Maimane bedank as leier van die DA

Die DA-leier, Mmusi Maimane. Foto: DA via Facebook

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag sy bedanking ingedien as leier van die party.

“Dit is met groot hartseer dat ek vandag my bedanking indien as leier van die Demokratiese Alliansie om te bly voortbaklei vir die visie waarin ek so sterk glo, en die land waarvoor ek so lief is,” het hy tydens ʼn perskonferensie gesê.

Maimane sal steeds die amp as parlementêre leier vervul tot die einde van die jaar waarna die DA-kongres ʼn nuwe leierskap sal aanwys.

Hy het elke DA-lid, aktivis, openbare verteenwoordiger, en personeellid van die DA bedank dat hulle onverpoosd saam met hom gewerk het. “Ek wil ook dankie sê vir elke provinsiale leier saam met wie ek die afgelope vier jaar gewerk het. Baie dankie vir julle ondersteuning.”

Maimane het ook James Selfe uitgesonder wat “onbaatsugtig as voorsitter van die federale raad gedien het.” “Ek wil ook dankie sê vir my vriend, Athol Trollip, wat vandag saam met my hier is. Ek wens die DA alle sukses toe vir die toekoms onder die leiding van Helen Zille as die nuwe voorsitter van die federale raad.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

DCCLXXVII ·

Miskien sal ek dalk nou weer vir die DA kan stem sonder om skuldig te voel. Klein miskien. Ag dalk glad nie, maar ‘n goeie dag.

Rina ·

Hy gaan duisende saam hom neem en ek glo hy gaan n nuwe party stig. DA se doppie is nou geklink.

Tresia ·

Verkeerd Rina onder sy leierskap het dieDA duisende verloor hy sal nerens kom nie

Swerwer ·

Hoop DA en die hele SA leer hieruit. Dalk miskien sal ek weer DA stem.Dit was n klaaglike mislukking om te dink n swart leier gaan swart stemme trek…inteendeel op RSG is beweer 300 000 wit stemme is verloor. Ek rus my tas!

corne ·

Nou toe nou het dit te warm geraak of steek hy dalk iets weg lol kyk maar sy geraamtes gaan ook uitkom

Jaco ·

Sjoe hy is kwaad vir die wit afrikaners, in sy bedanking se he n Afrikaanse koerant het hom geteiken en die “minority” wil weer oorneem.

In alle geval sal nie weer vir hulle stem

Petro ·

Jy was ‘n groot teleurstelling Musi. Te vinnig op elke rasgedrewe wa gespring om die massas te beindruk en jou ondersteuners… waarvan ek een was… telke male teleur gestel. Sterkte boet. As mens nie ‘n ordentlike ruggraat het nie.. val jy om.

Vintcent ·

Dié ANC-agent het sy werk goed gedoen. Onmin gesaai in die DA-hoenderhok en onder hul stiksienige stemvolk.

skurweberg ·

Kwaliteit of kwantiteit ? Dis die twee-pad fenomeen waarop daar besluit moet word. Soos die twee bane op die landsvlag. Die smal pad of die breepad Baie moeilike situasie, vorentoe.

Anoniem ·

Die DA is n sinkende skip. Gaan soek nou maar liwer vir jou n ander party. Kom ek gee so bietjie raad wat jy kan vat of los. As jy n weg wil maak vir afrikaners se voortbestaan dan kan jy net Vryheids Front +gaan steun.

Petrus ·

Wat van bekommerde swart mense se voortbestaan? Die VF+ bied hulle ook niks.

Michael ·

Ai ou musi. Ek het baie hoop vir jou gehad. Ek selfs geglo jy sou ons Obama word. Toe word jy net te groot vir jou skoene. Vat jou pak ou maat. Ongelukkig nou nie n geborgte motor vir jou om mee huis toe te ry nie nie na jou geborgte huis nie. So bly almal maar dieselfde… rooi overall of das en pak klere…

Werner ·

Die oomblik toe jy dink hy is soos Obama moes jy weet hy beteken niks want dit was wat Obama beteken het

aj ·

Dis al!

Moesie het amper daarin geslaag om goedkoop ANC ras retoriek op die DA af te forseer.

Gelukkig is die DA se waardes en beleid STERK!

Daar is nie plek vir ‘rockstars’ in die DA nie. (van enige kleur!).

Peet ·

Ai, onse velle is dun.
Maak vrede dat ons almal bydra tot fiskus, en daarom vra ons net om met erkentlikheid behandel word – ons is na alles almal deel van bevolkingsamestelling.

John ·

Daar was mos annnerdag ‘n grooot byeenkoms van ‘n grooot siener wat vergesigte in dwarrels opgeroep het daar iewers in die vaal Vrystaat en het ‘n sekere iemand toe nie in die voorste ry gesit nie toe die boodskap kom dat ‘n sekere iemand in die veld hier langs die dam-van-trane naby die destydse konsentrasiekamp, dalk net een van die dae die president kan word? En het die sekere iemand dalk toe geglo dit is hy?

Budgie ·

Leiers? Watse leiers. Ons soek drinkend leiers dit is verseker

Erick ·

DA, one time and never again. Sal nooit weer my stem op julle mors nie.

Mb ·

Obama beteken nie niks nie. God dank Musi was nie ons Obama nie. Want Amerika gaan nog baie baie bloei aan die nagevolge wat Obama aan hulle gedoen het en nog vir ń lang ruk gaan doen.

Annalize Pienaar ·

Net te vinnig gevlug. Dalk die beste wat kon gebeur.

Paul Mardon ·

Hier is ‘n soberende gedagte: Dalk is die EFF binnekort die enigste groot opposisie vir die ANC.

Budgie ·

Die sogenaamde “DA” oftewel ANC-lite maak geen verskil aan die hopeloosheid nie.

DA gaat hy ·

Dat een wit vrou nou soveel drama en bedankings kan oplewer…..
Sy moet ‘n geweldige bedreiging vir sensitiewe ego’s wees; die lotjie spat nou soos ‘n nat nies uitmekaar.

Linda ·

Helen Zille moet summier bedank en inboek in n ouetehuis, sy is glad nie welkom in die DA nie !!!!

Nico ·

Mossie jy het jou eie gat gegraaf. Ek het reeds VF+ gestem omrede jou afkraak van wit mense asook die hemel hoë munisipale tariewe. Jy beveg kamtig die ANC in die parlement i.v.m korupsie maar intussen sit jy met korupte behuising en so ook met jou Fortuner. Jy en jou trawante het Zille uitgewerk sodat jy kan skep maar so die party afgebreek. Jy het Zille gekasty oor die koloniale twiets en so jou kader beinvloed om haar te verneder maar as jy jou geskiedenis geken het sou jy geweet het sy is reg. So ou mossie oor jou sal ek nie huil nie want jou demokrasie is kraak af die blankes en verhewe jou eie mense, maar ek wonder wat dink jou vrou nou want so het jy haar ook afgekraak. Goodbye ou Mossie. Ek dink ook nie baie gaan huil oor ou Trollop nie want hy was net so verdelend soos jy.

Anoniem ·

Hou regtig baie van Mmusi! Jammer dat hy bedank het, was miskien te jonk en onervare vir die posisie

Sdl ·

Die foto van podium lyk soos asblik. Dit is waar hulle hoort.

Sdl ·

Met al die nagevolge….
WONDERWERK!
Hoop DA gaan ten gronde.

Sue ·

Hartseer dag!!!! Helen Zille hoop jy en jou wit faksie is nou tevrede. DA nie meer tuiste vir alle Suid-Afrikaners nie. MM jy is wat my aanbetref, een van die weinige opregte leiers in hierdie land – ek is ‘n wit Suid-Afrikaner maar kan ook nie my kop in die sand druk en nie besef ons sal maar almal moet saamwerk om Suid-Afrika ‘n beter plek vir ons kinders en kleinkinders te maak nie.

Piet ·

Helen het seker op haar eerste dag vir Herman en Musi gesê hulle moet krimis by die werk wees.

Eddie ·

Voor die einde van die jaar is ou Moesie Mymoney terug by die ANC en word n Adjunk- minister – hou hierdie spasie.

Kolskoot ·

Laat Hy gaan waar hy wil dis nie hoe n party val nie dis hoe HY opstaan
Wat het Musi vir die DA beteken net mooi niks die DA het die skoonmaak proses nodig net die tyd sal leer

DMC de Koker ·

Ongelukkig is hulle waardes vrot; ongeag wie die leier is.

Ig ·

Die DA moes maar eerder met die pad en beleid wat hulle met Mmusi Maimane begin het, volgehou het om op die lang duur te groei met swart ondersteuners.
Dit is natuurlik dat hulle wit stemme sou verloor, want meeste witmense gaan tog nie op die lang duur teen hulle en hulle kinders se geleenthede en belange stem as die DA SEB en onteiening voorstaan nie.
Hulle sou dalk met ‘n eenvormige duidelike beleid, al is dit ‘n ‘ANC lite’ beleid groot sukses kon behaal en in koalisie met die ander redelike opposisie partye ‘n regering kon vorm in die toekoms.

Sarel ·

Demokratiese Aliansie…… aliansies werk maar so. Of ‘n six of ‘n nix. Een dag almal aanboord volgende dag geeneen aanboord. Elkeen met sy eie idees.

Dis alles in die naam

Raymond ·

Ek dink dit is n groot hartseer wat vandag gebeur het. Na als wat Musi gedoen het, teen die anc en eff baklei het, nie altyd gewen het nie, maar hard gewerk het vir die land, vir die metro’s ens. Om dit so te eindig? Regtog kan Helen nie eerder uit politiek bly nie, sy het meer skade gedoen toe sy uit was, wat gaan nou gebeur? Nou gaan die land reguit anc en eff toe, ek dink DA is nou ‘n dooie party????

Judge Dredd ·

Die ANC en EFF het klaar tweederde meerderheid. Nie die DA of enige ander politieke party kan hulle stop.

Wonder-net ·

Wonder of dit n finansiele skuif was van hom na n groter party? Of het hy hom gewip dat Zille nog so baie steun het? Net tyd sal leer

Tinus Coetzee ·

Ek het gedink dat so iets sou moes gebeur om die DA terug te bring na sy oorspronklike doelstellings. Maimane het homself gedegradeer deur ook op die soustrein te klim.
Dis net my beskeie opinie.

Adrian ·

Mmusi n jong petite juffrou het jou en jou party laat sink. Onthou jy JUFFROU BARKHUIZEN nooit n verskoning nie maar nou 10 maande later n ondersoek , jy het klaar verloor moenie die Afrikaner onderskat nie

Buks ·

Mmusi was van die begin af ‘n puppet. Ja, hy kon baie dinge verander het, maar dan moet jy maar liewer uit die kombuis bly wanneer dinge te warm word.
Helen het die fout gemaak om kommentaar te lewer oor hierdie land se geskiedenis – nie ongegronde aantygings gemaak nie – en nou is sy ‘n rasis? Laat hy maar dan gaan, want hy was aan die voorpunt van die wat sy gesê het, uit verband geruk het.
Sy kon meer taktvol gewees het met hoe sy terug geveg het, maar Mmusi se skrif was al klaar teen die muur na die vrae oor waar sy geld vandaan kom.
Hy wat agter die deur staan…
Wake up people! Tydsberekening en oëverblidery is alles! Daar is te veel wetgewing wat nou deurgedruk gaan word, en elke wit Suid Afrikaner gaan kaal uittrek! Jou eiendom, besigheid, jou werk – alles wegvat!
Moenie huil omdat jy na Februarie maand nie meer blankes mag aanstel/vervang nie! Jy moet met swart vervang! HALLLLOOOOO!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.