Maimane eis inligting oor Eskom-China-lening

Argieffoto: GCIS

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het gesê die besonderhede van ʼn R33 miljard se leningsooreenkoms tussen Eskom en die Chinese ontwikkelingsbank moet bekend gemaak word.

Maimane het Sondag gesê hy het pres. Cyril Ramaphosa op 24 Augustus skriftelik versoek om alle inligting oor die leningsooreenkoms van R33 miljard, wat onlangs met CDB aangegaan is, asook alle bepalings en voorwaardes, binne 14 dae in die nasionale vergadering bekend te maak. Die president het nog nie hieraan voldoen nie.

Hy sal gevolglik ʼn versoek rig aan Eskom kragtens die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia). Die verslag moet ook die rentekoers, terugbetalingsvoorwaardes, waarborge, totale bedrag betaalbaar, leningsbedrag, bedrag rente wat geëis word en jaarlikse persentasiekoers, asook die bepalings wat betref agterstallige terugbetaling insluit.

“Suid-Afrika se terugbetalingsaanspreeklikheid kan nie in die geheim gehou word nie. As die president so selfversekerd is oor hierdie lening as wat hy is oor die regering se ekonomiese stimuluspakket, behoort hy nie enige probleem te hê om die bepalings en voorwaardes van die Eskom-CDB-lening bekend te maak nie.”

Jabu Mabuza, voorsitter van Eskom, het verlede week tydens ʼn vergadering van die portefeulekomitee oor openbare ondernemings en energie onderneem om ʼn tabel lenings met finansiële besonderhede, rente en basiskoerse aan die komitee bekend te maak, sonder die name van die krediteurs. Dit is reeds in die openbaar bekend gemaak dat CDB die krediteur is vir Eskom se lening van R33 miljard, so die voorsitter behoort die PAIA-aansoek te verwelkom, het Maimane bygevoeg.

“ʼn Africa Confidential-verslag wat vandeesweek gepubliseer is, ‘Bonds, Bills and ever bigger debts’, wys dat die Zambiese staatselektrisiteitsmaatskappy Zesco reeds in gesprek is oor ʼn oorname van ʼn Chinese maatskappy. Die langtermyn uitslag kan beteken dat China eienaarskap neem van die land se ekonomie en moontlik lei tot die grootste verlies aan nasionale soewereiniteit sedert onafhanklikheidwording. China se skuld-lokval-diplomasie het reeds die Zambiese kragvoorsiener in ʼn lokval gelei en sal ongetwyfeld net so genadeloos optree as Suid-Afrika se kragvoorsiener agterstallig raak met terugbetalings van die lening van R33 miljard van die CDB.”

Maimane het gesê pres. Ramaphosa moet uit die ANC se era van geheimhouding tree en die bepalings van die lening bekend maak in die gees van deursigtigheid en aanspreeklikheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

willie ·

Ek glo CR gee nie ñ flenter om nie hy het al klaar genoeg geskep om op sy wildsplaas te gaan aftree terwyl grond om hom gaan onteien word terwyl hy sal SA in die grond in regeer! Môre oormore regeer China weens skuld wat geroof is!

Klein China ·

Ek was by Electra Mining se gronde by die randse skou ek het gedink ek was in China ons land klaar verkoop

Johan H. ·

China is die nuwe Guptas.Die politikuste dobbel met die burgers se lewens. Ons blooie al vreeslik, maar almal is net bly dis die ander ou!

Nel ·

Ja en hierdie keer is die ‘Zupta’ in die verhaal net meer gepoleerd en slimmer.

Kiewit ·

Wat ek will weet is hoe dit betaal gaan word? Die land is met geen skuld ‘oor gegee’ nou leen ons sonder dat ons eens weet waarvoor. Dan dink ek ook dat Klein China reg is..Wat is hulle hoeveelheid teen oor blanke Suid Afrikaners in die land?

Hannetjie ·

Kiewit ek stem saam met jou.Ons burgers het die reg om die regte inligting te kry van daardie lening.As ons weer onse oe uitvee..het hulle oorgeneem, sonder ‘n enkele skoot.Die Chinese reeds goed bo in Afrika ook ‘oorgeneem’.

Tobie Klarens ·

Google ” SA Debt clock” en kyk hoe SA se skuld toeneem teen R 5 000 per SEKONDE, oftewel, R 240 miljoen PER DAG. Hierdie R33 biljoen sal daardie metertjie beslis spoed laat optel.

Grysburger Pretoria ·

Mnr Maimane kan terselfdertyd vra hoekom Suid Afrika nie amptelik protes aanteken teen China se onderdrukking van die Uighur Moslems nie. Selfs die buitelandse hoofstroom media het al berig gelewer oor hoe hierdie Moslems in sg “heropvoedingskampe” aangehou word, gedwing word om varkvleis te eet en hul geloof af te sweer. Google gerus “Muslim China re education camps”. Geen berig hieroor in Suid Afrikaanse media nie. Suid Afrika kan blykbaar Israel kritiseer oor wat daardie land op hul grens doen maar nie ‘n woord rep oor hoe China menseregte vertrap nie. Ek hoop die Suid Afrikaanse Moslem gemeenskap neem kennis hiervan.

What a joke! ·

Wat n ramp! Elektrisiteit is duur nou wag en sien binnekort na fie ooreenkoms..Hul gaan die Suid Afrikaanse elektrisiteit verbruikers melk en dan doodbloei om die skuld te vereffen..slaag hul nie daarin om dit af te betaal nie ek meen wat is die munisipaliteite agterstallig regoor Suid Afrika en dit word net nie betaal nie! Vat n raai wie gaan Suid Afrika se elekrtisiteit oorneem…
Ai die anc lot het nie n clue wat om hul aangaan nie…kry maar solank kragopwekkers…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.