Maimane: ‘Jong mense ly die ergste onder ANC’

Mmusi Maimane Saterdag buite 'n verkiesingstasie in Roodepoort. Foto: Twitter

Mmusi Maimane Saterdag buite ‘n verkiesingstasie in Roodepoort. Foto: Twitter

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag gesê dat jong mense in Suid-Afrika die slagoffers van die ANC-regering geword het.

“Van studentebetogings en onrus by ons universiteite tot by die feit dat die werkloosheidsyfer onder jeug meer as twee keer so hoog is as onder volwassenes: Jong mense ly die ergste onder die ANC se swak regering,” het Maimane gesê. “Baie jong Suid-Afrikaners besef nou hulle kan ʼn verskil maak, maar hierdie verskil word nie deur betogings gemaak nie. Regerings kan nie deur geweld verander word nie. Regerings word by die stembus verander.”

Maimane het by die Hoërskool Allen Glen in Roodepoort, Johannesburg, gepraat waar hy herregistreer het om te stem in vanjaar se munisipale verkiesing.

Maimane het gesê die munisipale verkiesing gaan oor die toekoms wat Suid-Afrikaners wil hê en om dekades van verwaarlosing en ongelykheid om te draai. “Die wat besef dat ons land onder die regering van die ANC in die verkeerde rigting gaan, moet ook besef dat hulle met hul stem die mag het om die land weer op die regte koers te sit,” het hy gesê.

Pres. Jacob Zuma herregistreer om te stem. Foto: Twitter

Pres. Jacob Zuma herregistreer om te stem. Foto: Twitter

Intussen het pres. Jacob Zuma Saterdag by die Ntolwane Primary School in Nkandla opgedaag om daar te herregistreer om te stem. Die ANC het Saterdag in ʼn verklaring Suid-Afrikaners weereens aangemoedig om by een van 22 000 verkiesingstasies landwyd te registreer. “Die ANC herinner Suid-Afrikaners dat die reg om te stem ʼn oorwinning was wat met moeite verkry is en dat dit die reg van elke burger is om aan hierdie demokratiese proses deel te neem.”

Volgens die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is sowat nege miljoen Suid-Afrikaners wat geregtig is om te stem nié geregistreer nie. Ongeveer ʼn derde daarvan woon in Gauteng. Terselfdertyd het Gauteng die hoogste getal geregistreerde kiesers, gevolg deur KwaZulu-Natal en dan die Oos-Kaap.

Talle mense het Saterdag op sosiale media gesê dat hulle by hul plaaslike verkiesingstasies gaan registreer het, met die meeste wat beweer dat die proses slegs ʼn paar minute geneem het. Die hutsmerke #Elections2016 en #RegisterToVote was Saterdag onder die tien gewildste onderwerpe op Twitter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Michael ·

Ek dink die meeste jongmense weet ook nie wat die DA vir hulle kan doen nie .Die DA was en is nog steeds doodstil oor die geweld en anargie by die universiteite en hulle is doodstil oor die feit dat daar nog steeds in Suid-Afrika gediskrimineer word teen wit kinders gebore na 1994 oor hulle vel wit is

Peet ·

Nie net verraad gepleeg teenoor die jeug van SA nie, maar teenoor die hele land en wêreld. Die galg is nie eers die gepaste straf vir hierdie die kaders nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.