Maimane: ‘Klim van die ANC-bus af!’

Mmusi Maimane. Foto: ANA

Suid-Afrikaners moet van die ANC-bus afklim en op die DA-bus klim as hulle die pad na ʼn beter toekoms vir Suid-Afrika wil kies, sê die DA-leier, Mmusi Maimane.

Maimane het Dinsdag by die Kelvin Grove-buiteklub in Nuweland aan die Kaapse Persklub gesê Suid-Afrika het in 1994 ʼn nuwe busrit begin, maar die bus is verkeerd bestuur deur die ANC – die bus het op die verkeerde pad beland.

“Vanjaar se verkiesing is ʼn kruispad waar Suid-Afrikaners óf kan besluit om op dieselfde ANC-bus te bly óf op die DA-bus te klim en ʼn ander weg in te slaan,” meen hy.

Volgens Maimane raak die ANC al meer soos die NP-regering in sy laaste dae, en word foute gemaak met die herskepping van die verdeeldhede van die verlede, tussen Suid-Afrikaners met geleenthede en Suid-Afrikaners sonder geleenthede.

Die DA-leier het uitgewys dat die ANC die nasionale staatsdiens verswak het met stappe soos kaderontplooiing en die instel van die nasionale minimumloon, wat kanse op indiensneming sal benadeel.

Onder die ANC neem werkloosheid en armoede nasionaal toe, is 20% van kinders ondervoed en word die onderwysstelsel verkeerd bestuur, het hy aangevoer.

“As jy vir die ANC stem, vra jy vir meer van dieselfde want jy vra om weer deur die ANC regeer te word,” het die DA-leier aangevoer.

Hy sê die DA wil Suid-Afrika terugruk van die afgrond sodat die land nie inplof, soos tans in Zimbabwe gebeur nie. Daarteenoor het die DA ʼn trotse regeringstradisie opgebou, soos blyk uit die feit dat meer as die helfte van die werkgeleenthede wat verlede jaar in Suid-Afrika geskep is, in die Wes-Kaap geskep is.

Volgens Maimane is die verskille tussen die DA en die ANC velerlei en bepalend. Anders as die ANC is die DA-beleid gegrondves op die regte van die individu, die uitbou van beleggersvertroue, deursigtige en skoon regering, ʼn omgewing waarin landsburgers veilig is en waar gelykheid en aanspreeklikheid voor die reg voorop gestel word.

Daarom staan die DA se beleidsplatform op vyf bene, te wete die bevegting van korrupsie, die versterking van die polisiemag, werkskepping, veilige landsgrense en behoorlike basiese dienslewering, het Maimane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

62 Kommentare

Pieter ·

Ons is n klomp hier in die buiteland wat DEFNITIEF VD DA BUS AFKLIM.

BlinkStephaans ·

Ou Moesie ek dink jy gaan vind daar is baie meer leë sitplekke op jou bus as wat jy gedink het… want jou bus se “backfire” begin al meer klink soos die anc bus s’n… heelparty het al twee of drie stoppe terug afgeklim… en daar gaan nog afklim… ek stap eerder… want jou bus is ook nie polities padwaardig.

D B ·

@Pieter, @Paul, het nie beter woorde nie.

As blanke Suid-Afrikaner sal die DA my nie weer sien nie! Maimane, i.p.v. praat, hoekom sorteer jy nie die Schweizer grap van jou jeugleier uit nie?

R ·

Al is die DA dalk nie heeltemal op die regte pad nie is dit steeds 100% beter as die alternatief. Vir ons wat in dorpe bly waar die DA aan bewind is, is dit inteendeel net ‘n plesier. Ons kry dienslewering. Ons verkeersafdeling werk, ons munisipaliteit werk, ons paaie is heel, ons polisie is sigbaar aan diens. Waarom iets verander wat werk?

Riaan ·

Van waar faks jy want in Pretoria waar da/ solly regeer is daar NIKS dienslewering, in elk geval nie in wit gebiede nie!

Dries ·

Verassing op verassing DA. Daar was n tyd toe ons julle nog sou steun, maar na wat veral onder julle leiding di laaste paar maande in di Wes-kaap gebeur het – NEE DANKIE!

A1terego ·

En nog steeds gebeur. Dis ‘n merry-go-round bus wat van een dramatiese bestemming na ‘n ander ry, yslike bedrae van ons verhaal om saam te kan ry, gedurige ompaaie met ons ry en klaarblyklik geen idee het wat die eindbestemming is nie want nie een van die busbestuurders het n vae benul nie. Nee wat ek soek nou maar n tjorrie om verder mee te ry. Die blou bus doen dit nie vir my nie.

waarheid1 ·

Ek is lankal van die bus af!!
Hy gaan nog alleen op die bus sit!!

Tokkolos ·

Moesie klim jy van jou Dankie en Asseblief bussie af
Jou dae is getel
Ek kan glo ek het in jou party vertroue gehad nie
Watter fool was ek nie
En ek belowe jou ek vertel almal wat se fools hul ook was
Jy is nes die meeste ander rubbish

Riaan ·

Behoorlike basiese dienslewering???? Miskien in swart gebiede in tswane want oorwegende wit gebiede in tshwane, wat deur msimanga van die da regeer word, sien NIKS van die dienslewering nie! Was Saterdag WEER 14 ure sonder krag terwyl alle beskikbare personeel in mamelodi en atteridgeville hulle tyd verwyl het.

Anoniem ·

ALMAL is dieselfde net BELOFTES !

WAS IN ZIM OOK BELOWE IN 2001 EN NOU BRAND DIT !

Snowball ·

DA en ANC het verskillende busse, maar hulle stop by dieselfde stasies – SEB, en die Rassekaart – om die meerderheid te lok.
Altwee op pad na nêrens….
Die mense Musi vir jou geluister het in die eerste plek nie.

Riaan ·

MM begin nou soos CancER raak. Laat NIKS van my kommentaar toe nie, alhoewel ek min inhou en NIKS verkeerd se nie! Is julle net nog ‘ n spreukbuis vir CancER???

zis ·

DA ASSEBLIEF!!! DA dink ons glo hulle,praat net om stemme te werf,verder beteken hulle ook niks nie. Ek klim al vir jare nie meer op die DA BUS nie.

Stemloos ·

Die DA bus het gisteraand hulle verkiesingsplakate in ons woonbuurt opgesit.
Uitgelê/Geskryf in 3 Afrikatale. Nie eers 1 in Engels nie. So Maimane het my sommer self van die DA-bus afgegooi

Marius ·

Ek het sooooo van die DA bus afgespring! Ek kannie wag om nooit weer vir hulle te stem nie!

John ·

… ja, die kolonialiste het mos niks goed na Afrika gebring nie… Nie eers die Bybel nie… dominee… en snaaks toe backfire die spulletjie…

Andre ·

Mmusi moet maar eerder kyk waar gaan jou gesin se kos vandaan kom na die volgende verkiesing. Dit help nie nou om jou gesiggie te wys nie, jy het niks vir die DA gedoen behalwe wit en kleur stemme weg te jaag nie. Die DA gaan nog saam met die ANC smelt, dit is Mmusi se enigste redding.

Johann M van Heerden ·

Wie stem nog DA? Tragies maar ek sien nie vir die klomp flou makoue kans nie. ANC ‘light’. Hoekom stig Helen Zille nie haar eie party nie? Met Maimane en ander swak leiers is die DA gedoem en ware manteldraaiers wat nie te vertrou is nie.

Stemloos ·

Jy is n ou anc busryer. Jy het nie meer n stem nie.Jy is stemloos.

Muffin ·

DA julle klim ook van die bus af en Cope gaan inklim op die bus

Wdp ·

Die DA spring te vinnig op die rassisme bus saam met eff en anc. Gelukkig nog nooit vir DA gestem nie

ne ·

Nou Musi hoekom is jou party in Schweizer Reneke so RASSISTIES? Jy soek die stemme maar vee eers voor jou eie deur.

Cherokee ·

Sal graag van die saam ryers wat almal nòu wil afklim, wou hoor waarheen hulle wou saamry. Liberaliste kan tog nie oornag verander in konserwatiewes nie.

Challa ·

Waar gaan almal wat afklim. Laat weet ek soek nog bus. Soek net nie “WHITES ONLY” bussie nie. Daai bussie gaan nie ver kom nie.

Juan Olivier ·

Dalk moet die DA van die ANC bus afklim. Hulle raak al hoe meer soos die ANC.

Sanet ·

HAHAAAA…?
Teen die tempo wat almal vani wa eni busse eni vliegtuie afspring, ontwikkel ons straks ñ NUWE nasionale sport!!?

Johann cb ·

Almal van julle wat so teen die DA te velde trek: vir wie beplan julle om voor te stem?
Moenie vir my sê “ek is nie van plan om te stem nie”! Dit sal nog méér noodlottig wees as ‘n stem vir die ANC!
Tyd om te prioritiseer!
Wakker slaap, ouens!

Afrikaan ·

Ons wéét vir wie om te stem Johan…. en beslis vir wie nié!

Marietjie Blignaut ·

Sal beslis nie op daardie Rasbehepte bus van jou klim nie. Jy is te bang om toe te tree as daar teen wittes gediskrimineer word….waarom dan my verder probeer verlei???? Nee dankie Maimane, jy is geweeg en te lig bevind. Stem VF PLUS want hulle veg vir my regte en my waardes.

Marietjie Blignaut ·

Hou net in gedagte dat die komende verkiesing Nasionaal is en nie Munisipaal. Stem reg of wil u graag iemand instem wat nie u waardes voorop stel. Kyk hoe het 25 EFF lede somtyds die hele Parlement omver gewerp …..

riaan ·

Kan nie meer noodlottig! In elk geval ek face eerder die groter noodlot as om verder misbruik te word deur rasiste wat net my stem soek!

Irma ·

Dit beteken niks dat MM beloftes maak maar die mense wat vd DA staan in plaaslike wyke is nooit nêrens….BEHALWE as ‘n verkiesing aan die kom is. Stem sal ons moet anders verloor ons in elk geval agv ons eie optrede. Baie mooi kyk en rondkyk sodat ons in belang van ons eie mense die beste stem gee waardat dit opsigtelike verskil kan maak. Tyd vir volstruis optrede is verby.

Boland ·

Verkondig dat daar baie werk is in Kaap sodat nog meer van die Oos Kaap hier kan kom rondle en niks doen nie.

Afrikaan ·

Maimane is ‘n wolf in skaapsklere. Die wat vir die DA gaan stem gaan nog net so huil soos almal wat destyds “ja” gestem het. Net soos de Klerk gaan Maimane uiteindelik dié wat vir hom stem, verraai.

Nick ·

Blah blah blah……… 332 politieke partye om voor te stem!!!! ek stem glad nie meer nie,ek leef gemaklik en voel n veer vir die res van die wereld. Afrikaners het gewys hulle het net bek. Geniet die verkiesing want anc sal wel weer wen! Vandat ek net oor my en my gesin worry is my lewe n plesier al val alles uitmekaar.

Hanna Hoekom ·

Nice try, Maimane! Na die Naas / Nick/ Willemse debakel sowel as die onlangse Schweizer Renecke debakel, het julle my stem verloor. Julle is vinnig om die witman te veroordeel en glad nie bereid om daarna omverskoning te vra nie. Ek stem nou VF+. Too late!

Johan ·

DA se dae is getel. Gaan selfde pad loop as die klomp ja stemme van NP.

Manie ·

Julle het nie n idee wat dienslewering is. Kyk maar hoe gaan Pretoria daagliks agteruit. Teerstrate is besig om tot nie te gaan. Die plek is vuil. Wat die DA baie goed kan doen is om die bietjie mense wat nog belastings en dienste betaal tot die uiterste te laat betaal.

Johan ·

Die DA sal NOOIT n stem van my af kry nie. Hulle is die ANC se tweeling met n ander baadjie aan.

Twyfel ook ·

Dit maak nie saak vir wie jy stem nie, op die einde vorm hulle inelk geval n koalisie. Die VF+ is te klein om enigsins op hul eie n verskil te kan maak.

Cherokee ·

Of die politieke party vir wie ek stem ooit die paal haal is vir my van minder belang as my gewete. Ek stem soos oorreed deur my eie oortuigings. Gaan sê jy maar vir die jongeling wat nie werk vind in sy land van geboorte maar dit in ‘n ander land moet soek, dat jy nie werklik glo in regstellende aksie maar tog daarvoor stem omdat die opposisie te klein is. Probeer jou eie gewete ook daarvan oortuig. Ek stem soos ek oortuig is, dinge moet wees.

Twyfel ook ·

@Cherokee dit is jou opinie, ek het myne ook gelewer. Ek kry die gevoel jy dink as n persoon nie vir die VF+ stem nie, dat daardie persoon dan automaties ANC stem, ek stem juis volgens my gewete, die VF+ is nie die party wat al my belange op die hart dra nie. Laaste wat ek gesien het is die DA nog die grootste opposisie, en ja hulle maak deesdae foute, wat ek nie mee saam stem nie.

Twyfel ook ·

Op die einde vorm hulle almal in elk geval n koalisie, die VF+ is te klein om enigsins n verskil op hul eie te maak.

Paul Gerber ·

Nou asb ondersteun die VF plus. Dr Groenewald en sy span doen baanbreker werk op alle gebiede. Die voorbehoud van die afrikaner en kleiner groeperings le in hul hande.

CATHERINE ·

DA was fantastiese party. Toe begin hulle twak kytraak oor Kohler Barnard, Lindiwe Maxibuko, Helen Zille, Patricia De Lille. No thank you…. We are moving on….either Good party or VF

koos ·

Die DA se bus is stukkend en word gesleep deur die ANC bus wat deur Julius Malema bestuur word.

Jaco ·

Die DA is die ANC se bus-sleepwa! Klim van die een na die ander gaan jou op dieselfde plek uitbring! Die drywer (Ramaphosa) en kondukteur (Maimane) werk vir dieselfde bus maatskappy!
Sweizer stuur ‘n duidelike DA boodskap! As jy wit is moet jy waai! Feite tel nie!

Elize ·

Haai ek het nie geweet die DA is aan bewind in Pretoria nie (tong in die kies hoor) want dit lyk nou nog erger as toe die ANC hier was. Ek dink Pretoria is ‘n baie groot ashoop wat net groter word want NIKS word gedoen nie. Ek skaam my om in party van hierdie strate te ry want kan nie glo ek het hier groot geword en moet aanskou hoe my pragtige stad ‘n rommelhoop geword het nie. Die asblikke langs die strate staan leeg want alles word rondom neergesmyt. Wonder of hierdie asblikke geskenk was of wat. Praat dan nie eers van die verdwynende teerpaaie nie, meer grondgate as teer. Nuwe tendens om die bandeverkopers te help om besigheid te doen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.