Maimane: ‘Gaddafi-miljoene danksy swak grense geskuif’

Mmusi Maimane, DA-leier. Foto: ANA

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag die ANC blameer vir Suid-Afrika se “poreuse grense” wat hy meen toegelaat het dat “Gaddafi se miljoene” onwettig die land ingebring en weer verskuif is.

“Ironies genoeg is dit juis ons poreuse, swak grense wat skynbaar die regerende elite en hul miljardêrvriende oor die hele wêreld bevoordeel. Hoe anders sou Jacob Zuma honderde miljoene rande van Gaddafi se geld in die eerste plek in Suid-Afrika ingebring het om dit by sy Nkandla-woning te versteek?” het Maimane gesê. “En hoe anders sou hy dit reggekry het om so ʼn groot bedrag geld oor die grens na eSwatini te kry?”

Hy het dié uitsprake gemaak by ʼn openbare vergadering in Nkomazi, Mpumalanga. Sy uitsprake het verwys na onlangse mediaberigte wat Zuma intussen ontken het.

ʼn Naweekkoerant het onlangs berig Zuma is in besit van $30 miljoen (ongeveer R418 miljoen) wat behoort aan wyle Libiese diktator Moeammar Gaddafi. Volgens die berig het Gaddafi dié geld aan Zuma gegee om te bewaar voordat die Libiese leier in 2011 gevang en doodgemaak is. Zuma was destyds president van Suid-Afrika.

Die koerant het beweer Zuma het die geld by sy private Nkandla-woning versteek voordat hy dit na Swaziland verskuif het.

Maimane het vanoggend gesê hoewel grensposte daar is om Suid-Afrikaners en hul belange te beskerm, is dit nie die geval nie. Volgens die DA-leier is hierdie grensposte nie ʼn hindernis vir onwettige dwelmhandel en immigrasie nie, maar eerder swak en weerlose teikens wat uitgebuit word ten koste van Suid-Afrikaners.

“Met te min personeel, te min toerusting en swak instandhouding is ons grense en grensposte sagte teikens vir dié wat ons land onwettig wil binnekom, of onwettige bedrywighede aan weerskante van die grens wil uitvoer. En dit is meestal arm Suid-Afrikaners, nie die ryk en magtiges in die regering nie, wat die ergste hierdeur geraak word,” het Maimane gesê.

“Dit is die arm Suid-Afrikaners wat geteiken word deur oorgrensdwelmhandel. Dit is arm Suid-Afrikaners wat die slagoffers word van mensehandelsindikate. Dit is arm Suid-Afrikaners wat toenemende kompetisie moet trotseer vir gesondheidsorg, onderwys en behuisingshulpbronne. En dit is arm Suid-Afrikaners wie se lewe die meeste geraak word deur die verlies aan noodsaaklike belastinginkomste deur onwettige handel en smokkelary.”

Maimane het gesê wanneer die DA aandring op veiliger grense en strenger dokumentasie vir mense wat die land binnekom, doen hy dit omdat hy in belang van arm Suid-Afrikaners optree.

Hy het bygevoeg geen land in die wêreld kan bloot oë toemaak vir wie deur sy grense kom en gaan nie. “Tog het ons regering toegelaat dat die situasie hier so agteruitgaan dat sommige gedeeltes van ons landsgrense ʼn gratis deurstaproete vir almal is,” het hy gesê.

“Die feit is, die ANC-regering gee nie om wat met gewone Suid-Afrikaners gebeur wanneer hy sy pligte versaak nie. Hy gee net om oor homself. Die ANC-regering het nie die plan of die wil om ons grensdrade te herstel, ons grensposte te verstewig of binnelandse sake reg te ruk nie.”

Maimane het ʼn uitgebreide plan voorgelê van hoe die DA voorstel die probleem aangepak moet word, waaronder ʼn behoorlike oudit van ongedokumenteerde buitelanders wat reeds in die land is, hersiening van die getal en grootte van grensposte, groter polisiesteun by grensposte en al langs die landsgrense, asook die vermeerdering van die weermagmaatskappye wat veronderstel is om die grense te bewaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Andreas ·

Ons veiligheidsdienste en wetstoepassers is net so ‘poreus’.

Gemaskerde Sopbeen ·

En hoeveel geld en goud is uit op ‘n vliegtuig wat op Waterkloof Lugmagbasis land om kamtig “bruilof gaste” af te laai…….en weer vertrek sonder enige doeane beampte in sig?

JHERUS ·

Hier word ‘n nuwe braaivleis vuur aangesteek. Die reuk wat ek kry ruik so baie na ‘n Trump Steak wat Maimane besig is om te braai. Gaan dit werk?

Francois Joubert ·

Dit was Nelson Mandela se ‘lagacy’ dat Suid Afrika die ‘safe haven’ van Afrika sal wees. Maimane skrik bietjie laat wakker, maar dan weer daar is ‘n verkiesing om die draai en as ek moet se kort hulle baie stemme ‘to get par’ want myne is nie meer daar.

Steven de Lange ·

Mmusi Maimane jy sal jou gai in rat moet kry, en jou bepaal by die paar wat vir jou gaan stem, want soos jy nou aangaan is jy erger as die swakstes van die anc. Hoe langer hierdie verkiesings debatte en debakels aangaan hoe meer oortuig is ek daarvan om nie meer vir jou te stem nie

Big Brother ·

Gadaffi-miljoene is nie die probleem nie! Wat van die miljarde wat deur die Guptas oor die grense gevat is, weg?

? leser ·

wat help ‘n grens”draad” in elk geval, trap dit plat, knip dit, maak net wat jy wil en jy is aan die anderkant, aaa en – cheeee het alles deurgetrek en niks gaan dit regmaak nie, NIKS, nie eenrs trump en sy kamstige grensmuur, draad, wat jy dit ook al wil noem

Emma ·

Zuma is die laaste man vir wie ek my geld sou gee om te bewaar hy het dit lankal nie meet nie.

Andreas ·

Dankie Mmusi dat jy die volgende waarheid erken. Onder jou bewind sou dit nie anders gewees het nie. Slim na die tyd.

“Met te min personeel, te min toerusting en swak instandhouding is ons grense en
grensposte sagte teikens vir dié wat ons land onwettig wil binnekom …. “

Uiltjie ·

Oorle Ghaddafi draai seker in sy graf om as hy moet weet aan wie hy sy miljoene toevertrou het!

Zirk ·

Net soos Gemaskerde Sopbeen is ek ook bewus van twee vragvliegtuie wat jare gelede op ‘n Sondagnag om middernag met vurkhysers volgelaai is by Waterkloof lugmagbais en na ‘n “onbekende” bestemming vertrek het. Waarom in die middernagtelike ure werk onder sulke geheimhouding. Ek dink die Lugmag het BAIE om te verduidelik.

Jerry ·

Die DA begin die regte geluide te maak, net jammer dat wetgewing, OB en die MRK wat van toepassing is op wetsgehoorsame burgers, alle ANC opposisie partye se tande reeds getrek het! Sonder daadwerklike wetstoepassende mag en optrede is alle idees en geluide wat gemaak word van alle opposisie partye, absoluut nutteloos!

Jerry ·

Duidelik was die kadaffie miljoene nie genoeg nie. Die ANC moes toe nou nog ook die staat kaap wat terloops, nie meer a-polities is nie en die OB, MRK en regbank wat nie meer onafhanklik is nie. Asof dit nie reeds erg genoeg is nie, het die linkses die VBS bank geplunder. Dan het die regses wragtig ook gegaan en met AfriForum/Solidariteit die Afrikaner gekaap vir die bou van n sakeryk! Geldgierigheid, selfverryking tesame met duistere politieke motiewe vir mag is dus aan die orde van die dag by die linkse en regse Suid Afrikaanse spektrum en hoe n mens ookal daarna kyk, dit hou die belofte in van tragiese gevolge vir Suid Afrikaners! Witmense moet in die komende verkiesing reg stem, stem dus vir?

JG ·

Jerry, moet tog nie vir ons vertel DA is die weg om te volg nie…die suiwer wolf in skaapsklere…

TN ·

@JG __ niemand is so blind as die wat nie WIL sien nie . Die regses laat my dink aan mense wat op ‘n sinkende skip kla oor die spyskaart in die menasie !

Annie Webb ·

Maimane praat lankal teen sosialisme en vir beter grens- en immigrantebeheer. As mens die DA se eie skrywes volg, weet jy dit. Lankal. Jy weet niks van die DA as jy jou ore uitleen aan ons linkse hoofstroommedia wat die ANC steun, al kritiseer hulle hier en daar enkelinge, en DUS geen kans laat verbygaan om die DA te probeer ondermyn nie. En jy weet nog minder van die DA as jy dink die land se heil lê in klein partytjies wat mooi toesprake in die parlement maak waarna niemand luister nie. As jy verandering ten goede in die land wil sien, stem DA. As jy wil hê alles moet bly presies soos dit nou is, stem vir enige ander party, maak nie saak watter een nie. As jy nie DA stem nie, stem jy ANC. En dan verdien jy dat die land net verder verval terwyl jy jou met kleiner kwessies besig hou. As Maimane na Trump kyk as voorbeeld, is die saak al halfpad gewonne. Maar die mense wat niks weet van die DA nie, weet waarskynlik ook niks van Trump nie. Hulle kyk CNN en lees hoofstroommedia. En glo dit.

Phil ·

@Annie_Die probleem met Maimane en die DA is dat hulle nie veg vir die Christen geloof en ons Hemelse Vader nie eerste stel nie. Sonder God gaan die DA niks bereik nie al het hulle die hele land se stemme……

Jerry ·

Die DA omarm diversiteit van mense, gelowe, kulture. Die DA skep n inklusiewe samelewing, n plekkie vir ieder en elk in die breer SA samelewing. Die DA stel die onreg van die verlede reg deur arm wit en swart op te hef. Die DA beskerm eiendomsreg. Die DA doen baie dieselfde dinge as die ANC, maar waar die ANC dit net vir ANC kaders “our people” doen, doen die DA dit vir alle Suid Afrikaners wat die Afrikaner insluit. Die DA se motiewe is n ware demokrasie sonder dubbele standaarde vir alle inwoners. Die DA is nie soos die linkses wat voorstanders is van geweldadige ideologiee nie en ook nie soos die regses wat die linkses uitlok om die Afrikaner te isoleer en uit te sluit ten einde die regses se selfbeskikking idee die eksklusiewe heenkome te maak vir die Afrikaner nie. Die DA bied die enigste oplossing vir SA wat die beskerming van alle regte, minderheidsregte insluit, geen ander party se motiewe is suiwer en bied iets vir almal nie! Apartheid is dood, maar nog nie deur die regses en linkses begrawe nie wie toenemend SA se politieke en ekonomiese stabiliteit bedreig. N stem vir die DA is n stem vir rede, vir stabiliteit, vir vrede, vir voorspoed, vir veiligheid, vir die onafhanklikheid van die regbank en wetstoepassing en vir ware versoening, stem dus reg met die komende verkiesing, stem vir die ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.