Maimane maak kapsie teen BTW-verhoging

geld-munte-kleingeld

Foto: Negative Space/Pexels.com

Mmusi Maimane, leier van die DA, sal  Saterdag ʼn nasionale petisie van stapel stuur in Soshanguve in Gauteng om kapsie te maak teen die BTW-toename van 1% wat vandeesweek in die parlement tydens die begrotingsrede aangekondig is.

Malusi Gigaba, minister van finansies, het Woensdag tydens sy begrotingsrede aangedui dat BTW van 14% na 15% sal verhoog.

Maimane het gesê die toename sal ’n negatiewe uitwerking op die armes en werkloses hê. “Die toename van BTW, tesame met die reuseverhoging wat brandstofheffings betref, sal ’n styging in voedsel- en vervoerkoste vir alle Suid-Afrikaners inhou. Die ANC kan nie die armes laat betaal vir sy plundering van openbare geld nie,” het Maimane in ’n verklaring gesê.

John Moodey, die DA se leier in Gauteng, en Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, sal hulle by Maimane aansluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Mary-Anne Jordan ·

Dit is absoluut belaglik, met BTW dra almal darem by tot die belasting verligting, nie soos met persoonlike belasting wat ‘n uitgesoekte groep mense al die las moet dra nie. Die DA kan maar koebaai se vir baie stemme.

Frik ·

Ek myself het ook geen probleme dat BTW verhef is tot 15% nie. Dit is hoogtyd dat die hele SA bydrae tot die belasting verhaling. Jy kan nie verwag dat 8 Miljoen mense die belastling dra van 56 Miljoen mense nie. Laat elkeen wat geld uitgee bydra tot die belasting koffers.

Wat anders ·

Ek verkies dat die BTW opgaan. So dra almal by. Vir die werklike armes is daar produkte wat uitgesluit is. Watter ander voorstel het Mr Maimane? Verkies hy om die bestaande belastingbetaler wat ‘n opgawe moet indien, verder te belas met ‘n verhooging in persoonlike belasting?

Pieter ·

Die verhoging van belasting van enige soort is om die disproporsionele groot meestal onbevoegde staatsdiens en parlement te finansier. Drastiese besparings is hier nodig.

Gatvol ·

Gaan lees eers die petisie en dan lewer jy kommentaar. 74 ministers absoluut belaglik, en jy moet betaal sodat hulle lekker vet salarisse moet verdien terwyl meeste elke cent moet omdraai. Teminste kyk iemand na ons belange. Wag en kyk tot jy moet betaal vanaf 1ste april, dan verander jy vinnig jou storie.

MMC ·

Ek ondersteun die verhoging 100%. Laat almal oor dieselfde kam geskeer word.

Cherokee ·

Die verhoging van 14% na 15% is nie ‘n verhoging van 1% nie maar inderwaarheid 1.07%.
Ek kom nou vanaf ‘n inkopietoer en tot my verbasing is VAT69 steeds VAT69 en nie VAT70 nie.

Sandra ·

Dit is eintlik 1.001% as jy so tegnies wil raak 115/114 X 100. Jy kan nie net 15/14 X 100 sonder die basiskoste nie.

Adam ·

Veels geluk!!!! 3 Afrikaners, 3 opinies en al 3 is seker nog korrek ook!!!.

Eish ·

“We have robbed the state,
so now you have to pay it back.”
Enige ander beskrywing van die oorsaak van die flenter ekonomie is woordgimnastiek.

Adrie Hoffmann ·

Halfveer die salarisse van die ministers – begin eers daar – ek reken dit op sy eie sal n reuse besparing te weeg bring.

Alida ·

Verminder die ministers en hulle gevolg en besnoei drasties op al die uitspattige etes en duur drank, en veral op duur vlugte wat hulle onderneem wat soms onnodig is.

Marinda ·

Dankie Mmusi, ons waardeer jou poging. Nie almal kan bekostig om die 15% te betaal nie. Hoekom moet ons gestraf word vir ander se dade. Die staat moet die gelde van die skuldiges verhaal. Daars in elk geval te veel ministers op die payroll. Vir wat? Raak ontslae van hulle en ons probleme is so te sê op ñ ent.

Johann Marx ·

Dis nogal teleurstellend hoeveel kommentare hier is wat saamstem met die verhoging, maar blykbaar nie verstaan HOEKOM die verhoging gebeur het nie? As die regering verantwoordelik met beskikbare belasting omgegaan het, korrupsie elimineer, belaglike prestasie bonuses en salarisse vir geskorste politici stopsit, en ophou om met die guptas te heul……….sal daar MEER AS GENOEG geld wees om na hierdie land om te sien, die ekonomie te stimuleer, werk te skep, en armoede te verlig. Maar hulle het nie……….en nou moet “almal” daarvoor betaal? Dit gaan nie oor die 1% nie……….dit gaan oor HOEKOM is dit nodig om BTW te verhoog!!!

M ·

Ek verstaan wat jy sê, maar selfs die onwettige immigrante moet BTW betaal as hulle winkels toe gaan. So vir my is dit ‘n pluspunt dat ons werkende landsburgers nie alleen die las moet dra nie.

Spikkels ·

Vir my part kan hul dit 20% maak en die persoonlike belasting weg vat dan sal almal belasting moet betaal veral die wat so belasting ontduik

Lola ·

Die DA raak elke dag meer en meer die pad byster. Maak persoonlike belasting minder, dit is mos net 5% van ons wat dit betaal, en maak BTW meer. Ek is moeg om meer as die helfte van my geld vir die staat en die DA te gee……..

susan ·

DA verteenwoordigers in ons dorp leef net al meer baie hoog en hulle help met die opspoor van honde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.