Maimane is DA se nuwe parlementêre leier

Mmusi Maimane. Foto: Twitter

Mmusi Maimane. Foto: Twitter

Mmusi Maimane is onbestrede tot die DA se parlementêre leier verkies, het die party Maandag aangekondig.

Maimane sal by Lindiwe Maizibuko oorneem. Sy het kort na die verkiesing aangekondig dat sy oorsee gaan studeer. Maimane is as parlementslid ingehuldig nadat die DA nie Gauteng, waar Maimane premierskandidaat was, kon wen nie.

James Selfe, die DA se federale voorsitter, sê Anchen Dreyer is onbestrede tot voorsitter van die party se parlementêre koukus verkies terwyl Richard Majola ook onbestrede tot adjunkvoorsitter verkies is. Elsa van Lingen is die enigste persoon wat genomineer is vir die party se leier van die nasionale raad vir provinsies.

Sandy Kaylan en Michael Waters is intussen genomineer vir die posisie van adjunk-hoofsweep. Die verkiesing van die adjunk-hoofsweep en die swepe in die nasionale vergadering sal Donderdag plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.