Maimane, Malema looi president in staatsrede-debat

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede 2019 (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa en die ANC-regering het behoorlik deurgeloop onder aanvalle van opposisieleiers op die eerste dag van die debat oor die staatsrede.

Die debat is begin deur die ANC-hoofsweep, Jackson Mthembu, wat die DA en die EFF lelik laat rondskuif het met sy sekure aanvalle op hulle.

Mthembu het omvattend aangehaal uit onderhoude wat die voormalige DA-lede Patricia de Lille en Shaun August toegestaan het oor hoe hulle meen daar op rasse- en ander gronde teen hulle gediskrimineer is.

Oor die EFF het Mthembu gesê hulle is “gewelddadige, kinderagtige boelies wat geen plek in ‘n demokrasie het nie”.

Toe Maimane aan die beurt kom, het hy die ANC tromp-op getakel. Hy het Ramaphosa gevra om, eerder as om groot nuwe planne aan te kondig, eerder net die basiese dinge reg te doen, soos om te verseker dat die land se ligte aanbly.

Volgens Maimane is daar ‘n nuwe noodroep uit die townships: Geen meer amaGrizzi (geen meer Agrizzi’s nie) – ʼn verwysing na hoe keelvol gewone mense is vir korrupsie.

Oor Ramaphosa se herhaaldelike stelling dat mense hierdie ruimte moet dophou, het Maimane gesê die DA het Ramaphosa se ruimte mooi dopgehou toe hy reg langs oudpres. Jacob Zuma gesit het. “Niks gaan in die toekoms gebeur nie, want niks het tóé gebeur nie,” het Maimane opgemerk.

Die DA-leier het aangevoer diegene in die ANC wat steel is in beheer, nie Ramaphosa nie. “Die ANC verskil met u oor alle beleidsaspekte. U is glad nie in beheer nie,” het Maimane gesê.

Aldus Maimane is dit nogal hans van Ramaphosa om te beweer ‘n nuwe blaadjie is omgeslaan ná nege leë jare onder Zuma. “Jy het gebaat. Jy was daar!” het Maimane in Afrikaans gesê.

Die leier van die opposisie het bygevoeg Ramaphosa was te alle tye as Zuma se adjunk honderd persent agter Zuma. Hy het uitgewys hoeveel beter die Wes-Kaap as enige ander provinsie vaar met werkskepping, landbousekerheid, ensovoorts, en hoeveel verbetering daar in die ekonomiese posisie van Johannesburg en Tshwane is sedert hulle DA-burgemeesters het.

Volgende aan die beurt was die minister in die presidensie, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wat grootliks statistiek afgelees het, in so ‘n mate dat die EFF-leier, Julius Malema, vir Ramaphosa bedank het dat hy Dlamini-Zuma in die ANC-leierskapstryd geklop het, ten einde die land van die verveligste staatsredes ooit te red.

Dit was egter Malema se laaste kompliment aan die ANC.

Hy het eerstens uitgewys hoe oud die ANC se deelnemers aan die debat is vergeleke met ander partye s’n, en gesê dis ‘n belediging vir die jeug.

Volgens Malema gaan die privatisering van Eskom teen die beleid van die ANC, en wil Ramaphosa daarmee net sy eie vriende en familie – soos die sakeman Patrice Matsepe – daardeur bevoordeel.

Die ANC sal volgens Malema toesien dat 90% van die opbrengs uit die olie- en gasvonds naby Mosselbaai na die buiteland gaan, in ‘n nuwe daad van kolonialisme.

Malema het opgemerk dat Ramaphosa nie werklik glo in onteiening sonder vergoeding nie, want volgens Malema is dit die Oppenheimers wat Ramaphosa gemaak het wat hy is.

Malema wou ook weet hoekom Ramaphosa nie optree teen diegene in sy kabinet teen wie aanduidings van korrupsie opstapel nie. “Het iemand soos minister Nomvula Mokonyane dalk ongure inligting oor Ramaphosa?” wou Malema weet.

Die IVP-leier, Mangosuthu Buthelezi, het hom veral toegewy aan die afskeping van tradisionele leierskap deur die regering, terwyl die UDM-leier, genl. Bantu Holomisa, veral gepraat het oor die swak infrastruktuur in die Transkei, byvoorbeeld die swak stand van paaie en die lughawe van Mthatha.

Natasha Mazzone, DA-LP, het Zuma gevra om korrupte ministers in die tronk eerder as die kabinet te laat beland, terwyl die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, ontken het dat Eskom se ontbondeling neerkom op privatisering.

Die DA-LP Phumzile van Damme, het die ANC reguit daarvan beskuldig dat hulle steel, en het aan Ramaphosa gesê hy was doodstil eerder as om Zuma te kritiseer.

“Anders as die ANC tree die DA op teen korrupsie wanneer sy lede hulle daaraan skuldig maak. Ons doen dit, al is ons nie perfek nie, en al maak dit ons ongewild,” het Van Damme gesê.

Daarteenoor het die adjunkminister van justisie, John Jeffery, beweer daar is aanduidings van korrupsie in DA-munisipaliteite soos Johannesburg, Tshwane, George en Knysna. Hy het ook uitgewys dat die DA vir die hele wêreld vra om teen enige samewerking tussen die ANC en die EFF saam te staan, terwyl dit die DA – en nie die ANC nie – is wat lustig met die EFF saamwerk.

Die DA-hoofsweep, John Steenhuisen, het sy toespraak eerstens gewy aan die land se misdaadsyfers, en het spesifiek na plaasmoorde verwys.

Toe het hy pres. Cyril Ramaphosa gewaarsku dat die ANC gereed is om die dolk in sy rug te druk, en hom uitgedaag om teen die korrupte lede van sy eie kabinet op te tree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

JWC ·

Wat ‘n tragiese sirkus? ‘n Eens vootreflike land…. As al die swart, wit en bruin regdenkendes in hierdie land net EEN maal kan saamstaan… dink net wat ons met die plek kan doen! Ag Here, help ons asseblief en laat ons na U terugkeer sodat U ons land kan genees en verlos van die onheil en bose….

Avra ·

Die pot noem die ketel swart. Fooitog. As elkeen maar net sy plig doen, hoe goed kan dit gaan.

Cobus ·

Waar is al die anti DA komentaar nou skielik geen komentaar nie komaan mense julle kan beter doen as dit Dringend samewerking tussen Cope, DA en Vryheids Front Dan het ons nommers om it’s te kan doen teen die moorde op please nie net praat daaroor nie

Eddd ·

Of daar nou komentaar is of nie beteken nie dat mense nou nie omgee nie. Niemand kan so sterk onthou en klou soos ‘n afrikaner op die plateland nie. Die DA gan deurloop met die volgende verkiesing. Hulle het al wat ‘n onderwyser is teen hulle gedraai en hul eweskielike swaai oor plaasmoorde staan uit soos ‘n seer duim as politieke spel vir stemme. So ver soos koalisies gan, gan dit presies dieselfde soos altyd. Was die DA, VF ens… nie nog altyd in een nie?

Dries du Toit ·

Maimane het nogal beindruk met sy op die man af aanval op Ramaphosa. Wens net n mens kon op hom vertrou het

Japie ·

Vertrou? ‘n Man wat ‘n onderwyseres van rasisme beskuldig voordat alle feite bekend was.
Het iemand hom al gehoor om verskoning vra?

TN ·

Japie , daardie is regtig nou al ou nuus en wanneer jy oor die politiek lees probeer om dit sonder die regse oogklappe te doen __ die land het groter probleme as die ongelukkige waninterpertasie van ‘n foto wat in elk geval nooit op sosiale media moes gekom het nie !

Gollie ·

Soms maak ‘n mens foute deur te vinnig wil wees,eerder as om eers te luister en dan te oordeel,

Andre ·

Mmusi was in `n vergadering saam met Rhamposa voor #SONA, duidelik was daar iets vir hom belowe en gese hy kan maar se wat hy wil. Mmusi is net nog `n puppet wat saam met die ANC speel.

VanAfrika ·

TN, die onderwyseres wat beskuldig was vir rassisme, OU NUUS???? Regtig???? Dit gaan nog tot in lengte van dae onthou word, want dit was op facebook versprei toe in hoof stroom media. Sy was verneder tot in die afgrond toe. Dit was die bedoeling. Net om nog n Afrikaner en blanke te verneder sodat sy bykans haar werk ook verloor. Solidariteit moes intree vir haar sodat regverdigheid kan geskied. Hulle was bloedneus geslaan deur hulle agterbaksheid en leuns EN JY NOEM DIT OU NUUS!!!!!! Sy het gesê sy gaan terug baklei en haar naam skoon kry en sy het dit gedoen en sy is met respek terug gestuur skool toe om weer vir haar kindertjies te gaan skool gee. En jy noem dit OU NUUS!!! In teen deel, dit hoort in ons Afrikaner se geskiedenis boeke. Sy is n heldin want sy het die vyand verslaan. Phfft, ou nuus!!

Cobus ·

Dries men’s kan enigste party wat werkbare beleid het Het net nog stemne nodig Dan kan daar daadweklik iets gedoen word or plaas moorde nie net praat week nie

Adrian ·

Hoor nou niks van Vbs geld oorplasings na julias en floyd se onwettige transaksies … als tjoepstil …. weer onder die mat gevee hy die hoofnar se mos dat eff die enigste party is waar geen korrupsie voorkom nie. Leef ek op n ander planeet ??

Johanna Botha ·

Ek het al so baie keer gesien hoe selfs swartmense onder mekaar nie kan saamwerk omdat hulle te bang is om vir die ander te se wat om te doen en nog minder n ander wil aanspreek as iets verkeerd is …so watse leierskap kan mens verwag as dit so gaan !

GP ·

Ek het geen verbetering gesien in Pta waar ek woon onder die DA nie. Sypaadjie gras so lank jy kan nie sien of daar aankomende verkeer is nie, en lyk aaklig. Potholes, water pype wat weke lank water lek, geen polisie teenwoordigheid nie. Geen verkeersbeamptes nie, taxis ry soos hulle wil en algemene publiek ook nou al. Nee wat DA ek het gedink julle gaan jul kans gebruik toe julle Gauteng gekry het.

Db ·

Hierdie is maar net die begin van die sirkus. Die groot pret lê nog voor en is my sitplek klaar bespreek

Sophia ·

Maroela Media, moet dit nie “Ramaphosa” wees in plaas van ‘Zuma’ in die 19de paragraaf nie? Die een wat begin met Natasha Mazzone…

Anoniem ·

Ek stem saam met jou – Ramaphosa moet vir Zuma en kie in die tronk laat beland.

Dalla ·

Chaos in SA!!!! Hoekom???

Deuteronomiun 11:22 tot 28

25- Niemand sal teen julle kan bly staan nie. Soos die Here Beloof het, sal HY orals waar julle gaan, n skrik en angs vir julle oor die land laat kom.

26- Let op, ek hou julle vandag seën en die straf voor:

27- Die Seën sal kom as Julle die Gebooie van die Here julle God Gehoorsaam, wat ek julle vandag gee,

28- Die Straf sal kom as Julle Ongehoorsaam is aan die Gebooie.

SA is Ongehoorsaam aan die 10 Gebooie!

SA het Aborsie gewettig dit is Moord,
Ons mag nie moord pleeg nie – Alle ras, plaasboere word links en reg dood gemaak vir Niks.
Verkragtings!

Al wat SA moet doen is om Terug te Draai na God!!!!

10 maklike gebooie wat ons nie kan na kom nie.

Nou wonder en vra party mense Waar is God.

Lees die Bybel, bid, keer terug soos die ou dae waar gesinne saam gebid het, saam aan tafel geeet het, saam kerk toe gegaan het. Ons Vergeet waar kom alles vandaan. Net Genade van Bo.

Ons mens so maklik om gou n bid groep te stig en te bid vir reen, maar as reen kom wie het n bid groep om die Here te Prys en te dank.

Waar is die dae wat ons almal hande gevat het en saam as een nasie gebid het dit sluit in wit, swart, pienk en blou mense.

TN ·

Hou tog net op om na mites te hardloop die oomblik wanneer dit begin swaar gaan !

Gert J ·

Stem met jou saam. Dis tyd dat ons geloof n werklikheid word en nie net n woord nie. Wanneer jy siek word – GLO en vertrou dat Yeshua jou kan en sal genees en dit sal so wees. Ons geloof glo ons dat Yeshua vir ons gesterf het en vir ons sondes betaal het. Bely en laat staan die moedswillige sondes wat die mens verwyder van God af en ervaar hoe Yeshua n werklikheid is en wil wees.

Anoniem ·

Ek stem saam met jou – Ramaphosa moet vir Zuma en kie in die tronk laat beland.

En nou? ·

Praat, praat, praat… Dis tog al wat heeldag gedoen word, maar absoluut geen aksies word uitgevoer nie!!!

MW ·

Was gisteraand heel aand ingeskakel op 702 vir ‘n verandering en baie be-indruk. Dinge was op die man af gesê, geen doekies omgedraai nie. Ons is moeg om te hoor ons moet alweer almal saamwerk en ons moue oprol. Dis al wat ons voltyds doen deesdae. En dan word ons aangeraai om generators, inverters, solar ens ens aan te skaf, ons moet ons dinge in plek kry. Maar intussen betaal jy maandeliks beskikbaarheid en al die pad net MEER … vir MINDER? Waar is die mense wie betaal is vir die ontwerp en bou van Medupe? Hoekom moet daar nou oorsese kundiges aangestel word om te ondersoek – alweer op ons onkoste? ‘n Mega kabinet maar lyk nie enigeen weet regtig wat in hul departemente aangaan nie? Niemand word ge-arresteer nie? Soos ‘n deelnemer gisteraand tereg gesê het, looting, looting, looting. Maak mens SIEK

Frik Lotz ·

Maimane en die DA praat baie maar dis als net leë woorde wat niks beteken nie. Pieter Groenewald van die VF Plus is die enigste leier met murg in sy pype en hy is n sterk leier wat omgee vir die mense. Dis nutteloos om DA te stem, VF Plus enigste en logiese opsie om voor te stem.

Griet ·

Dankie Jan-Jan, vir weer eens ‘n beskrywende artikel uit die parlement. Persoonlik het ek baie van John Steenhuisen se toespraak gehou, veral waar hy uitgewys het dat die president sy teenkanting vir sy (goeie) planne nie vanaf die opposisie moet verwag nie, maar vanaf sy eie alliansievennote.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.