Maimane by Werkersdagvieringe in Kaapstad

DA-Werkersdagvieringe in Kaapstad (Foto: DA, Twitter)

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, sal Maandagoggend ʼn toespraak lewer by sy party se Werkersdagvieringe by die Blue Downs-stadion in Kaapstad.

“Suid-Afrika vier vanjaar die 23ste herdenking van Werkersdag, ʼn dag waar ons die lang stryd, om ʼn kultuur van mense- en werkersregte te vestig en om regverdige indiensnemingstandaarde in te stel wat nou deur artikel 23 van ons Grondwet beskerm word, vier,” het die DA in ʼn verklaring gesê.

“Ons vier en eer ook die miljoene werkende Suid-Afrikaners wat daagliks help om hierdie land te bou – die ruggraat van ons ekonomie. Werkers wat dienste verskaf, ons kinders opvoed, infrastruktuur bou, produkte vervaardig, en na ons omsien in hospitale. Sonder hulle, kan ons land nie vorentoe beweeg nie.”

Bonginkosi Madikizela, waarnemende provinsiale leier van die DA, sal by Maimane aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pop ·

Dankie DA. Niemand se ooit dankie vir al die werkendes wat nog bloedgeld aan belasting ook moet opdok en miljoene help onderhou.

John ·

As die DA vir waarheid en geregtigheid veg, moet hy nie kieskeurig met die waarheid omgaan nie. Zille moet bv net sekere waarhede aanbied en Mmusi is glo ‘n Christen. Om ‘n party op gerieflike waarhede te bou is soos om ‘n mooi huis op sand te bou. Die DA sal die dag wanneer die Afrikaner in nood verkeer tjoepstil wees want hy werk aan die volgende verkiesing, bla bla…

Ada ·

Nee wat hou verby. Nadat hulle nie hulle monde kon oopmaak oor plaasmoorde nie weet ek hulle voel n veer vir ons
Gebruik ons net.Ook oor Zille waarteen hulle gekant is .Neewat my twee oge het wawyd oopgegaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.