die NWK het Woensdag tydens ʼn vergadering in Kaapstad aanbeveel dat die nasionale beamptes met Mahumapelo moet vergader om alle beskikbare konstruktiewe opsies te bespreek om die voortslepende dooiepunt in die belang van die mense van Noordwes en die provinsie op te los.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

ne ·

Ja dit is reg dat hy homself verdedig. Maar hy kan maar netsowel skuld erken. Daar is net te veel geld by betrokke. Belasting betalers is moeg om te betaal vir die mense met lang vingers.

Von ·

Ek is al so sinies. Watter kant van n storie is die Waarheid???

SjN ·

Bla bla bla, die bewyse is daar, so wat wil superman verdedig, wat het van Vytjie geword, sy is nie bang om die waarheid te praat nie.

marous ·

Nou gaan vergader in noordwes , onder ‘n boom , tussen die ongelukkiges , sonder wagte

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.