Maimane kla ANC aan oor Hitachi-kontrakte

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane

Mmusi Maimane, leier van die DA, het strafregtelike klagte teen die ANC se beleggingsarm Chancellor House aanhangig gemaak oor multi-miljardrand-kontrakte met Hitachi.

“Uiteindelik is ek net hier om te vra dat die geld van die ANC verhaal word,” het Maimane Woensdag buite die Kaapstad Sentraal-polisiestasie gesê. “Hitachi het ʼn voorbeeld vir hulle gestel en ek hoop Chancellor House sal dit navolg. Indien hulle ernstig is oor die stryd teen korrupsie sal hulle die geld, belastingbetalersgeld, terugbetaal.”

Volgens Maimane het die ANC deur sy korrupte dade ’n instelling wat deur “groot leiers” soos oudpres. Nelson Mandela opgebou is, vernietig. Die korrupte dade waarna Maimane verwys, is die VSA se beleggingswaghond die Securities and Exchange Commission (SEC) se aankondiging Maandag dat hy die Tokio-konglomeraat Hitachi aangekla het oor “onbehoorlike betalings” aan die ANC.

Die betalings hou verband met twee multi-miljardrand-kontrakte vir die kragstasies Medupi en Kusile. Die SEC het Hitachi aangekla ingevolge die oortreding van die Amerikaanse wet op buitelandse korrupsiepraktyke (FCPA). Hitachi het glo ingestem om $19 miljoen te betaal ter skikking. (Lees meer hier.)

Die ANC het intussen enige betrokkenheid ontken in die transaksie tussen Hitachi en Chancellor House. Die ANC het gesê hy is verbind tot “skoon regering” en dat hy die uitkoms van die SEC-saak sal ondersoek en lesse of aksies, indien enige, sal aanwys.

Maimane is egter nie tevrede met die ANC se reaksie nie en het klagte ingedien ingevolge die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad (Poca). Maimane het gesê hy sal ook die openbare beskermer nader om die saak te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Piet Pompies ·

Uitstekende DA leier, hierdie uitstprake en leierskap maak my opgewonde oor SA se toekoms. Ek glo ook dat daar nog baie sulke leiers is wat gereed staan om die politiek toe te tree om te bou aan ‘n volhoudbare SA.

Loeis ·

Piet Pompies, het jy dieselfde lof vir ons vriend Julius se suksesvolle poging om Zuma en die Nkandla aangeleentheid voor die Konstitusionele hof te kry, of tel dit net as die DA so iets doen?

Loeis ·

Psst. Piet. Helen Zille en haar Black Sach het maar hard geveg om die ANC aan bewind te kry (dis nou onder die “groot manne” waarvan jou leier hier praat, jy moet die ANC nie nou kritiseer nie.

Prit ·

Yippee vir ANC Lite wat ook die freedom charter volg. Big woop.

Heinrich ·

Na aanleiding van die negatiewe (maar eintlik realistiese) kommentare op hierdie artikel, moet ek net noem: ‘give the devil his due’. Alhoewel die DA absoluut zero vir Afrikaans doen en, soos Prit gesê het, hulle in wese ‘n ANC Lite is, het hulle tog ‘n beskaafde manier (tot sovêr toe) om die ANC aan te vat en bietjie brieke aan te draai met die terroriste organisasie se aan-jaag: hulle brand nog nie bande en biblioteke af nie. Alhoewel ek nie vir hulle kan stem nie, moet ek tog sê ‘Goed so!’ vir hierdie stap!

Rynhardt ·

Chris,ek stem saam met jou.Nie net glo ou Piet Pompies in die tande-muis nie,maar hy glo ook die tande-muis dra n DA hemp en swaai ook daai afgewaterde DA-vlag!Ha,Ha!

Mike de Beer ·

Is daar dan hoegenaamd niks wat die regering doen sonder om korrup op tec tree nie? Die korropte betalings van Hitachi aan die ANC behoort aan die land verbeurd verkklaar te word deur te eis dat die ANC dit uitbetaal aan die staatskas.

Loeis ·

As MM my sal vergun om die volgende skakel na ‘n ander berig te plaas:
http://www.netwerk24.com/nuus/2015-10-01-da-lp-in-die-sop-oor-inskrywing-op-facebook-oor-pw-botha

Dit handel oor ‘n DA lid wie iets op Facebook gedeel het waarin korrupsie aangeval, en PW Botha goedgepraat word.

Maimane se reaksie was as volg:

“Mmusi Maimane, DA-leier, het die saak na die DA se federale regskommissie verwys vir ‘n interne tugproses.

“PW Botha was ‘n tiran wat toegekyk het hoe duisende Suid-Afrikaners gemartel en vermoor word,” het Phumzile van Damme, DA-woordvoerder, gesê.”

Maimane se politieke korrektheid is darem maar treffend: hy besing die lof van Mandela tydens wie se leierskap die ANC teenstanders met brandende binnebande om die lewe gebring het, maar noem in dieselfde asem vir Botha ‘n tiran.

Dan is daar natuurlik die DA se ondersteuning van Regstellende Aksie.

Dalk onthou mense dit, volgende keer wanneer hulle gaan stem…

chris ·

Loeis.
Moenie “ons” DA lede met sulke feite deurmekaar maak nie asb.Ons wil dit nie hoor,want sien dan regverdig dit nie my Afrikaner stem nie.

Rynhardt ·

Sopas het E-Tv nuus bekend gemaak dat die DA se geliefde lid,koning,Buyelekhaya Dalindyebo is 12jaar gevangenistraf opgele vir aanranding en ontvoering!Dit was die man by wie die DA geposeer het en bemark het as model vir almal!Die DA hou van omstrede karakters!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.