Maimane kap ANC, SAUK

Mmusi Maimane op 29 Junie 2016 tydens sy verkiesingsveldtog in Missionvale in die Oos-Kaap Foto: Raahil Sain, ANA

Mmusi Maimane op 29 Junie 2016 tydens sy verkiesingsveldtog in Missionvale in die Oos-Kaap Foto: Raahil Sain, ANA

Mmusi Maimane, leier van die Demokratiese Alliansie, het Woensdag die ANC en die SAUK veroordeel tydens sy verkiesingsveldtog in Port Elizabeth in die Oos-Kaap.

Maimane en die DA-burgemeesterskandidaat vir Nelson Mandelabaai, Athol Trollip, het KwaDesi en Missionvale besoek, van deur tot deur geloop en inwoners toegespreek voor die munisipale verkiesing op 3 Augustus.

Inwoners van Missionvale het gekla hul HOP-huise is só swak gebou dat hul huise nie vloere het nie en water is nie in die kombuiskrane beskikbaar nie.

Roeline Davids (43) het gesê daar was oor die afgelope paar jaar nog geen verandering nie, selfs nadat inwoners huise ontvang het. “Hierdie huise maak ons kinders siek. Die vensters is moeilik om oop en toe te maak en die ergste is, daar is nie ʼn toiletdeur nie,” het sy gesê.

Maimane het gesê die DA het sy oog op ʼn oorwinning in die munisipaliteit, eerder as ʼn koalisie.

“Dis beter om ʼn volle mandaat te hê sonder beperkinge van ander politieke partye, so dit is ons fokus om ʼn verenigde Demokratiese Alliansie te hê, terwyl die ANC met homself in die Baai baklei. Dit sal ons oor die lyn vat en ons kan dienste lewer aan die mense,” het Maimane bygevoeg.

Hy het aan inwoners gesê dinge het vorentoe begin beweeg onder die leierskap van pres. Nelson Mandela, maar onder pres. Jacob Zuma se heerskappy word daar net vir die mense gejok. “Een van [Zuma se] luitenante is Danny Jordaan. Hy is nie hier om vir enigiemand anders te baklei buiten vir Jacob Zuma nie. En wanneer daar ʼn krisis is, sit Zuma agteroor en sê niks nie,” het Maimane gesê.

“Jy kan nie vir my sê jy het nog altyd vir die ANC gestem en hierdie is die laaste keer nie. Dit is nie nou die tyd vir laaste kanse nie. As jy vir hulle nog ʼn kans gee, sê jy vir hulle hulle kan nog steel.”

Maimane het Jordaan daarvan beskuldig dat hy raadslede van die DA “betaal” wat na die ANC toe oorloop.

Die DA-leier het ook die omstredenheid oor die SAUK se dekking van nuusgebeure aangeroer en dit as ʼn “staatsvergryp” beskryf.

“Die dekking van die ANC, ek noem hulle die SANC-uitsaaikorporasie, is soms sewe keer meer as vir enige ander politieke party. Mens kan seker sê hulle is die regerende party, maar mens sien dit manifesteer in die klein dingetjies wanneer opposisiepartye probeer om hul eie advertensies op die openbare uitsaaier uit te saai. Wanneer gemeenskappe wil betoog en hulle word aangesê dat die betogings nie uitgesaai word nie. Wanneer verslaggewers oor die waarheid wil berig, word hulle aangesê om dit nie te doen nie. En wanneer ʼn redaksionele program, wat die waarheid praat oor dit wat in die land gebeur, verwyder word.”

Maimane het die hoof bedryfsbeampte van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, daarvan beskuldig dat hy in opdrag van sy “meester” Jacob Zuma staan.

“Dis nou ʼn krisis. Hlaudi moet gaan. Hy het ʼn verslag van die openbare beskermer teen hom. So baie het vir die vryheid van die SAUK baklei, en wanneer die SAUK sy eie vryheid ondermyn, ondermyn dit ons vryheid. Dis nie ʼn stryd vir die toekoms nie, maar vir dit wat nou gebeur. Ons wil die waarheid op die televisie sien, nie wat Motsoeneng glo ons moet na kyk en sien nie.”

Inwoners in Missionvale kla dat hul HOP-huise nie vloere, water in die krane of toiletdeure het nie (Foto: Raahil Sain, ANA)

Inwoners in Missionvale kla dat hul HOP-huise nie vloere, water in die krane of toiletdeure het nie (Foto: Raahil Sain, ANA)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Anti DA ·

My stem kry jy nie want jy en jou ANC lede in blou doen niks vir my.

Katrien ·

Gaan stem asb.
As jy dit nie kan maak op stemdag nie,gaan na http://www.elections.org en doen aansoek vir n spesiale stem om die 1ste Aug te stem.
dis maklik en vinnig,geen rede word aangevra hoekom jy nie op stemdag kan stem nie.
Kom ons laat ons stemme hoor.
ASB

gesiggie ·

Anti DA as jy nie stem nie gaan jou stem in elk geval na die ANC toe! So doen die moeite en gaan stem vir die DA
hulle probeer om hierdie land reg te ruk en nie so korrup soos die ANC nie!!!

Hein ·

Die DA sal witmense offer net om meer swart stemme te kry. Hulle doen dit al klaar. Ek kan nie gaan stem voordat alle rasbehepte wetgewing soos BEE, Raskwotas, “affirmative action” , ens nie van die wetboeke geskrap word nie. Jy stem vir die DA wat wetgewing steun wat teen jou gebruik word in die werksplek. Dit is soos om vir ‘n boelie lekkers te gee om jou meer te boelie. Jammer ek verstaan nie….

chrisp ·

Netso Hein .
Selfde beleide dws dieselfde voertuig net ander drywers. So as jy die ANC beleid ondersteun stem DA hulle kan net die beleid beter deurvoer.

Hoe mense dit nie raaksien nie gaan my verstand te bowe.

M A ·

Moeder Magriet! Dié wat nie vir die DA wil stem nie en dus “nie gaan stem nie”, moet asseblief dan net vir een van die klein partytjies gaan stem. Dit is heeltemal reg as jy nie stem nie dat jy die ANC steun, want jou wegbly stem verhoog die persentasie wat die ANC kry. As jy dit nie verstaan nie, sê so, dan sit ek die sommetjies weer hier in.

chrisp ·

MA.
Jy is reg dat geen stem ‘n stem vir die ANC is maar ook in dieselfde asem een vir die DA of enige ander party waarvoor jy nie sou stem nie. Dieselfde som het hierop betrekking.

Ek se gaan stem en net vir die party wie se beleid die naaste aan jou siening is.
Om egter vir enige “groot” party te stem net omdat dit “groot” is maak jy die “klein” party nog kleiner. Sou jou party saam ‘n koalisie vorm teen dien ANC is daar ;n party anders as die ANC beleid partye waarvan die DA een is.

pieter ·

So pateties die mense wat nie stem nie is altyd die mense wat die meeste kla en eiers le oor n saak. As jy nie stem nie bly stil en hou jou kommetaar vir jouself.

vermeende ·

Nee Pieter jy wat stem kan nie kla nie want jy en jou party vereenselwig jou met die uitkoms van die verkiesing. Dit is hoe demokrasie werk en alle partye aanvaar dit so.
Jy kan elke vyde jaar by die stembus gaan kla, ek kan elke dag kla want ek vereenselig my nie met die uitslag van die verkiesing nie want ek neem uit protes nie deel nie.

blommetjie ·

Daar is nie n toekoms in hierdie land vir witmense wat hulle soos “spoilt brats” gedra en glo hulle is beter as ander nie. Al neem jy nie deel uit protes nie, gaan jy tog met die resultaat moet sit, so hoekom nie maar probeer om n verskil te maak nie? Ons DA verteenwoordiger is die enigste persoon wat iets by die munisipaliteit uitgesorteer kry, selfs al het sy nie amptelike mag nie. My stem gaan na haar toe!

chrisp ·

Maw Blommetjie as die EFF al een is wat dinge uitgesorteer kry stem jy vir hom of haar?
Indien nie verduidelik asb want as dit nie oor beleid gaan nie verstaan ek sal jy vir enige party stem wat dinge uitsorteer ANC,DA,EFF ,VF . COPE ens.
Rerig?

DEE ·

Ek was nog altyd n groot DA ondersteuner en besef ook dat verandering in die land sal moet plaasvind om rustigheid te kry, maar Mmusi Maimane se doodse stilte oor wat met blankes gebeur in die land is vir my kommerwekkend. Malema kan openlik se witmense se grond en besittings mag gevat en beset word. Ons mag uitgemoor word. Ons monde kan gesnoer word. Enige blanke persoon wat waag om n opinie te he word gedagvaar en gedreig. En hy se niks. Wie dink hy het die DA gebring tot waar dit vandag is? As dit nie vir wit stemme was nie was daar nie eens n DA nie. Die swart lede het later bygekom. As hy nie versigtig is nie, kan hy heelwat van sy aanhangers verloor. Daar is ook swart kiesers wat voel blankes word onbillik behandel. Daar is van ons wat in vrede met mekaar leef en dieselfde waardes het. Glo dit of nie

Karma ·

Ja, Pop – rêrig vir Hein! Ek stem vir g’n freaking party in die land nie; nie een van hulle het nog ooit iets vir my gedoen nie, maar ly moet ek saam ly met die ander burgers wat belieg, besteel, vermoor, verkrag, aangerand ens. ens. ens. word. Ek moet werk vir wat ek het – ek verdien te freaking min om my eie huis te koop, daarom moet ek in ‘n uitmekaarval ou spoorweghuis bly, maar ek kwalifiseer ook nie vir ‘n HOP-huis of subsidie nie, want ek is wit en dit is net vir anderskleuriges. @Pieter, ek het die reg van (redelike) vryheid van spraak. As jý wil gaan stem, in die geloof dat jou ou stemmetjie (wat hopelik nie vir die ANC sal wees nie) enigsins ‘n verskil maak, droom gerus voort. Geen verkiesing in hierdie land na 1994 sal ooit weer “vry en regverdig” wees nie; ek weet van stembokse wat oopgemaak is na die stemmery, waar die stemme wat nie vir die ANC was nie, uitgehaal is. So, ek glo glad nie meer in die ‘vryheid en regverdigheid’ van enige stemproses in SA nie, daarom mors ek nie my tyd daarmee nie. OK, Magriet, sit dan maar vir ons die ‘sommetjies’ in, want ek weet wragtigwaar nie hoe mý weerhoude stem, die ANC se persentasie stemme kan verhoog nie.

Esmay ·

Karma ek stem n 100% saam met jou . Maak nie saak vir wie ons gaan stem nie Niks maar niks sal ooit weer wees soos voor ’94. Dinge raak nou buite beheer. Net jammer ek het nie geld om uit die land te kom nie!!!!

Stem reg ·

Om te stem en vir wie jy stem is elke liewe persoon se eie persoonlike keuse. Jy as mens besluit op stemdag of jy gaan stem en vir wie. Dis ons demokratiese voorreg. Een waarvoor ons innig dankbaar moet wees. Daar is baie dinge waaroor ek wonder in hierdie samelewing van ons, maar ek besef ek moet my emosies opsy skuif want die party waarvoor ek gaan stem moet ‘n positiewe bydrae kan lewer tot my daaglikse lewe. Ek ondersteun dan die instansies wat vir MY iets doen – Solidariteit en Afriforum – ek ondersteun hulle want hulle doen baie vir my taal, my kultuur, my toekoms en die toekoms van my kinders. Die party waarvoor ek gaan stem sal baie kan doen vir Suid-Afrika. En dit sluit my in – ek wat ‘n minderheid is, so min dat ek nie eers saak maak nie, maar wel ‘n bestaan moet voer in ‘n land met diversiteit. ‘n Land waar ek vry is om my taal en kultuur te kan beskerm en te kan uitleef binne my gemeenskap.

Joann ·

Ek is nie n rassis nie,maar ek stem nie vir anderskleurige party nie. Dus die DA is nie op my lys nie,mens kan hul nie vertrou nie.

lola ·

net uiters lafarde en slapgatte wie nie gaan stem nie. die nie blankes wat toustaan om te stem was nog elke meer skoon en ordentlik. so julle mag maar gaan stem. daar is ander partye as die da en anc. maar dis mos minder moeite om eerder soos ou vroue te kerm en kla.

vermeende ·

Liberale politiek het ons land waar dit vandag is, in n gemors.
My hoop is dat elke persoon wat DA stem die vlaag van misdaad eerstehands moet voel want die misdaad is die resultaat van liberalisme.
Ek sal so lank ek leef almal afraai om DA te stem want julle doen mee aan die blanke se lot met die DA beleit en ondersteuning.
Dit is sotlik om te se, as jy nie stem nie dan gaan jou stem vir die ANC, hoe kom julle daarby uit?
Dit is ook net n gek wat glo dat 1kg meer weeg as n ton, kweek logieka of koop n telraam, DA stemmer, getalle is nie aan jou kant nie!!

Anti DA ·

Al die anti stemmers, kom ons probeer verduidelik. Hierdie is n munisipale verkiesing maar nogtans belangrik. As ons die stemme positief kan wegswaai van die anc en da kry die party van JOU keuse meer gekose kandidate ingestem om namens my en jou n stem uit te bring TEEN die groter partye waar dit SAAK maak. Stem jy NIE is dit soveel MINDER stemme vir geregtigheid, en dus gaan die anc en da soveel minder kompetisie he waar dit saak maak. Wat is nou so moeilik, jy het nie sommetjies nodig om dit uit te werk nie. GAAN STEM asseblief vir die party van JOU keuse, kleiner of nie dit gaan verskil maak.

Oom Kalahari ·

Hhhhmmm…….. sal maar moet gaan stem vir my klein partytjie wat probeer om nog na die blanke en alle ander belange groepe om te sien. VF+

vermeende ·

Anti DA, laat ek weer probeer.
Gaan kyk groot asb na n kaart van jou dorp dan vergelyk jy die grote van die lokasie met die van die blanke woonbuurt. Gaan vind sommer uit wat die lokasie se populasie is teen die blanke buurt.
Die DA ondersteuners loop met die elusie rond dat die DA die amptelike opposisie is……dit is n joke, die DA is wel die grootste opposisie met 22% steun maar nie die amptelike nie.
Dit maak nie saak hoe mooi jy dit gaan probeer aanterk nie, jy kan selfs nie in jou minsipaletei teen n 2/3 meerderheid stem nie, hulle loop net oor jou……tensy julle vanplan is om te kul met die verkiesing???? want dit is al hoe julle iewers sal kom.

Koop daai telraam!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.