Maimane gryp in by De Lille-twis

Patricia de Lille. Argieffoto: Werner Beukes/SAPA

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het besluit om die getwis binne sy party oor die posisie van die Kaapse burgemeester, Patricia de Lille, self te beredder.

Maimane sal weet hy gaan die wysheid van Salomo en die geduld van Job nodig hê om die De Lille-geskil en ander meningsverskille in die DA by te lê ná ’n vergadering van die party se federale raad die afgelope naweek waar tweespalt en spanning soms aan die orde van die dag was.

Bronne binne die federale raad het aan Maroela Media vertel daar was ’n poging van twee prominente lede van die Wes-Kaapse DA-leierskorps om die De Lille-geskil en die deurmekaarspul in verskeie ander DA-beheerde Wes-Kaapse munisipaliteite by te lê met ’n voorstel dat geen verdere mosies van wantroue deur DA-koukusse in DA-burgemeesters toegelaat word tot ná volgende jaar se verkiesing nie.

Sedert die DA in April die terugroep-klousule aanvaar het, is DA-mosies van wantroue in die DA-burgemeesters van Kaapstad, George en Matzikama (Vredendal) aanvaar, asook in die DA-speaker van Stellenbosch. Boonop is die DA-burgemeesters van Knysna en Beaufort-Wes ontsetel deur veelparty-mosies van wantroue in die onderskeie stadsrade.

Die voorstel van die twee Wes-Kaapse leiersfigure is egter deur Maimane afgeskiet, dus kan interne mosies van wantroue voortgaan. Maimane het onderneem om self ’n oplossing vir die De Lille-fiasko te vind.

Intussen is nog ’n mosie van wantroue in De Lille ingedien om op die volgende stadsraadsvergadering te dien. Die mosie is ingedien deur twee DA-raadslede, Marian Nieuwoudt en Brenda Hansen. De Lille-ondersteuners voer egter aan die korrekte DA-prosedure is nie gevolg nie.

Benewens die De Lille-kwessie was daar ook heelwat verdeeldheid oor ’n plan om provinsiale DA-leiers meer inspraak te gee in die opstel van DA-kandidaatlyste vir aanstaande jaar se verkiesing.

Dié kwessie, wat deur sommige waarnemers as meer van ’n aanval op die voorsitter van die DA se federale bestuur, James Selfe, gesien word as ’n werklik substantiewe meningsverskil, is na ’n subkomitee van ses senior lede van die federale raad verwys, wat besluit het om ’n regsmening in te win.

Op ’n meer produktiewe noot is die DA se nuutste ekonomiese beleidspunte deur die party se beleidshoof, Gwen Ngwenya, voorgelê. Na verstaan word is dit ’n baie liberale beleid, met groot klem op vryemarkbeginsels.

Die eerste stappe om die federale regskommissie van die DA korrek saam te stel is ook geneem. Die Kaapse hooggeregshof het onlangs beslis dat die regskommissie reeds verskeie jare lank verkeerdelik saamgestel is, wat die geldigheid van ’n klomp interne dissiplinêre besluite in die gedrang bring.

Maimane het die federale raadsvergadering afgesluit deur op ’n mediakonferensie die eerste aanduidings te gee van die vyf hoofpunte waarop die DA-veldtog vir aanstaande jaar se verkiesing kan berus.

Die DA sal homself bemark as stryder teen korrupsie, skepper van ’n klimaat vir werkgeleenthede, voorstander van sterker en meer doeltreffende maatreëls om misdaad te bekamp, voorstander van strenger grensbeheer en laastens as ’n party wat meer doeltreffend as die ANC regeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

pieta ·

klomp kinderagtige snert. bestuur tante pattie die kaapse munisipaliteit te goed? want ditt steek nogal skerp af teen menige stede. haar muni spog met heel skoon strate. bitter min lekkende krane, minder bedelaars by groot verkeerskruisings. kan die klaers beter vaar?

Whahahah ·

Ag Mmusi jou party is soos die NP van ouds hy is stadig (eintlik vinnig) besig om uit te bloei, jou steun het halveer want jyt mos nie die wittes en bruines se stem nodig gehad nie jy het agter die etniese swartes se stemme gehol en daarmee wittes en bruines sleggese en beledig .. kyk nou hoe lyk jou party sonder wit en bruinmense .. Julle gaan heeltemal non existing raak in die volgende verkiesing .maak jou en jou groot kop gereed daarvoor .dit is die prys wat jy betaal vir ARROGANSIE en RASSISME .want jy kon nie wag om die doodskisouens te veroordeel en met klippe te gooi sowel as Naas en Mallett wat op die ou einde onskuldig bevind is nie .. EK LAG VIR JOU .. die DA is in sy glory … rest in peace (pieces).

JAN ·

DA is so besig met interne gevegte , hulle vergeet wat buite hul party aangaan ek voel jammer vir die enkele lojale raadslede wat probeer om in hulle dorpe of wyke n verskil te maak…. DA is gedoem vir volgende jaar se verkiesing JAMMER

Wilma ·

Waarom so baie tweespalt. Kan mense ni ma die strydbyle begrawe dat hul kan vorentoe beweeg met positiewe resultate ni. Politicians maak my siek. VF+maar my kruisie kry

Gertryda ·

Ek stem beslis die keer nie vir DA
Hier by ons skitter die DA in hul afwesigheid
Weet nie eens wie is hul verteenwoordige nie
DA het hul ware kleure gewys
Hul konsentreer net op hofsake

JH ·

Die hele land hou hul besig met ander goed wat nie die moeite werd is nie. Daar word soveel ophef van mense gemaak. Maar die belangrikste in ons lewens word agter gelaat. GOD is die enigste uitweg en min mense maak die regte ophef van HOM.

Wynand ·

Stel jy voor god moet verkies word tot Burgemeester of die DA vervang? Daar moet altyd iemand wees wat nie kan redeneer oor aktuele kwessies nie en dan godsdiens moet nadersleep. Wat het god met die kwessie onder bespreking te doen??

jaco ·

Wat het De Lille nou eintlik so verkeerd gedoen? Bietjie korrupsie? Dis ok. ALLE verkose politici is met groot salarisse, luukse motors en talle ander byvoordele maar skuldig aan dieselfde “oortreding”.

Lien ·

Ek stem saam Wynand, MM het ‘n afdeling: : “goeie goed” waar hierdie mense hulself kan gaan uitdruk en die politiek vir die REALISTE los.

marous ·

Onweerlegbare vermoede dat waneer enige politikus sy of haar mond oopmaak borrel daar onsamehangende beloftes en teenstrydighede uit …. buig soos wat die wind waai.

Snowball ·

Die DA laat my dink aan daardie geboue wat so tussen ander geboue opgeblaas word, die plofstof só gestel dat alles “implode” sonder skade aan die geboue langsaan, net die rommel moet verwyder word….tragies.

Wynand ·

Die ANC en EFF het saam ñ meerdrrheid in die Wes Kaap vir volgende jaar se verkiesing. Hul sal definitief ñ koalisie vorm. Dit het die DA nou bereik met hul kortsigtige optrede. Hulle gaan die provinsie verloor! Ek stem vir COPE. Sal nie veel help nie, maar ten minste staan hulle onbeskaamd vir dir regte beginsels.

Wessel ·

VF+ sal ‘n meer realistiese opsie wees. COPE bestaan uit oud gematigde ANC lede.

Hennie ·

Hier sien mens duidelik die selfde gees wat die ANC beet het. ‘n Gees van vernietiging, dwarsboming en eie geregtigheid! Ek sal BESLIS NOOIT OOIT weer vir die DA stem nie! As hulle my stem wil hê, sal hulle vir die VF+ moet gaan vra!

Sarel ·

Lankal gedink hy is te lig in die broek veral vir gesoute mense soos Patricia De Lill.

Hendrik ·

Betaal julle nog TV lisensies, E-Tol en stem julle nog? Regtig?

John ·

Waaom sou die DA skielik sommer teen De Lille draai? Iewers was daar fout en De Lille pleit nou Moeder Lelie-wit-skap. Sy gaan grootliks vergoed word deur die ANC na die verkiesing en Mmusi gaan terug wees op die preekstoel om verder te skreeu. Die kroonjuweel gaan in die skoot van die ANC val vir verdre plundering. Soveel mense is ingevoer na die Kaap selfs vanaf Nigerie et al. Hou op droom van ‘n volkstat daar. Niks en nerens is oor nie en die boere boer reeds op ANC- grond. Dis net die skuld wat nog hulle s’n is. Kom tog by!

johannes ·

So vreet die DA homself ook van binne af op.
Normale proses wat plaasvind sodra jy “verkeerde” mense in bestuursposte aanstel.

koos ·

flip buys weet jy is n man wat ken van – help ons verlore wittes en bruines met rigting vir wie om te stem asb… of enige iemand wat kan help… ek oorweeg VF+ en neig ook na die cape party al woon ek in die oos kaap – HELP ASB

magiel ·

pleks hulle maak gereed vir die verkiesing van volgende jaar soos CR reeds doen, hierdie binnegevegte gaan hulle duur te staan kom. My kruisie sal hierdie keer vir die VF+ gaan.

Hoekom ·

Die DA is besig om te krap waar dit nie jeuk nie. Hulle gaan baie stemme verloor as hulle van Patricia de Lille ontslae raak.

Francois le Cochon ·

Die DA moet ontslae raak van diegene wat van Antie Pat ontslae wil raak. Die DA is besig om veral die wit en bruin kiesers te vervreem.

Jannie ·

G-A-A-P! G-A-A-P!! G-A-A-P!!! Wat ‘n spul narre! Kan nie ‘n Sondagskool-piekniek organiseer nie!!!

Theo ·

Groete DA.Totsiens, Cheers.Kan jy glo dat n Party homself soveel skade aanrig juis nadat hulle die anc van swak bestuur beskuldig het. VF PLUS n MOET .Hulle is klein maar getrain kom ons maak hulle sterk, gee hulle krag met grooter getalle in alle raadsaale. Dis die party wat namens minderhede sterk standpunt inneen. Die VF+ is nie n party wat terug hungker na die velede nie, inteendeel dis n op en wakker party wat die konsep van minderheids regte en belange, soos reg deur die wereld verstaan.

Afrikaan ·

As enige iemand nog onseker is vir wie om NIE te stem nie, dan behoort hierdie berig jou te oortuig. Nou kom Musi om die party te kom red…. na hy hoe lank self by hierdie spektakel betrokke was! Met so treurige leier het die party geen kans nie. As Helen nog die party gelei het sou dit veel anders gewees het.

Lola ·

Goeie bemarkingspunte wat uiteindelik gepubliseer word. Net heeltemal te laat………

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.