Maimane: ‘Korrupsie het mense se waardigheid gesteel’

Mmusi Maimane, leier van die DA. Foto: DA/Twitter

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag tydens die party se bekendstelling van sy verkiesingsmanifes gesê Suid-Afrika kort verandering.

Die DA se verkiesingsmanifes is by die Rand-stadion in Johannesburg bekendgestel waar duisende DA-ondersteuners bymekaargekom het.

Maimane het gesê die DA het in 2016 gesê die party sal in Johannesburg en die Tshwane-metro reageer terwyl hul kritici gesê het dit is nie moontlik nie. “Maar hier is ons vandag en Johannesburg is blou en Tshwane is blou. Dieselfde mense sê nou weer wat die DA kan en nie kan doen nie. En ons sal hulle verkeerd bewys.”

Volgens Maimane het kiesers in 1994 hul vertroue geplaas in die party wat hulle bevry het. “Daar was nooit twyfel oor die keuse nie. As iemand die droom van ʼn beter toekoms sou lewer, moes dit sekerlik ons bevryders wees – die mense wat ons ʼn beter lewe vir almal belowe het. In daardie vroeë jare het dit gelyk of ons daar sou uitkom.”

Daar het egter toe iets gebeur wat Suid-Afrika van stryk gebring het, meen Maimane. “Ons leiers het ons doel uit die oog verloor. Hulle het besef dat hulle geld kan verdien uit elke werk, elke kontrak en elke aankoop waarby die regering betrokke is.

Duisende DA-ondersteuners het by die Rand-stadion bymekaargekom vir die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes. Foto: DA/Twitter

“Terwyl miljoene nie skoon water gehad het om te drink nie, het hulle die duurste sjampanje op die verhoog gedrink. Terwyl talle nie kos gehad het nie, het hulle rekeninge wat soveel as ʼn jaar se salaris is by restaurante opgejaag. Dié wat as bevryders begin het, het van die mense wat hulle bevry het gesteel.”

Volgens Maimane het korrupsie die waardigheid van die toekoms van miljoene Suid-Afrikaners gesteel. “Korrupsie is ook nie geïsoleerd nie. Dis nie die uitsondering op die reël nie. Dit gebeur op elke vlak van regering – van raadslede reg deur tot in die president se kantoor.”

Maimane het gesê die land is uitverkoop deur diegene wat ʼn eed afgelê het om te dien. “En soos ons by die Zondo-kommissie gesien het, is ons struggle verraai vir ʼn braaipak, ʼn paar biere en ʼn handsak. Dit is nie wie ons is nie. Genoeg is genoeg.”

Maimane het gesê dinge in die land sal nie verander onder die huidige regering nie aangesien die ANC nie sal verander nie. “Ek weet dit is nie ʼn maklike ding om te erken nie en vir baie Suid-Afrikaners kan dit voel dat hulle ʼn familielid verloor wanneer hulle wegdraai van die enigste party wat hulle ken.

“Maar wanneer daardie familielid jou veiligheid en jou kinders se toekoms bedreig dan word jy gedwing om ʼn moeilike besluit te neem.”

Volgens Maimane is die DA ʼn party met ʼn rekord van dienslewering en ʼn party wat divers lyk en voel. Hy het gesê die party doen alles moontlik om Suid-Afrikaners te verenig terwyl ander mense volgens ras probeer verdeel.

Maimane het toegegee dat die party sy tekortkominge het. “Ja ons maak somtyds foute. Maar ons sal nooit vir julle lieg of beloftes maak wat ons nie kan nakom nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Fryingfrog ·

Goed gesê, meneer Maimane. Doen jy jou bes met ons swartmense; VF+ doen hul bes met die witmense en Auntie Pat hul bes met die bruinmense. Ná die verkiesing skud ons hande in koalisie en wys die wêreld en die dommes wat aanhou anc stem, hoe ‘n land in Afrika kán lyk! Viva! Viva!

bolla ·

Wie sê vir jou die DA gaan VF+ of enige ander klein partytjie nodig hê as koalisievennoot? Dis een van die kanse wat jy vat as jy vir ‘n klein partytjie stem, jy kan jouself heeltemal uitsluit van enige vorm van regering.

ZAR ·

Nou hoekom worry jy bolla? As ons stem nie gaan saak maak vir die DA nie dan hoef jy jou nie te bekommer vir wie ons stem nie.

Adam ·

Bolla is ek korrek in my afleiding dat jy suggereer die DA kan ‘n volstrekte meerderheid behaal? Indien wel sal jy dalk ‘n hele paar leeftye moet wag vir so iets om te gebeur.

bolla ·

Adam – Nie noodwendig nie. Indien die DA of een van sy ander koalisievennote groei, mag die VF+ se bydrae nie nodig wees nie. Kom ons neem ‘n voorbeeld – veronderstel dat die DA 5000 van die VF+ se stemme as koalisievennoot nodig gehad om op ‘n plek te regeer. Nou groei die DA en/of sy ander koalisievennote met 5000. In laasgenoemde geval word die VF+ nie meer as koalisievennoot benodig nie en kan hulself buite in die koue bevind.

Ellisras ·

Soos daar gesê is: Die DA sal nie vir jou lieg of leë beloftes maak nie. Dit is al wat die ANC van A – Z gedoen het. Dit is nou die tyd om reg te stem. Die DA is nie alles vir almal nie. Die DA is alles vir Suid-Afrika.

Marietjie Blignaut ·

DA is tans besig om leë beloftes te maak aan kiesers. Party wat ANC wil wen, sal al meer en meer moet toegee aan eise van die meerderheid in ons land. Wat bly dan oor vir ons as minderhede? Net strenger Regstellende Aksies, opskerping van BEE en naderhand ook grondverdeling. Waarom geen woord oor eise tans in Centurion nie? Persoonlik het Maimane my gister finaal oortuig om nie DA te stem met sy gebalde vuis en Amandla uitroepe…laat my aan Winnie Mandela dink.

Alida ·

Die DA gebruik wit Afrikaanssprekendes as stemvoer. Daar nog te veel van daardié groep wat nie kan dink nie òf wat verkies dat hul taal, kultuur en gelyke regte vernietig word deur partye soos die DA. Slaap voort en stem DA.

Marietjie Blignaut ·

Alida dit is nou waar woorde. Mog ons mense besef dat die DA nie ons belange en waardes dra nie…….ons is net stemvoer.

Realis ·

@Alida – Stem! Ja, nee kyk….die skaapmentaliteit darem…..

Linda ·

Daar is nie n manier wat die DA my stem sal kry nie! Hulle het geen Christelike waardes nie.

bolla ·

Dan raak jou opsies min, jy sal dalk vir die ACDP moet stem want die VF+ gaan waarskynlik ‘n paar Muslims aanboord moet neem nou dat hul na die kaapse bruinstem vry.

bolla ·

Gaan jy Muslim stemmers wat moontlik vir die VF+ gaan stem, verdra?

ZAR ·

Bolla dis net mense soos jy wat glo alle witmense is rassiste.

TN ·

Jy sal nog agter mites aanhardloop dan sie die hele land sy agterwerke !

Reguit praat ·

Linda just praat te grooste kaf DA se beleid is gebaseer op Christellike waardes en n koalisie met VF+ en Cope is nie gebaseer op die feit dat DA hulle nodig het maar om groter seggenskap in parlement te he agreed hoekom mors ek my tyd stem vir will jy will

Paul ·

bolla, as ‘n Muslim vir Christelike waardes stem, waarom nie!

leser ·

eerste paragraaf: SUID AFRIKA KORT VERANDERING
hoe lank is dit nie al waarvoor julle skree nie, en wat doen julle daaromtrent, sokkerall
beloftes, beloftus, bleskop het ons in 1994 verraai, VERRAAI se ek jou, dit was ook sy beloftes

Alie ·

Die DA is op die oomblik die grootste en dit maak net sin om vir hulle te stem. Die kleintjies het nie n kans om die ANC uit te lig nie. Dink mense en stem reg. Pas jou eie christelike waardes toe n politieke party gaan dit nie vir jou foen nie. Die VF+ moet saam met die DA staan DAN het ons n kans om van die gemors ontslae te raak.

HARTSEER ·

Daarmee stem ek 100% saam. Ons het nie ‘n 2de sterk oppisisie party om saam te staan nie – soos tussen die ANC en EFF is nie. Hul gaan die lewe vir ons hel moeilik maak.

Irene ·

Die wat teen DA is gaan stem maar vir EFF
En hou jul b oor DA

Frik Lotz ·

As jy vir die DA stem kan jy netsowel ANC stem. Geen verskil tussen die twee nie. Altwee steun rassistiese wetgewing soos regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging.

Hans ·

Ja Irene, dit is naïewe mense soos jy wat maak dat ons afrikaners nooit sal kan saamstem nie. Maak n deeglike studie van die DA se manifes en jy sal besef dat daar wesenlik geen verskil tussen hulle en die ANC is nie. Het jy al vergeet van hul jeugleier se optrede en uitsprake by Schweizer Rei eke? Gaan lees op hul webwerf wat hul standpunt oor grondhervorming is. Jy gaan daar lees dat hul onder andere propageer dat die opbrengs van n plaas gelykop tussen die eienaar en die werkers verdeel moet word. Het jy al gehoor dat Mainane enigsins sy mond oopmaak oor plaasmoorde. Word wakker tannie

Cornelia ·

VF+ verteenwoordig die somtotaal van my eie vryheidsideaal, unieke volksidentiteit en waardigheid binne die erg getraumatiseerde diverse teenpole in ons land. Die Afrikaner het ‘n leierstaak wat ‘n strategiese lewensbron en lewensaar is vir die Afrikaner se eiesoortige kultuur agtergrond vanaf sy vestiging hier aan die Suidpunt van Afrika tot in die nog verre toekoms. Neem Rentmeesterskap op met ‘n vaste vertroue op ‘n toekoms van Hoop, geregtigheid en waardigheid voor God. Laat u hart nie wankel as die “sandstorms” woed nie. Behou geloof. Die sterkte behoort aan die Here.

Dries du Toit ·

Cornelia. Wie nie met jou saamstem nie se hart sit nie op dieselfde plek nie. Dit is wonderlik om nog woorde soos joune te hoor. Niks so mooi soos n behoudende vrou nie.dankie

Henning ·

Bolla, dis duidelik dat jy nie die kiesstelsel verstaan nie. Die VF wil nie die meerderheid party wees nie, want dan sal dit noodwendig ‘n swart party word. Die VF wil die blanke steun kry om hulle te verteenwoordig en hulle belange te beskerm en bevorder. Vergelyk dit maar met ‘n vakbond. Hoe meer blanke steun hoe sterker kan hul namens die blankes beding. Dan is daar ook die Bruin deel van die bevolking wie se belange deur die VF hanteer kan word tot die mate wat hulle dit verkies. Samewerking tussen minderheidsgroepe tot voordeel van almal se spesifieke en ook gemeenskaplike belange kan ‘n sterk en sinvolle aliansie daarstel. Anders as die DA wat alles vir almal wil wees en op die ou end niemand se spesifieke belange kan dien nie.

Heleen ·

Jammer…ek kan nie my geloof en waardes so verraai nie….ek stem nie vir ongeliwiges nie…punt

Cobuz ·

Henninf Met 2 persent werklik ? VF+ het DA nodig in fact hulle het mekaar nodig

bolla ·

DA het nie noodwendig die VF+ nodig nie maar die VF+ gaan altyd die DA of ANC nodig hê as moontlike koalisievennoot. Boonop kan die VF+ as baie klein partytjie maklik sy waarde as moontlike koalisievennoot verloor, al wat nodig is is dat die DA of van sy ander koalisievennote groei.

bolla ·

VF+ droom nog van 2% stemme. Vorige verkiesing kon hulle nie eers 1% kry nie.

kallie ·

VF+ het 0,9% stemme getrek. Die dag wanneer hulle 2% stemme kry, hou die ossewa brigade ‘n koeksister-opskop soos min.

Hans ·

Kallie daar staaf jy my punt. Jou ma jou nie maniere geleer nie? Sies man!!!!!

Frik Lotz ·

n Party bly nie klein nie maar groei en word groter hoe meer mense daai party ondersteun. Netso word n party wat groot is, of dink hy is groot, kleiner as kiesers daai party verwerp by die stembus. DA gaan n groot teleurstelling ervaar met hierdie verkiesing. VF Plus gaan almal verras met n goeie vertoning.

Gemaskerde Sopbeen ·

Voor 1990, het julle wat hier bo so gal braak en teem en kerm ooit vir die KP of die HNP gestem? Nee. Julle vir die grootste liegbek party bly stem….die NP, wat julle op die ou einde uitverkoop het, nadat hulle hulle eie sakke vol gestop het. Nou doen die meerderheid dit ook………en julle veroordeel hulle? Vee eers voor jou eie deur, né?

John ·

Oor die 25 jaar na die NP se rondomtalie was dit net die Mulder-broers en kie van die VF wat sonder sorge en met niks-doen heerlik geld getrek het in die parlement. Ja-gestem en nou die Afrikaners weer vir ‘n ride wil vat op die laaste stadium na kulturele uitwissing deur Mr Charity te word ~ skollie-agtige fighters uit draai. Die party sal dalk hierdie keer 10 stemme bykry, maar na die ontnugtering sal die party oor wees.

Dries du Toit ·

Wat se 2% steun hammer julle op. Kyk julle na die persentasie steun om te bepaal waar julle moet stem. Belaglik man. Intelligente mense stem vir die party wat sy waardes verwoord, sy kultuur voorstaan, sy christelike beginsels onderskryf, sy taal beskerm. EN DAN 2% van WAT ???? 2% van die hele swart bevolking wat miljoene Zimbabweers en Mosambiekers insluit. Dit is mos bitter onregverdig. As die VF+ net een miljoen stemme kry is dit 25% van die blanke bevolking. Dit gee hulle al klaar n mandaat om namens die Afrikaner by die Verenigde Nasies te gaan hulp vra as ons verder onderdruk word

HARTSEER ·

Die DA was paar jaar gelede ook gewees waar VF+ nou is. Jy moet soos oral begin aanpas by sekere goed om nie heeltemal oorskadu te word nie. Die ander party gaan dieselfde paadtjie loop as wat die DA nou loop. Ek stem nie heeltemal saam met alles wat die DA doen en sê nie maar ek bly liewers in ‘n Provinsie wat deur DA beheer word as in ‘n ANC of EFF provinsie. Die DA gebiede kry swaar want hul word “afgeknou” “geboelie” om swakker en sleger te word deur die oppisies partye want alhoe minder finansies of bydraes word aan hulle gegee.

Judge Dredd ·

Hier waar ek bly sal die DA ook nooit in beheer kom – so ek kan maar netsowel vir die VF+ stem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.