Maimane: ‘Die ANC bestaan nie meer nie’

Mmusi Maimane. Foto: DA

Mmusi Maimane. Foto: DA

Vir alle praktiese doeleindes bestaan die ANC nie meer nie, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Saterdag by die Wesleyan-kerk in Waaihoek, Bloemfontein, “waar die ANC van ouds gebore is”, gesê.

Maimane het gesê die DA het by die historiese kerk bymekaargekom om vaarwel te sê aan ʼn organisasie wat die verloop van Suid-Afrika se geskiedenis verander het.

Volgens Maimane was die ANC vir talle die gesig van die versetbeweging teen apartheid en is dit gereflekteer in die oorweldigende steun wat hulle in 1994 in die land se eerste demokratiese verkiesing behaal het.

“Agter die logo, kleure en slagspreuke is daar geen ooreenkoms tussen die ANC van 2016 en die beweging wat so ʼn belangrike rol gespeel het in die bevryding van swart mense van die onwettige en wrede apartheidsregering nie,” het Maimane gesê.

Volgens Maimane is dit vir enige organisasie ʼn merkwaardige prestasie om vir langer as ʼn eeu te oorleef. “Onder pres. Jacob Zuma se selfdienende leierskap en met die samewerking van ʼn party wie se senior figure ʼn onblusbare liefde vir rykdom en mag verkry het,  het dit net ʼn paar jaar geneem om ʼn eeu se moeite en opoffering te vernietig.”

Maimane het gesê dit wat met die ANC gebeur het, is egter niks nuut nie. “Ons het al gesien hoe dieselfde patroon herhaal word met bevrydingsbewegings wat nie daarin kon slaag om die oorgang na ʼn regerende party te maak nie.”

Volgens Maimane is die ANC van ouds dood. Die nuwe een is iets heeltemal anders. Dit is Suid-Afrika se verlies. Die DA is steeds die enigste party wat die Grondwet kan bevorder en verandering vir die mense van Suid-Afrika kan bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Sarie ·

Die ANC was van die begin af ‘n broad church met een gemeenskaplike vyand Apartheid. Nou dat die vyand verwyder is, probeer hulle dit kunsmatig aan die gang hou. Ongelukkig speel die DA ook die ras kaart i.p.v hulle uitspel hoe hulle prakties die land gaan verbeter.

Cherokee ·

En Maimane weet dat vele wittes wat probeer voorgee dat hulle konserwatief is, stem vir hom wat sy bes probeer om die nuwe ANC te wees.

KP ·

Ek het nuus vir Maimane, die ANC gaan alle volgende verkiesings wen, al is dit met grootskaalse bedrog. Hulle gaan nie maklik hierdie land op n regverdige manier afstaan nie.

Cherokee ·

Ek het nuus vir jòu… as die ANC nie gaan wen nie sal dit nie hul onderduimse vennoot die DA wees wat wen nie maar ‘n nog meer onderduimse spul.

elize naude ·

apartheid is blykbaar deel van suid afrikaanse kultuur… maak nie saak aan watter kant van die kleurgrens nie…

Rynhardt ·

Maimane oftewel die “groot messias”is reg dat die Anc nie meer bestaan nie, maar hy bestaan wel in die vorm van die DA! Vanaand (16April) op SABC2 en ETv nuus skiet die groot messias honself liederlik in die voet! Hy se:”Die ekonomie moet meer toeganklik gemaak word vir die massas, want dit is nog steeds gebou op n apartheidstruktuur!” Dit is n leuen, want vir 22jaar het Anc die Vryheidsmanifes geimplementeer wat die ekonomie laat staan ond er 1% terwyl regstellende aksie vir 22jaar lank duur teen blankes. In 2013 het Zille (ook genoem “coach” Zille, want sy rig Maimane agter die skerms af en glo hy gaan president word) erken dat sy die Vryheidsmanifes ondersteun asook regstellende aksie teen blankes.Op 11Mei2015 erken die “groot messias” aan die nedia dat hul gebruik die Vryheidsmanifes as fondament vir DA! As jy nie kan sien waarvoor DA staan nie, en jy kan ook nie sien dat die politieke stelsel gebou op leuens en bedrog is nie, dan gaan Sannie, Jannie en Kosie maklik n kruisie trek.”Coach” Zille se afrigting vir die “groot messias” is uiters swak! Anc leef beslis voort in DA!

Christo ·

Die Afrikaners is n verleenheid vir die DA
hulle het net die goedgelowige Afrikaners net gebruik om op die map te kom maar besef date slegs Swart meerderheid stemme hulle jobbies sal kan waarborg
. Die black Sash en Kopdoek Croukamp voel vir die Afrikaners n veer !

John ·

Me Helen Zille stam uit die Black Sash-brigade wat in die verlede gereeld optogte gehou het teen die Nasionale Party-regering. Die VP en die Progressiewe Party is familie en nasate. Dis eintlik lagwekkend dat me Zille na al die stryd en lyding vir swart oorname weer optogte gehou het teen hul breinkind, die ANC. Die DA is net skreeubekke en niksdoeners. Die party het nog net ‘n paar wit Engelse en Joodse ooms oor wat die vuilwerk in die parlement moet help doen, teen betaling natuurlik, vir ‘n grootse geblaas teen die ongure klankie uit Nkandla se rigting. Dis hoekom president Zuma aangaan soos altyd. Die ewige geskarrel om die Mandela-‘mantel’ om die skouers te kry om stemme te werf, het die DA-dominee-leier ook beetgepak. Almal weet dis ‘n illusie maar almal doen so voort. Eintlik is ons politiek soos orals elders, ‘n patetiese spul twak. Vandaar dat ons so graag die #reenboognasie heet, want die pot goud en die kleureboog is nimmer bereikbaar net soos die eindpunt van apartheid of rassisme.

Ed ·

As n mens so teen die DA is dan stem jy eintlik ANC . Dis logies dat n mens stem vir die sterkste teenparty al stem jy nie met alles saam nie. Wees tog nie so kortsigtig nie en stem DA

Rens Roodt ·

Het nie tyd vir verraaiers nie – jou hart is reg of verkeerd – al is ek in die minderheid sal ek nie my Vader se Woord verontagsaam nie – dit leer ons om nie te meng nie of om nie om een tafel met hulle te sit en verbonde te sluit nie – Sy Woord weeg die swaarste en is die Waarheid – daarom stem ek vir die party wat selfbeskikking van ons Blanke Boerevolk nastreef en waar Vader weer eerste in ons land en volk se harte en lippe sal wees

Erns ·

Ed, jou stelling is uiters misleidend en verwyder van enige waarheid. In koalisie politiek en ‘n proporsionele kiesstelsel werk dinge bietjie anders en is dit moontlik vir kleiner partye om verteenwoordiging te kry. Die DA beteken in elkgeval niks op die vlak nie omdat hulle nou ‘n nuwe ‘kieser’ het om gelukkig te hou. As jy vir die DA stem, dan stem jy vir regstellende aksie, swart ekonomiese bemagtiging, grondhervorming ensomeer. As jy bietjie gaan kyk waarmee die DA besig is, sal jy skrik. Maimane is reg, die ANC bestaan nie meer nie, die DA is besig om hulle plek in te neem.

net ekke ·

Outjies volgens my is ons beste kans tog die DA as jul dink om vir n swakker party te stem dan trek jul ons verder in die afgrond in want hul het nie eers n kans nie en vir die draadsitter kry vir julle want julle is die eerste outjie wat eerste moan

Erns ·

net ekke, jy is baie naief en jou aanname is nie waar nie. Sonder die kleiner partye sou die DA nie gewees het waar hulle is nie. Gaan doen jou huiswerk voor jy sommer net stellings maak.

Gideon ·

Maimanie is reg. Die ANC wat nou bestaan spartel.
Dit verbaas my egter dat daar nog steeds mense is wat die skade wat Apartheid aangerig het en die invloed wat Apartheid nog steeds op die ekonomie, politiek, finsnsies en selfs basiese aspekte soos dorpsbeplanning en ekonomiese geleenthede het.
Ek twyfel of daardie aspekte is as gevolg van ‘n onwil van die blanke publiek. Dit is eerder as gevolg van ‘n onvermoë van die ANC om die ekonomiese groei wat ons op ‘n stadium beleef het om te sit in ‘n intelligente transformasie van die land in ‘n suksesverhaal waarin almal kan deel.
Die feit bly dat die transformssie nie plaasgevind het nie. Nie as gevolg van Apartheid nie, maar as gevolg van die onvermoë van die ANC.
Nou sit ons by ‘n plek waar jy moet vra “wat nou?”.
Mede Afrikaners doen liewers die moeite om die DA se beleid te bestudeer eerder as om bangmaakstories te glo. Die DA se beleid het nie verander nie, en die DA het géén anti-blanke of anti-Afrikaner beleid nie. Om te stel dat slmal gelyk moet wees en dat die wat agtergebly het is nie die tipe van “jy moet een vernietig om die ander te help” filosofie wat die ANC toepas nie.

Nie rassistiese Afrikaner, jy kan maar weer huistoe kom.

Erns ·

Nou vra ek jou, wat is regverdig in regstellende aksie, BEE, ensomeer? Die DA gebruik jou net vir sy eie gewin en op die ou einde van die dag het die Afrikaner glad nie meer verteenwoordiging nie en kan jy jou taal, kultuur en waardes vaarwel roep.

Gideon ·

Erns, dit is waarom ek voorstel dat mense eerder die DA se beleidskrigte gaan lees, voor jy afleidings maak. Al verwysingsraamwerk wat mense het vir “regstelling”, is soos die ANC dit toepas. Die DA se beleid het absoluut niks te make met arbitrêre raskwotas nie.
Dit is lank verby die tyd om raspolitiek te speel in Suid-Afrika. Daar is reeds burgerlike organisasies wat minderheidsregte bevorder en dit met groot sukses doen. Ek is gemaklik daarmee om deel te wees van sulke burgerlike organisasies wat werk daaraan om my kultuur te bevorder én deel te wees van ‘n politieke organisadie wat vir álmal se regte ingesluit my regte baklei op ‘n politieke vlak.

Erns ·

Gideon, ek stem saam met die punt dat mense liefs die stand van die DA op die kwessies self moet gaan lees. Ongelukkig word ras nou deur die DA ook op die voorgrond geplaas, omdat hulle re-organisasie baie witmense in die pad steek om plek te maak, sodat hulle hulle ‘geteikende kiesers’ kan tevrede stel. Wil jy my se dat burgerlike organisasies genoeg is om die Afrikaner te verteenwoordig op regeringsvlak? Ek verstaan jou punt, maar ek is bevrees dat die Afrikaner sy identiteit heeltemal kan verloor en vir een of ander rede vertrou ek nie meer die DA nie. My punt is egter net dat kiesers NIE hulle stemme weggooi deur vir kleiner partye te stem as hulle nie saam met die ideologie van ‘n ‘groot party’ stem nie.

Gideon ·

Erns, ek het geen probleem as mense vir kleiner partye stem nie. Ek het wel ‘n probleem as mense feite misrepresenteer om lede te werf vir kleiner partye.
Die DA stel nie ras voorop nie. Rassisme is wél vooropgestel omdat dit ‘n saak is wat wel aangespreek moes word.
Die DA het geen nie herorganisasie gedoen nie. Voor elke verkiesing is daar ‘n keuringsproses waardeur kandidate gaan. Die beginsel bly “geskik vir doel”. Ras speel geen rol hierin nie behalwe dat dit sin mask om ‘n swart kandidaat of wit kandidat of kleurlingkandidaat te plaas in ‘n swart of wit of kleurling voorstad. Die enigste manier wat ras ‘n rol speel in die DA is dat die organisasie verwag dat mense wel respekvol moet wees vir mense se ras ongeag wat dit is.
Afrikaans sal nooit verdwyn onder die DA nie. Gaan lees die DA se taalbeleid. Dit was ook duidelik uitgedruk deur die DA oor die Stellenbosh debakel. Die DA is vir die behoud van Afrikaans. Onomwonde en sonder verskoning.

Erns ·

Is dit misrepresentasie om te se dat die DA regstellende aksie steun, al probeer hulle dit inkleur met mooi woorde? Is dit ‘n misrepresentasie om te se dat die DA BEE steun (weereens probleer hulle dit inkleur met allerhande mooi woorde). Die DA sit in die posisie dat hulle baie mense moet gelukkig hou en al manier vir hulle om te groei, is om die massa kieser te trek. Dus kom dieselfde ANC retoriek na vore in propaganda soos ‘past injustice’ ensomeer. Hulle grondhervorming beleid meld ook ‘vrywillige koper en verkoper’ en dan las hulle by dat hulle onteiening sal minimaliseer en slegs gebruik as laaste uitweg (bl 23 DA Land Reform). Om te se ‘minimaliseer’ en ‘laaste uitweg’ is ongelukkig baie relatief en vertrou ek dit nie. Wat betref ‘organisasie’ kan ek slegs noem dat ek deeglik bewus is van wat aangaan op plaaslike vlak, maar die toekoms sal binnkort duidelik lig daarop plaas. Kom ons hou die spasie dop. Ek dink daar gaan redelike veranderinge binne die DA plaasvind en sal ek sien watter beleide op die wa sal bly en watter sal afval.

Gideon ·

Jy het dus nie die beleid oor regstellende aksie gelees nie aangesien jy dit wel misrepresenteer.
Wel die grondbeleid. So kom ek vra – is Die DA vir onsinnige rn sumiere grondonteiening soos wat mense (veral uit ‘n sekere klein party) si graag beweer?

Erns ·

Vertel my hoe misrepresenteer ek dit? Dit is amper soos die ‘fronting’ wet. Geen mens kan die wet logies interpreteer nie, aangesien dit nie spesifieke riglyne het nie. Dit wat ek geskryf het i.t.v grondbeleid kom net so uit hulle beleid uit, so hoe kan ek dit misrepresenteer? Ek het geensins gestel dat die DA wel sumiere onteiening voorstaan nie, maar dat onteieining wel oorweeg sal word indien nodig. Gaan kyk maar self na hulle beleid en ek nooi lesers uit om ook te gaan kyk. My vraag aan jou is: Hoe lank gaan die DA hulle ‘balancing act’ kan uitvoer voor die skaal of die een kant toe, of die anderkant toe gaan draai? Ek besef al te goed dat die ANC uit hulle stoel gelig moet word, maar ek glo steeds dat ‘n politieke party vir die minderheid belangrik is en dat jou argument oor misrepresentasie geensins gewig dra nie. Punt is, die DA gaan nie staan vir minderheidsregte nie, al se hulle wat. Hoekom moet die Afrikaner nogsteeds boet na 22 jaar? Maar, moenie kommer nie, die toekoms sal ons wyser maak.

christine ·

Hoop nou nie hyt hulle atent gemaak op die vullis op straat nie Bloemfontein is een vet gemors die paaie is vol gate die vuil is oral sigbaar hoe ons die plek weer gaan skoonmaak weet ek wragtig nie Brandwag is n gemors en vrek gevaarlik. Fustenburgstr se naam moet verander na Foreverstr want die mislikepaliteit werk al sewejaar aan die pad. Haldonweg is n gemors so bly die naam is ook toepaslik verander. Strate met nuwe naamborde word verkeerd gespel. Rommel en hoenderbene le rond. So hartseer woonstelle met gebreekte ruite wasgoed wat uitwaai. onmanierlike mense raas in strate nee wat. Dis n hool Tjaat van der Walt sal net sy storie moet ken.

Clipper ·

Ja MM, se dit soveel keer as wat jy wil, maar jy het die DA ook dood gemaak vir baie van ons. Jou rassistiese houding en rigting laat ons wonder of die DA van ouds nie ook langs dieselfde pad as die anc gesneuwel het nie. Begin werk daaraan om al die land se mense te verenig en nie net die wat van jou ras is nie, dan sal die DA weer opstaan en magtig word. Op die huidige trant sal hy egter net die afgrond paadjie loop

Johannes Meintjes ·

Die SA landsburgers sal die DA vorentoe verantwoordelik hou vir die groote beloftes.

Gideon ·

Soos verwag word deur die DA. Dit is hoe demokrasie werk. Hulle sê self dat as hulle na vyf jaar in regering nie bereik het wat hulle sê nie verwag hulle dat die kiesers hulle moet uitstem. Hulle maak ook nie leë beloftes nie. Gaan kyk in die Wes Kaap en Meyerton.

Rosa ·

As julle Siener van Rensburg se boek lees is dit interresant om te lees wat hy gesê het oor ‘n ander regering in die Wes Kasp asook die Duitsers se ondersteuning aan met die Afrikaner volk. Hy noem ook ‘n blou vlag in die Kaap, hy het gedink dit is dalk die Duitsers se vlag. Hy het ook genoem dat die Duitsers en Afrikaners saam gaan saam veg vanaf die Kaap. Ek dink die blou vlag mag dalk die DA vlag wees. Dit is maar net my opinie. As daar iemand is wat hulle mee moet saam iets organiseer dan kan dit dak net die DA wees.

net ekke ·

Erns presies wat ek sê met mense soos jy kan ons maar als vir hulle gee jy is die tipe van geval hkm dinge is soos wat dit is gaan lees die rapport koerant van vandag en lees as jy kan lees wat is Julius se boodskap aan wittes of is jy nie wit nie

Erns ·

net ekke, dink jy die DA is ‘n oplossing vir EFF? Hulle sal bereid wees om met koalisie saam te werk. Nou hoe kom jy daaraan dat ek die tipe is wat als vir hulle sal gee? Al wat ek se is dat deur vir ‘n kleiner party te stem gooi jy nie jou stem weg nie a.g.v koalisie politiek en proporsionele stelsel. Verstaan jy dit darem? Die DA staan vir regstellende aksie, BEE ens. Dink jy as hulle die massa stem begin trek, soos hulle nou begin doen, hulle nogesteeds vir jou belange gaan staan?

Veritas ·

Vir Suid-Afrika as land, sal die DA dalk ‘n beter opsie wees as die ANC. Enige Afrikaner, wat glo dat die DA die belange van die Afrikaner op die hart dra, lewe in ‘n droomwêreld. Die Afrikanerstem is vir hulle net ‘n middel tot ‘n doel. Verder beteken dit absoluut niks vir hulle nie. Noem een geval waar die DA opgestaan het vir die Afrikaner. Dit is presies dieselfde party as wat die ou Progge was. Die spul is so anti-Afrikaner as wat jy kan kry.

Cherokee ·

Nee Rosa, opregte Suid Afrikaners sal nie meng met semels soos die DA nie.

Rosa ·

In die boek vertel hy ook van die Afrikaners wat verdeeld gaan wees, maar sal weer saam kom en SA opbou tot ‘n suksesvolle land. Ek hoop regtig dat ek sal leef om dit te beskou. Ek het vyf kleinkinders wat in die land moet groot word met al die haat.

John ·

Maimane is beslis nie ons redder in die bruin pakklere nie. Hy skreeu ook heeltemal te veel.. Om hom eers in te stem as president van die land om dan weer ‘n ander party te stig om die DA met sy ANC-grondslag te wil teenstaan, klink vir my redelik onnosel. Die DA raak daagliks beserk oor Zuma se doen en late, maar daar is soveel wat hulle nalaat om aan te spreek soos die stryd van die Afrikaanssprekendes by universiteite. Het iemand al vir Maimane gevra wat sy standpunt is? Hulle praat bv ook nie teen aborsies nie en rep nie ‘n woord oor die talle skooldogters wat swanger raak nie. Etiek word net deur Maimane, die dominee, op Sondae verlangs vermeld. Stemme werf is no 1. Hy is te lig in die broek. Ek besmeer nie my vinger met 4 jaar oue besoedelde, giftige pers ink vir so ‘n party nie.

Christo Pienaar ·

Word wakker Maimane! Die werklike vyand van hierdie land is die EFF. Weet jy van Malema se toespraak onlangs in Mamelodi nie?

Ai.... ·

Ja as Jy jouself wil blind hou sal Jy nie sien nie..
Da voel vere vir die Afrikaner,maar mooi man dit sal n wrede ontnugtering vir baie blankes wees veral die eintlik Engels sprekende liberale blankes,hul party is gekaap en hul gryp na gras halms al so sonder n party met wie hul hulself kan identifiseer…
Dis omdat mense hulself so blind hou vir die feite dat die Afrikaner en blanke liberale so verdeeld staan en nerens sal kom nie… Gaan doen jou huiswerk en kyk wie regtig vir jou as blanke party vir jou as Afrikaner en jou kultuur opstaan….om net Da te stem gooi Jy jou die bestaansreg in Afrika as blanke weg..

Chris ·

As ek so die mense se kommentare lees dan verstaan ek hoekom SA nooit n opisisie party sal hê wat die regerende party sal laat knak nie. Hulle baklei en verneder die wat wel n verskil wil maak en prys prys hulle eie stert en in tussen lag die vyand vir hulle.

Tinktinkie ·

Chris vat jy d woorde uit my mond!!! Wonder wat gaan die lot stem wat so teen d DA is? NP en HNP bestaan nie meer nie ouens!!

Ben Prinsloo ·

Jammer om baie mense teleur te stel. My leuse is geen verbond met die hond. Wie die hond is moet u maar vir uself uitmaak. Volgens my is die woord apartheid n woord wat heeltemal uit verband geruk word. Ai toggie, apartheid tussen Italië, Frankryk, Duitsland, Noord Korea, Suid Korea hoe vêr moet ek aangaan? Apartheid in my huis, my vrou in haar badkamer en ek in myne. Apartheid met ons voertuie, sy het hare en ek het myne. Hoe vêr moet ek nog gaan. Hierdie selfde genoemde lande is dan nog rassiste ook. Die Afrikaner van vandag sit waar sit omdat hy dit oor homself gebring het en die ongelukkige ding is dit gaan met die Afrikaner nog slegter gaan totdat hy terugkeer na sy waardes soos dit hoort en ophou om homself te verraai met hierdie afgode en gemors waarmee hy homself wysmaak dit is die regte ding. Net so terloops, ek behoort aan geen politieke party nie en ek stem ook nie.

John ·

As mense net vir die DA stem omdat dit die sterkte opposisie-party is, kan hul net sowel vir die EFF stem. Hoekom nie? Dis hoekom die VF+ ‘n ‘two man band’ bly. Waarom nie daarop aandring dat laasgenoemde opdateer nie. Die DA het net een ‘white queen’ en na stemdag sit daar feitlik geen, indien enige, Afrikaner in die opposie-bank nie, want die DA is bang hy word van rassisme beskuldig, Wat gaan die DA vir die Afrikaners oor die volgende 4 jaar doen, buiten skree en skree. ‘n Pasgebore baba kan ok. Gaan daar aksie wees as plase beset word? Nee, want anders is Maimane rassisties. Gaan Maimane vir Afrikaans veg? Nee, want dan is hy rassisties. Stem mense stem. Die pers streep was moeilik af.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.