Maimane kondig reusebetoging teen brandstofprysverhogings aan

Mmusi Maimane (9 Oktober 2017) Foto: ANA

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Dinsdag gesê ʼn gesamentlike massa-optog teen brandstofprysverhogings in Suid-Afrika sal volgende week in Pretoria gehou word.

Hy het ʼn beroep gedoen op Suid-Afrikaners om hulle Dinsdag 31 Julie om 10:00 buite die Nasionale Tesourie se kantoor in Tshwane by hom aan te sluit.

“As genoeg mense hul stemme saamvoeg, kan hulle ons nie ignoreer nie.”

Volgens voorspellings sal die brandstofprys Woensdag 1 Augustus weer styg. Maimane het benadruk dat dit nie ʼn party se geveg is nie, maar ʼn geveg vir die hele samelewing.

Volgens hom het pres. Cyril Ramaphosa se regering nou die geleentheid om te wys hulle staan aan die gewone Suid-Afrikaner se kant deur die brandstofheffings en -prys te verminder.

Brandstofpryse het vroeër vandeesjaar ʼn rekordhoogte van oor R16 per liter ingeskiet.

“Toe Ramaphosa as president verkies is, was die petrolprys R14,12 per liter en dit kos nou al R16 per liter petrol in Gauteng. Dit beloop amper R100 meer elke keer as jy jou tenk volmaak.”

Maimane meen dis die armstes van die armes wat die ergste daarvan afkom, aangesien hulle ʼn disproporsionele hoeveelheid van hul inkomste aan kos en vervoer bestee.

Hy het voorts gesê dat die DA en ander burgerorganisasies die regering maan om die heffing vir die Padongelukkefonds (POF) te verminder.

Hy eis dat daar ʼn dringende debat in die parlement ter tafel gelê moet word om die huidige struktuur van die POF- en ander heffings te oorweeg en dat daar gekyk kan word hoe dit aangepas kan word.

Hy het ook voorgestel dat die POF onder onafhanklike, eksterne administrasie geplaas word om sodoende korrupsie uit te roei, bekwame leierskap in plek te stel en die proses te begin om hul R160 miljard agterstand te betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Erica ·

AMEN!!!!!!!! Dit is tyd dat Ons Suid Afrikaners soos 1 saam staan. Ons moet ALMAL net vir 1 uur Dood stil staan/parkeer. ALMAL !!!!!!
ASSEBLIEF!!!!!!

James ·

Die regering maak ook tonne geld met Sasol wat petrol hier in SA petrol vir baie goedkoper vervaardig vanaf steenkool. Die Sasol prys word kunsmatig gekoppel aan die internasionale olieprys nie. Die vorige regering het Sasol gebruik om die burgers van SA goedkoper brandstof te gee, dié regering doen die teenoorgestelde.

Donderstorm ·

Waar is Suid Afrika se olie reserwes? Al gaan die prys van olie op per vaat moet dit mos nie hier so vinnig stuig nie aangesien ons reserwes het om op terug te val of het ek die kat aan die stert beet?

IK ·

Simpel goed soos ‘n verlaging vd maks. spoed na 100km/h (dit sal ook die dood op die pad verminder) en om alle linksdraai bane te verander na toegeetekens (hetsy robots of stoptekens) gaan reeds ‘n enorme verskil maak.
Intussen moet ons maar saamstapklubs stig omdat dit té gevaarlik is in Rama-land om alleen te loop.

jaco ·

maar elke jaar wanneer parlementslede vet salarisverhoging kry, dan bly die DA en ALLE ander politieke party stil en is hulle tog te bly dat hulle NOG MEER kry.
Elke parlementslid kry R1.3 miljoen per jaar, plus lekker behuisingstoelaag plus verniet vlieg plus n luukse motor plus n vet petroltoelaag (weet nie waarom hulle dan oor die hoë petrolprys kla nie). Al hierdie geld en byvoordele maak hulle lewens baie gemaklik. Baie kan ook gespaar word. ELKEEN van hulle (ANC, DA, EFF, IVP, VF-Plus en ook die “wedergebore Christene” in die ACDP), word lekker ryk en bou elkeen lekker aan ‘n mini-Nkandla.

Wonder ·

Jaco, dit sal interessant wees om te hoor waar jy jou feite vandaan kry.

Cherokee ·

Jaco, mense aanvaar nie sommer syfers soos jy dit hier aframmel nie. Staaf dit asseblief.

Koos ·

Ou Moesnie soek maar net aandag en hy’t die gaping gesien. Probeer seker ook die publiek se oog aflei van sy party se hoenderkopbeleid. Ironies dat hy binne paar jaar alles afbreek wat ander oor dekades opgebou het.

jurie blanche ·

Optog teen brandstof eintlik verkeerde benaming, agv wan bestuur en regerings uitgawes en swak rand agv geen besigheid s vertroue agv moontlikheid van eiendoms vergrype en weereens swak bestuur van ekonomie, as dit voortgaan sal rand soos zim dollar n zero geld eenheid word en die net die begin van totale verval.

bgj van der westhuizen ·

die vermindering aan spoed gaan niks te doen met petrol prys nie daar is net te veel belasting en ander goed gekoppel aan dit haal af die volgende
ons betaal vir paaie waar voor ons het dan tol paaie
betaal ongelikvons = laat elke voertuig volgens hoeveel mense kan vervoer betaal dit klaar sal groot plus wees dink net aan busse en taxi s

Haibo ·

Alhoewel ek die betoging ondersteun is MAIMANE net nog ‘n spook. Hy gaan soos Kortbroek ook net stil stil verdwyn na die volgende verkiesing. Konsentreer op die korrupsie waardeur die petrolprys heeltyd opgeskuif word en nie op spoed nie.

PATTY ·

Dit is nie net die armes van die armes wat onder die petrolpryse ly nie. Ons almal moet by werke kom en gebruik dus brandstof want die openbare vervoerstelsel is pateties en onveilig om te gebruik. Ons ry nie verniet of op belastingbetalers se onkostes werk toe nie. Ons moet betaal vir alles.

Wonder ·

Die middelklas raak stadig maar seker die nuwe armklas en moet alles buffer. Hulle betaal meer vir alles: petrol, water, elektrisiteit, kos, ens., ens. Hoewel ek baie simpatie het met die armes, moet besef word dat die meeste van hulle vir baie dinge nie betaal nie, bv. water, elektrisiteit, belasting, ens.

Bakgat ·

Eindelik neem iemand die inisiatief om tee die aanhoudende stygings te rebelleer!! Hoop daar kom iets van!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.