Maimane: Grondonteiening-mosie bedoel om ‘land te verdeel’

Mmusi Maimane, leier van die DA, tydens ʼn debat oor die 2017 staatsrede.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag gesê die ANC en die EFF wil nou grondonteiening sonder vergoeding instel omdat hulle nie die werklike oorsake van die mislukking van grondhervorming wil praat nie – volgens hom slegte beleid, korrupsie en onderbefondsing.

Maimane het op die DA se kongres in Mpumalanga gesê die DA het die grondwetlike opdrag om grondhervorming daar te stel sodat die landbousektor divers kan wees, maar hy ondersteun nié die beleid van onteiening sonder vergoeding nie.

“Ons ondersteun nie die onteiening van private eiendom nie. Ekonomiese groei en vooruitgang hang van eiendomsregte af. As mense nie veilig voel en verseker word dat hulle eiendom nié bloot van hulle af weggeneem sal word nie, sal daar geen meer beleggers wees om voort te bou aan die ekonomie nie,” het hy gesê.

Maimane het gesê die landbousektor kan nié produktief wees sonder beleggers nie.

Hy sê die grondwet het die groen lig gegee vir grondhervorming – ʼn proses wat regverdig sou gebeur sonder om die ekonomie negatief te beïnvloed. “Hoekom het ons dan hierdie debat?” het hy gevra. “Die waarheid is dat hierdie ʼn manier is vir die regering om nié te erken wat die ware mislukkings van grondhervorming was nie.”

Hy het gesê die ANC en die EFF se beleid dat die regering die eienaar van die onteiende grond moet wees en dan die grond verhuur, is neerhalend. “Die beleid wys die ANC en die EFF vertrou nie swart boere genoeg om hulle volle eienaarskap van die grond te gee nie. Dit is hulle bedoeling om swart boere in huurders van die regering te maak. Kan jy jou die korrupsie indink wat daarmee gaan saamkom.”

Volgens Maimane was die ANC se toewyding aan grondhervorming sedert die begin duidelik aangesien net 0,14% van die nasionale begroting volgens hom vir hervorming opsy gesit is. “Die proses van grondhervorming word opsetlik vertraag. Wanneer grondonteiening sonder vergoeding voorgestel word, is dit eintlik die EFF se manier om die ANC ʼn gratis kaartjie uit die tronk te gee. Dit gee hulle die perfekte verskoning om nie die mislukkings te bespreek nie.”

Hy het gesê die DA het ʼn totaal ander visie vir grondhervorming in Suid-Afrika. “Ons wil hê swart boere moet volle eienaarskap van hul grond hê. Ons weet hulle sal blom as boere wanneer hulle die kans kry. Hulle moet met respek hanteer word en nie as huurders van die regering nie.”

Maimane het gesê die DA se voorstel waar plaaswerkers en begunstigdes gelyke vennote word op die plase waar hulle woon en werk, is steeds die beste voorstel. Hy het gesê die ANC en die EFF se voorstel daarteenoor sal net chaos veroorsaak.

“Hierdie voorstel [van grondonteiening sonder vergoeding] het nie net gegaan oor grond nie. Dit was bedoel om ons land te verdeel en om haat in te boesem. Die groter meerderheid van Suid-Afrikaners wil hê ons land moet werk. Hulle wil hê ons moet sukses behaal. Hulle weet ons is beter saam.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Flippie ·

So die DA wil hê arbeiders moet gelyke vennootskap kry in die plase waarop hul werk? Gaan die regering die boere betaal vir daardie aandeel of moet die boere dit sommer net weggee? En deel almal dan in die skuld op die plasie?

Lolla ·

Is “boer” wees dan nou skielik nie te “kolloniaal” vir hulle nie?

Cecilia Behrens ·

Ek weet dat daar baie swartmense is wat met Maimane saamstem.So ek ook. U is 100% reg dit gaan op n ramp afstuur.Die ANC en EFF gaan hulle self teregstel.

Groottrek ·

Kom ons begin onderhandel met ander lande om ons in hulle lande in te neem. Kom ons almal verlaat hierdie land, dan sal hulle te laat agterkom waar hulle geld en kos vandaan gekom het.

Eish ·

Dit sal wonderlik wees indien so iets kon slaag.
Ek sal nie twee keer dink nie.
Die alternatief, is eenvoudig die Simson opsie.
Rigters 16:28-30

Cherokee ·

Groottrek, as hier ‘n ‘Like’ of ‘Hou Van’ knoppie was het ek dit drie keer gekliek op jou kommentaar.

Anton ·

Groottrek en Pop daar is geen veilige plek op hierdie aarde nie. Boer in jou eie agterplaas. Die Afrikaner moet die Afrika manier aanneem en bestaansboerderye begin wat in enkelgevalle klein is maar in geheel groot. As gemeenskappe moet die Afrikaner weer boer word en onsself voed en verdedig.

Spook ·

Eks trots om myself n boer te noem Anton, dit voel net soms ons het ons kultuur verloor en almal se negatiwiteit begin my ook nou all onder kry Feral ons dames, ggenade waarom is onsan d so katterig onder mekaar, ek is oortuig saamstaan begin by ons

Lelie ·

Wat van die banke?
As almal hardloop en verbande tot die maksimum verhoog en hul eiendom word dan geneem, wat doen die bank dan?

Cornelia ·

Die DA se “inisiatief” om grondeienaars te forseer om hul arbeiders as “gelyke” vennote te absorbeer is net so irrelevant en absurd. Dit verskil in terme maar kom op dieselfde vergrype neer. Om namens boere en alle ander organisasies wat op eie inisiatiewe, insig en risiko, harde werk en duur beplanning, vanaf DA platvorm te bepaal dat wette geformuleer word wat die eienaar vriendelik verplig om hul arbeid in vennote te assimileer. Die DA se jakkals beleid is op ‘n kul jou hier en kelder jou daar, suggestie geskoei. Loop Wakker.

Cherokee ·

Cornelia, dit is so netjies gestel. Ek hoop die DA-aanhangers lees en leer.

Adam ·

Die omset in plaasarbeiders is geweldig hoog, net soos met kelners in restaurante. Voor op die oorpak kan jy “hello” borduur en agter op “good bye”. Hoe op aarde kan jy sulke aaandeelhouers in jou boerdery onderneming opneem.

Gelyke werkers vir alle besighede ·

As die DA werkers gelyk maak met eienaars, dan moet hulle dit beleid maak vir alle besighede, nie waar nie, en dan loop dit inelkgeval uit tot n gemors. Neewat, laat ons begin onderhandel vir selfbeskikking.

Boland ·

Vergeet van trek dit is nie n opsie nie.n Boer het nie n bankrekening vol geld nie.Alles wat hy het is in sy plaas.Let wel in sy plaas want elke sent gaan terug in die grond en besigheid om voort te gaan.Tweedens leen boere elke jaar geld by banke om n oes in die grond te sit.Ander plekke se banke gaan nie net geld leen vir vreemdelinge nie.Ek gaan nerens.Hier sal ek baklei tot die dood.

Alida ·

Die DA het n goeie punt beet maar om dit in Malema se kop in te kry is n ander saak. Hy en sy volgelinge eet uit die supermark uit en het nooit gedink waar kom die kos vandaan nie.

SAnik(s) ·

Stem saam met Anton, daar is geen rede waarom afrikaner gemeenskappe nie meer en meer selfonderhoudend kan word nie. Stel jouself voor n sekuriteits kompleks waar elke inwoner net een voedselsoort produseer, byv. 1 plant tamaties, n ander boontjies, n derde een blomkool. Ander kan kruie plant ens. en so voort. Een maal per week ruil almal produkte uit. Gemeenskappe kan vennootskappe met boere vorm en help met veiligheid, verspreiding ens. En in ruil teen vergoeding eeste opsie op vleis, eiers en ander produkte verkry. Ons moet begin dink, organiseer en beplan. Dink gemeenskaps- kooperasie…

In jou drome ·

Dit sal nooit gebeur nie, want wit mense kan nie saam staan nie. Almal het hul eie idees en almal wil die kitaar slaan. Sit ewe vroom in die kerk, maar net as hul uitstap, begin hul skinder en mekaar verneuk.

ANTI GRONDBELEID ·

Sjoe. n Man so na my hart.. Hy het soos ons aqlmal ook foute maar minstens sien hy die gevaar van grondonteiening sonder vergoeding in en sien hy ook raak dat grond nie bewerk sal word na onteiening nie.

Cherokee ·

As boere die helfte van hul plase moet weggee aa hul werkers, wat anders is dit as onteiening sonder vergoeding? Julle laat julself so maklik ore aansit dmv woordspeling.

Fritz ·

Die DA kan n voorbeeld stel met die “gelyke vennote” ding deur AL hulle skenkings gelykop tussen AL hulle ampdraers te verdeel. Nee, ek is nie n DA ampsdraer nie, alles behalwe. Kom DA, “walk the talk”.

Rudi ·

Ek stem saam. Ek het geen begeerte om in enige ander land te bly nie. Alhoewel Namibië ook baie lekker is.

Frankie ·

Ek stem 100% saam met Anton en kan persoonlik getuig dat SAnik(s) se gemeenskaps – kooperasie / mikro boer voorstel, regtig werk.

Ek woon in ‘n sekuriteits kompleks met ‘n 40 / 35 m agtertuin. Na omtrent 6 maande se beplannning het ek 7 jaar terug my Desember verlof gebruik om my grasperk uit te haal en met permaculture beginsels ( gebruik oa bitter min water) ‘n 30 boom ‘vrugte en neute woud’ en groente tuin te plant.

Ek het ook vir my ‘n 3000 liter talapia mini boerdery ge – installeer.

Ek werk voltyds en die visse, vrugte woud en groente tuin se onderhoud was baie tyd en energie intensief die eerste 6 maande of so – maar sedert die plante gevestig is, verg die visse se versorging en my tuin omtrent 10 ure per week van my.

Ek koop die laaste 5 jaar glad nie meer vis, vrugte, groente of bemesting nie. Ek maak vismeel van my oorskot visse en gebruik dit, asook die visse se vuil water vir bemensting.

Ek deel weekliks my vars vrugte en groente met die 5 ander huise in my sekuriteits kompleks asook met ‘n ouetehuis .

Die laaste 3 jaar het 4 van my bure ook ‘kos-tuine’ geplant. Ons ruil weekliks kos en help mekaar in die tuine waneer daar ‘n krisis is.

My naaste bure het ook 8 lê hoenders en ek kry een keer ‘n week vars eiers in ‘n kardoesie op my voorstoep afgelewer…☺

Anton ·

Frankie jy moet n Youtube kanaal begin waar jy en jou bure ons almal kan leer hoe om te boer soos julle boer. Die tyd is reg want aan politiek kan ons nie meer hang nie. Na hierdie berig gesluit word DAAG ek Maroela media, Afriforum ens. uit om Frankie se Tuin op Youtube te kry om ons ander te help.

Susan ·

En dan kom ou Cyril en kie en vat jou grond sonder vergoeding en dan wat? Begin jy oor op ‘n ander plekkie en dan net as jy dit mooi aan die gang het, kom vat hulle dit ook? Nee wat, tyd om pad te gee uit Suid Afrika. Of hulle vat jou grond, of hulle kom vermoor jou daar….

Gert ·

Wonder of pres.Ramaposa en julius malema en al die ander ryk swart boere ook hulle grond gaan verloor.Onteiening kan rampspoedige gevolge inhou vd hele land en sy mense.Bankrotskap sal aan die orde van die dag wees so ook sal voedsel sekuriteit daarmee heen wees.Dit blyk dat die anc wil seker maak dat hulle die 2019 verkiesing wen.Gert.

Rynhardt ·

SA word volgens die kommunistiese dokument,die Freedom Charter geregeer!In die verlede was dit na Rusland geneem vir finale afronding!Dit spel uit dat die blanke geen bestaansreg gegun mag word nie!Die publiek het gou vergeet.Maimane is nou skielik kamstig teen onteiening sonder vergoeding terwyl hy en Zille dit in verlede gesteun het!Maimane het juis aan die media op 11 Mei 2015 die volgende gese:”We the DA uses the Freedom Charter as basis for our party”.Met die nuttelose verkising om die draai,speel hy nou n ander deuntjie!Niks het verander by die liberale party nie.Wat die publiek vir 24 jaar ervaar het onder die Anc is niks nie,want die ergste le nou voor.Selfs Malema vry met mening na die Anc nou,want hy self droom van mag en diktatorskap.Ongelukkig gaan dit nie materialiseer vir hom in n magsbehepte Anc nie.

daan ·

Vergelyk dit. As die ANC se beleid gevolg word is dit asof jy jouself skiet. as die DA se beleid gevolg word is dit asof jy gif drink en langer vat om dood te gaan maar altwee gevall gaan jy dood.

Alida ·

Gee vir hulle onbewerkte grond om self op te bou en n boerdery op die been te bring maar nee hulle droom om n gevestigde boerdery te vat. As dit gebeur sal die boere eerder al hul vee verkoop en sy huis afbreek tot op die grond voor hy en sy gesin n ander heenkome kry. As hierdie mense dink ons net alles wat oor jare opgebou is net so weggee moet hul twee keer dink.

Paul ·

Malema, sy uitsprake en sy organisasie is ‘n gevaar vir die veiligeheid van die mense in die land, hy blaas rassehaat aan en behoort lank gelede al daarvoor deur die regering vasgevat te gewees het. Wat moet hy nog sê om mense aan te hits? Waarvoor is die regering bang as hulle teen hom sou optree? Maar nee, … en oor ‘n dag of twee, is daar nog ‘n blanke wat statistiek is, so ooglopend is dit, en oormore vat Maleme sy uitsprake net ‘n bietjie verder, en do daag hy die regering en wetstoepassers uit.

Onbeskermend ·

So dis nou duidelik dat die DA en EFF onder dieselfde sambreel is en dat die EFF nie happy is dat die DA nie saam met hulle gestem het oor grondonteiening nie.DA ongeloofwaardig weens partnership met EFF.

Erick ·

Ek sien nie dat Santam, Sanlam, ABSA en enige ander maatskappy hulle maatskappye verdeel onder hulle werkers nie so hoekom moet boerdery dit doen? Skoert DA.

Johann ·

Daar is tans mense van alle rasse wat grond besit. Daar is ook baie bekendes asook die ander uitlanders wat grond besit. Om nie te praat van al die beleggers nie.
Ek dink ook aan al die wyn plase en vrugte plase wat uitvoer na Europa.
Ons het nou gesien dat plase wat wel gekoop is deur die regering misluk en meeste behoort nog aan die regering.
Ek sien Zimbabwe op die horison.

Amanda Owen ·

Vader gee vir ons ‘n leier wat sy/haar insig by U soek!!!

Hendrik ·

Ek dink min mense besef hoe moeilike beroep is dit om te boer. Dit is ‘n besigheid en die besigheid se grootste risko is natuurlik wat die weertoestande inhou vir daardie seisoen. Net soos ander besighede is marktoestande en insetkoste baie belangrik vir die besigheid. Ek sien nie dat die DA vra dat werkers in ‘n normale besighede soos (MTN, OURSURANCE) in gelyke vernootskappe moet gaan in die besighede nie en wat maak ‘n boerdery besigheid nou so uniek?

Jaco ·

MM is `n windkous, al wat hy doen is praat. Kan ons iemand kry wat die DA beter kan bestuur en tot aksie oorgaan en dinge gedoen kry?

MM kry nie my stem in 2019

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.