Mmusi Maimane, leier van die DA, het Vrydag gesê vroue word steeds die ergste deur armoede, geweld en misbruik geraak.
Die DA het gevolglik sy viering van Vrouedag reg oor die land gewy aan die stryd teen geslagsgebaseerde geweld en die verbetering van polisiëring om gewelddadige misdade teenoor vroue af te weer, het die partyleier gesê.
Maimane het gevra dat ʼn ekonomiese model geskep word om meer werksgeleenthede vir vroue tot stand te bring. Volgens hom behoort die nodige stappe ook gedoen te word om te verseker dat vroue dieselfde vergoeding as mans in gelyke poste kry.
“Laat ons ʼn samelewing bou waarin vroue veilig, welvarend en leiers in ons samelewing is,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
19 Kommentare
Als is so n klug: Cyril sê wat moet gedoen word vir vroue.Musi sê wat moet gedoen word vir vroue,Maar môre gaan vrouemishandeling maar net voort.
… en die politici misbruik hulle ook. Sit vroue ook in rye op randstene? Nou wil hulle nog meer mans verneder sien en kinders op straat wat mekaar rondjaag met rollies of vermoor en meer, onder beddens of in vlak grafte. Tot ons hoofregter en prez dink dis ‘n oulike idee dat vroue uitjol selfs die regsbank oorweldig terwyl hul kinders… Who cares?
Wanneer kry die manne ‘n Mannedag??? Kom DA, hier is jul kans om te WYS jul gee (ook) om vir ons!!!
Om nie onderhoud te betaal nie of om nie jou regmatige deel te betaal nie en/of nie gereeld op datum te betaal nie is, ‘n vorm van vroue en kinder mishandeling, teitering en onreg. Die versuim moet geensins geduld word nie.
Swartmag saluut op vroue dag . Wys waar sy politieke doelwitte le