Maimane moet verduidelik oor huurhuis

Mmusi Maimane, leier van die DA (Foto: DA)

Die leier van die DA, Mmusi Maimane, moes vandag aan die party se tesourier, dr. Dion George, verduidelik wie besit die huis waarin die Maimane-gesin in die Kaapse woonbuurt Claremont woon.

Maimane moes ook verduidelik watter afslag hy op die huur daarvan ontvang.

Die Sondagkoerante Rapport en City Press het sowat twee weke gelede vrae oor die huis in die Kaapse suidelike voorstede begin vra, en dit is by die mees onlangse vergadering van die DA se parlementêre koukus opgehaal.

Na aanleiding van sy stellings aan die koukus is besluit dat George vandag met hom moes vergader om presies vas te stel wie die huis besit, wat die eienaars se verhouding met Maimane behels en hoeveel huur hy vir die eiendom betaal. George sal dan aan die DA-leierskapstrukture terugrapporteer.

Blykbaar word die huis besit deur ’n maatskappy waarin Maimane en andere aandele besit, en huur hy dit teen ’n nominale bedrag – ver onder markwaarde – van die maatskappy.

Nou word daar in DA-kringe uitgewys dat mense in magsposisies baie versigtig moet wees om gunste – hoe wedersyds goed bedoel ook al – van andere te aanvaar.

Die vrae sluit ook in of daar ander voordele of afslag buiten die huis is wat Maimane geniet, of dit korrek verklaar is en indien nie, waarom nie.

Maimane moes al ’n slag in die verlede gou spring om uit die moeilikheid te bly nadat hy in 2015 nie die bydraers tot sy veldtog om DA-leier te word, verklaar het nie. Hy het dit toe na die sperdatum in die vertroulike deel van die parlementêre bateregister verklaar.

Ironies genoeg is Maimane tans besig met ’n veldtog om pres. Cyril Ramaphosa onder druk te plaas om al die skenkers aan Ramaphosa se interne veldtog om ANC-leier te word, openbaar te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Elna ·

Daar is n spreekwoord wat sê: ” haal eers die balk uit jou oog voordat jy die balk in iemand anders se oë raak sien. Ek dink min van hulle weet wat dit beteken.

SjN ·

Hugo se airtime is klaar en hul reageer nie op n please call me nie.

WMirabilis. ·

En Maimane hoe voel dit om ‘n slag dié een te wees wat onder die loep geneem word?

Jam ·

Nou weet ons wat gaan gebeur as DA aan bewind kom in die res van SA!! Korrupsie galore!! Proof me wrong!!

K Pretorius ·

Die bewys is eenvoudig, die Wes Kaap en hulle Stadsrade is die beste in die land. Weet jy van enige ander party wat beter regeer?

E ·

Hy en sy gesin moes trek omrede hul doodsdreigemente ontvang het. Mense kan darm maar klippe gooi en ń storie vir jou aanmekaarslaan om hul te pas.

Christa ·

Ja hys so besig Om ander te jaag, daarom Kan Hy ook nie stilstaan nie. Dis reg dat Hy Nou weer gejaag word.

Johanna Botha ·

Los maar die verduidelings ….bedank net asb want die DA is besig om te val onder sy leierskap !

Realis Thailand ·

Wonder watter stories gaan nou uitkom
Die laaste wat ek gelees het was R20 K per maand huur
Wat gaan dit nou wees.
Kan mense nie dink voor hulle praat nie en besef papier is geduldig.
Lyk vir my hy leer goed by Corruptcr hoe om te vergeet

Joon ·

Ja nee grawe n gat vir Ander en jy self Val daarin. He he heee. My raad is werk saam en nie teen mekaar nie. Dan Sal ons land n baaaaie beter plek wees

Lizelle Wessels-Hendriks ·

I am done with the DA. Ek loop maar oor na die Vryheidsfront. Die DA het swak leierskap.

AV ·

Another case of the pot calling the kettle black?
Bwhahaha!
Ly almal aan selektiewe geheue…

Daan ·

Da en die ANC is presies dieselfde, al verskil is net die naam. DA het lankal nie meer my stem nie en nou begin al die goedjies uitkom

WMirabilis. ·

Jou geheue is maar kort, Alta. Die DA-geskiedenis getuig ook nie juis van saamstaan nie.

Pottie ·

DA praat ook maar net alta en ons het ook nie die DA nodig nie hulle en die ANC werk saam word wakker

Swartwolf ·

Almal mag duur huise en baie geld he solank dit eerlik bekom is en nie nodig was om daaroor te lieg nie.

George in Bloem. ·

‘n Eerlike politikus wat nie ietsie vir homself “organise” of die een of ander agenda dien bo die kieser se belange moet nog eendag gebore word.

Piet ·

Wat ‘n mens diep roer is die tweeslagtigheid van die heksejaag op rassime en verskonings vir swakversteekte kickbacks.
Virtue signaling wat horibaal skeefloop – ai tog.

Kallie ·

Nou het Maimane ook ‘n SUV gebruik wat deur Markus Jooste verskaf is, selfs lank nadat die verkiesing verby was. Die DA se senior leiers het hom gewaarsku om die kar terug te gee maar hy wou nie luister nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.