Maimane bepleit einde aan geweld teen vroue

DA-leier Mmusi Maimane. Foto: DA/Twitter

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê vroue word steeds die ergste deur armoede, geweld en misbruik geraak.

Die DA het gevolglik sy viering van Vrouedag reg oor die land gewy aan die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en die verbetering van polisiëring om gewelddadige misdade teenoor vroue af te weer, het die partyleier gesê.

Maimane het gevra dat ʼn ekonomiese model geskep word om meer werksgeleenthede vir vroue tot stand te bring. Volgens hom behoort die nodige stappe ook gedoen te word om te verseker dat vroue dieselfde vergoeding as mans in gelyke poste kry.

“Laat ons ʼn samelewing bou waarin vroue veilig, welvarend en leiers in ons samelewing is,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Eddy ·

Als is so n klug: Cyril sê wat moet gedoen word vir vroue.Musi sê wat moet gedoen word vir vroue,Maar môre gaan vrouemishandeling maar net voort.

John ·

… en die politici misbruik hulle ook. Sit vroue ook in rye op randstene? Nou wil hulle nog meer mans verneder sien en kinders op straat wat mekaar rondjaag met rollies of vermoor en meer, onder beddens of in vlak grafte. Tot ons hoofregter en prez dink dis ‘n oulike idee dat vroue uitjol selfs die regsbank oorweldig terwyl hul kinders… Who cares?

Gert van Wierdapark ·

Wanneer kry die manne ‘n Mannedag??? Kom DA, hier is jul kans om te WYS jul gee (ook) om vir ons!!!

Pieter ·

Stem gert geen verskil tussen DA of die ANC nie maar nou weet ek vir wie om te stem met volgende verkiesing

Chris ·

Om nie onderhoud te betaal nie of om nie jou regmatige deel te betaal nie en/of nie gereeld op datum te betaal nie is, ‘n vorm van vroue en kinder mishandeling, teitering en onreg. Die versuim moet geensins geduld word nie.

Koos ·

Om mans toegang tot hulle kinders te weier tensy hulle betaal en om hulle te melk vir elke sent wat hulle nie eers kan bekostig nie, is ‘n vorm van mansmishandeling en moet geensins geduld word nie

Jan ·

Swartmag saluut op vroue dag . Wys waar sy politieke doelwitte le

Pieter ·

Stem jan maar ons blankes is soos n klomp donkies ons bly ons koppe stamp maar ons leer nie

Frank ·

Praat praat praat, maar wat word werklik bereik? Die simptome moet sal aangespreek word. Daar word nie vir die regstelsel geskrik nie. Dit lyk nie of daar tweekeer gedink word oor wat die gevolge van die daad is nie. As die staat of enige politieke party ‘n verskil wil help maak moet daar gekyk word na’ n regstelsel wat daartoe kan bydra. Ons sal moet ernstig besin of lyfstraf en die doodstraf nie die enigste oplossing is nie.

Andre ·

Waarom net een keer n jaar vrouedag, kan elke dag nie maar een wees nie. Die grootste klomp twak wat aan die publiek opgedis word.

Nita ·

Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Al die honderde duisende werklose mans is n gevaar vir die samelewing. Eintlik moet vrouens tuisbly en na hul kinders omsien. Die regering moet kibboetse stig waar die mans kan werk. Ploeg en plant en oes met die hand. So kan hulle ook geld verdien om huis toe te stuur.

Francous van Dalen ·

Dis tyd dat BBBEEE afgeskaf wird as hulle die ekonomie wil laat werk jy kan nie groeie kry as jy die helfte van ekonomie onderdruk skaf sommer regstellende aksie af

Wynand ·

Dit is hoekom die wereld lyk soos hy lyk. Demonifikasie. Regstellende aksie, geslags gelykheid, mense regte. Maar nerens erkening aan wat reg is nie.

Wynand ·

Kyk na die toestand van die lisisie kantoor in Akasie. Die skelms loop oop en bloot. Omkoop geld wprd binne die kantore gehef en as jy kla is jy verkeerd. Enige mens wat die DA ondersteun is bitter kortsigtig. Hulle is bloot n’ werk verskaffing buro soos die ANC

Adam ·

Maimane, net soos vele ander poltici is totaal verward. Geweld teen vroue sal nie uitgeroei word solank poltici ‘n boodskap van aggressie verkondig nie. Net so is daar nie iets soos volkome gelykheid nie en werkskepping vir vroue sal ook nie gewelddadige optrede teen vroue effektief aanspreek nie. Kry eerder die verrotte morele weefsel van die gemeenskap om gesond te word, oa deur die herstel van respek vir ander mense, ongeag of hulle manlik of vroulik is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.