Die DA-leier, Mmusi Maimane, het hom uit die Wes-Kaapse premierswedloop onttrek.
Maimane, wat homself verlede Vrydag in ʼn verrassende skuif vir die posisie beskikbaar gestel het, gaan nou eerder konsentreer op die DA se drie hoofdoelwitte vir die verkiesing – om ANC-steun landswyd laer as 50% te probeer kry, om die ANC-meerderheid in Gauteng laer as 50% te kry en om ANC-steun in die Noord-Kaap laer as 50% te kry.
Dit los nog nie die DA se Wes-Kaapse premiersprobleem op nie. Dieselfde drie kandidate wat voorheen verkiesbaar was, is steeds verkiesbaar, en die saak is na die kieskollege terugverwys, wat oor die saak moet stem.
Toe daar aanvanklik gestem is, het die provinsiale LUR vir ekonomiese ontwikkeling en landbou, Alan Winde, verreweg die meerderheid stemme gekry, gevolg deur die parlementslid David Maynier, met Bonginkosi Madikizela, Wes-Kaapse leier, in die laaste plek.
Madikizela het die proses egter in omstredenheid gedompel deur aan te voer die DA behoort nie ʼn wit man as premierskandidaat te stel nie. Sowel Winde as Maynier is wit mans, so as hulle om rasredes gediskwalifiseer word (wat lynreg in stryd met die DA-grondwet is) sal Madikizela se beswaar dit so bewimpel dat hy wen, al het hy laaste geëindig.
In hierdie stadium is Winde die gunsteling om premierskandidaat te wees. Die aankondiging van die premierskandidaat sal môre op ʼn mediakonferensie gedoen word.
Madikazela het duidelik geslaap toe al wat DA politikus is, die kiesers probeer oortuig het die DA is nie-rassig. Die uiteindelike keuse sal nogal interressant wees: Nou nie juis die 3 grootste staasmanne in die heelal wat om die pos baklei nie.
So ons is te wit om vir die DA te stem
Goed so; dan weet ons…
Klomp narre wat hulself in die voet skiet.
Gaan lees maar gerus op oor Bonginkosi Madikizela. Die DA het vir hulle ‘n eie lat gepluk. Hy is van die Oos Kaap, het aanvanklik aan die ANC part behoort, later UDM, het met die tyd in Khayalitsha gaan nes skrop en in 2008 by die DA aangesluit. Zille het hom kort daarna as LUR vir behuising aangestel.
Waar is al die vurige DA ondersteuners nou? Word hulle nou in die rug geNP, soos in die 90’s? Dalk moet julle nou gaan ANC stem hoor, anders is dit so goed julle gee jul stem vir die EFF. Dis mos wat julle my vertel het omdat ek destyds nie wou DA stem nie! Moet net nie op die draad gaan sit nie hoor, daar’s nie plek vir julle almal nie!
Nou vir wie stem ons dan?
Sis, as jy ‘n gelowige mens is en sterk is in jou geloof het jy ‘n baie goeie kans om die regte besluite te neem, wat dit ook al is. As jou geloof in jouself gevestig is sal jy nie wil hoor wat ek se nie. Ek probeer dus nie snaaks wees as ek se dat jy self moet besluit nie. Ek het n gevoel jy sal beslis die regte ding doen!
Ja ons arme rasgedrewe sg ‘nie rassige’ demokrasie is net nie rassig as die wat begunstig word swart is. Soos Bafana Bafana. Daar is nie plek vir ‘n wit mens in hierdie land nie. Die DA kry nie weer my stem nie.
Sis, as jy ‘n gelowige mens is en sterk is in jou geloof het jy ‘n baie goeie kans om die regte besluite te neem, wat dit ook al is. As jou geloof in jouself gevestig is sal jy nie wil hoor wat ek se nie. Ek probeer dus nie snaaks wees as ek se dat jy self moet besluit nie. Ek het n gevoel jy sal beslis die regte ding doen!
ja da soek die wit man se stem maar hy is nie goed om n pos te kry nie kom wit mense stop om te stem vir da daar is n party wat julle voor kan stem vryhieds vrond