Maimane: ‘Ons oomblik van moed is nou’

Mmusi Maimane. Foto: DA/Twitter

Mmusi Maimane, leier van die DA, het Saterdag tydens die party se laaste byeenkoms voor die verkiesing sterk uitgevaar teen pres. Cyril Ramaphosa.

Maimane het Ramaphosa daarvan beskuldig dat hy die afgelope 25 jaar toegekyk het hoe die ANC geplunder het. Hy het aan duisende ondersteuners by die Dobsonville-stadion in Soweto gesê hy is kwaad aangesien die leier wat gekies is om die mense te verteenwoordig uiteindelik van hulle gesteel het.

“Wat die aanstootlikste is, is dat hulle van die armes gesteel het. Hulle het geld gevat wat bedoel was om die lewe van ons kwesbaarste burgers leefbaar te maak en dit in hul eie sakke gesit. Die ANC was eens die leier in die stryd om vryheid, maar vandag staan die party direk in die weg van vryheid vir miljoene Suid-Afrikaners.

Foto: (AP Photo/Jerome Delay)

“Hulle was eens op ʼn tyd ʼn beweging, maar vandag is hulle ʼn monument – ʼn blote oorblyfsel van die verlede. Hulle was eens ons bevryders, maar vandag moet ons van hulle bevry word. Daarom is ek kwaad,” het hy gesê.

“Ons is almal op geleende tyd in hierdie land en gebruik geleende geld. Maar alles wat geleen word, raak uiteindelik op. Ons sal teen die einde van die verkiesing weinig diesel oorhê en die ligte sal afgaan. En ons sal sekerlik ook sonder geld sit met ʼn groeikoers van net 0,8%.”

Volgens Maimane was Ramaphosa reeds in die regering toe korrupsie in die ANC begin versprei het. “As Suid-Afrikaners in die verlede deur vrees voortgedryf is, sou apartheid nog bestaan het. Maar mense is deur hoop voortgedryf, en hulle het moed getoon en verandering gekies. Ons oomblik van moed is nou.”

Maimane het gesê hy is verskriklik trots op die DA se groei die afgelope 25 jaar. “Die DA is groter en sterker as ooit tevore. Ons is meer divers as ooit tevore. Ons regeer op meer plekke as ooit tevore. Ons is verenig in ons missie om een Suid-Afrika vir almal te bou,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

67 Kommentare

Pieter du plessis ·

Nee,ek dink nie so nie ,daar word teen my kinders gediskrimineer net oor hulle velkleur en hulle is lank na apartheid se dood gebore ,my mense word op hulle plase vermoor en vermink ,my kinders word die reg ontneem om in hulle taal te studeer en hy en sy party sê niks ( Silence is concent) sal nooit weer DA stem nie.

Hendrik ferreira ·

Ek stem saam die DA het my vir jare belieg met hulle beloftes kyk maar na die laaste munisipale verkiesing ,niks is beter nie my buurt het verval onder hulle bewind.

Cobus ·

Pieter dit is nie die DA se skuld magtig man hulle is die enigste party wat n werkbare oplossing het. Maak nie saak how hoog die VF+ op die opposite banke spring nie hulle in die minderheid en het geen impak op belied nie DA kan impak maak.Kan nie as jy as party net minderheid group se belange verteenwoordig nie

Gert van Wierdapark ·

Maimane-hulle kon dit nog sterker gestel het: Ons oomblik van Moed is nou! Ons MOET die geleentheid benut/aangryp!!! NOU of NOOIT!

Waarheid ·

Een van die goed wat ek met hom saam stem en dit is wat hy se van CR. Ek dink nie iemsnd kan CR vertrou nie nie eers sy eie party nie.

Sê maar net... ·

Netso waarheid! En ons gaan die ANC + EFF in koalisie laat gaan, deur onwys te stem.

Ernst Marais ·

Obama kloon aan die hoof van ANC-lite
Totale gebrek aan oorspronklike persona en denke

Andreas ·

Wat my dinges se deksel van Cyril is, hier kom hy in die dae voor die stemmery en maak die mooiste beloftes, soos dis verkeerd dat ras op aansoekvorms voorkom, hy sal na visumprobleme kyk, klomp ander goed, gaats dit klink of hy al sy ministers se werk vir hulle gaan doen, hy, hy, hy … Plaas dat hy die goed al gedoen het en in plek gekry het, dan kon hy mos sê, kyk wat het ek in ‘n jaar en ‘n half se tyd vermag, maar hierdie man het net beloftes wat hy uitdeel.

Andreas ·

Dan moet ek byvoeg, wat help dit hy ‘knor’ oor ras wat op die aansoekvorms vir werk voorkom, maar SEB en kwotas waaraan werkgewers moet voldoen, is nog in plek? Sy woorde is niks anders as goedkoop retoriek nie. Hierdie is die laaste mens op aarde in wie ek my vertoue sal stel, hy speel net eenvoudig te veel met woorde.

Dries du Toit ·

Ou Mmusie Maimane beindruk my vreeslik. Hy som die ANC goed op as n klomp korrupte skelms. Hy wys al hulle wandade bitter mooi uit. Hy moet dit bly doen en die menigde oningeligdes wys maak. Ek respekteer hom vir wat hy doen. Ongelukkig weet ek dat hy vir sy eie mense sal veg tot die dood toe. Maar ons weet dat die Afrikaner nie in daai “eie mense ” kategorie val nie net soos Ramaphosa se “our people” die blankes uitsluit. Op hierdie oomblik is die DA nog nie ons vyand nie. Kap dit uit Mmusi. Ons geniet dit nog

Therese van Schalkwyk ·

Dries, stem saam, dit was ‘n puik toespraak en ‘n mens hoop regtig dat die DA die korrupte ANC finaal uit die kussings gelig kry.
Die DA het egter nie die handvol wit Suid-Afrikaners nodig om dit reg te kry nie.
Wit ondersteuners van die party weerhou volgens berigte baie middelklas swartes om by die DA aan te sluit. Erg ironies as dit waar is.

Dit is ook waarom dit die verstand te bowe gaan dat Afrikaners bereid is om hul taal en kultuur opsy te skuif ter wille van ‘n politieke party. Wanneer Afrikaans uit die laaste universiteit en staatsskool verdwyn het, is dit te laat.
Werk eerder vanuit ‘n groter, sterker Vryheidsfront, wat ook ander minderheidsgroepe insluit, sáám met die DA teen die ANC.

Annie Webb ·

Die Kaap (stad en provinsie) word puik regeer deur die DA. Skoon oudits en dienslewering 100x beter as enige ANC-beheerde stad of provinsie. Geen enkele Afrikaanse skool in ons stad of provinsie is nog op enige wyse benadeel nie; om te beweer die DA gaan Afrikaanse skole benadeel, is goedkoop politiekery. Universiteite word nie provinsiaal beheer nie, moet verengelsing dáár nie op die DA se brood smeer nie. Net nóg goedkoop politiekery deur die VF+ om wit, Afrikaanse stemme van die DA af te rokkel. Dink julle regtig ‘n party soos die VF+ wat grotendeels vir groepsbelange (wit/Afrikaans) veg, gaan ooit hond haaraf maak in SA? Presies wat het die VF+ al vermag? Ek sê weer: my stad en provinsie word puik regeer deur die DA; hulle het ‘n bewese rekord van sukses; en hulle bedreig nêrens Afrikaanse skole nie. Die VF+ beskou hulself as “koningmakers” volgens Groenewald in Die Burger, omdat hulle die beslissende stem in koalisies kan wees. Praat van arrogansie. Hier in die Kaap sal “auntie Pat” meer stemme kry as Peter Marais. Dalk moet al julle VF Plussers ‘n slag gaan sit en deeglik besin hoe julle stede en provinsie(s) lyk waar die ANC regeer; dan kyk na wat die VF+ daar vermag het; en dan sonder julle blinde vooroordeel kyk hoe lyk dit in die Kaap waar die DA regeer. Dis net ‘n sterk veelrassige opposisie soos die DA wat uiteindelik ons land uit die put van sosialisme kan red, nie groepsbelange soos taal nie.

Therese ·

Annie Webb
Die hovaardige trant in jou op- en aanmerkings is teleurstellend, maar verras geensins.
Waarom so giftig teenoor ‘n party wat volgens jou geen bedreiging inhou nie?

pan ·

Ek gaan my ook voortaan skaar by die VF+ die DA doen niks vir my of my vooruitgang in die piesang republiek van suid afrika of PRSA nie.

Akademi Buktu ·

Ek het ‘n deernis vir die VFplus, … maar … kyk bietjie na hul kandidatelyste. Sien julle al die familiebande daarin raak?

Dries du Toit ·

Dr. Goenewald moet net die goedgelowige oningeligde blankes wakker maak. Dan sal daar hoop wees vir SA

nabetragting ·

“Die deler en so goed soos die steler” Hierdie morele kwessie bestaan nie in SA nie. Maar miskien word ek verkeerd bewys.

Neels ·

Kom nou los julle kinderagtige geklets en aanmerkings. Gaan en stem vir wie julle wil moet net nie soos die sitkus narre maak om ander te probeer probeer intimideer en of om julle denkwyse te aanvaar nie. Vrye verkiesing en elkeen stem vir wie hy wil. Elkeen van julle probeer n Spur trek op die DA hier in die kommentaar maar die 8 ste gaan julle wel vir hulle stem wie sal weet

Sê maar net... ·

Stem saam Neels, die gekef en geblaf teenoor ander partye, vanaf vf + ondersteuners irriteer ook die rook uit my uit

Markus ·

Na die taal debat het Dr Lotriet met haar verdraaide waarheid my finaal laat besluit om eerder Vryheidsfront plus te stem

CHAPPIES ·

Def.net DA en niks anders nie!
Vf+ se ondersteuners se alewige
kritiek en aanvallende kommentare hierso, het my laat besluit om NOOOIT vir vf+ te stem nie!!!!

Griet ·

Ek het die wêreldse respek vir Mnr.Maimane en viri DA, enigste party groot genoeg om n verskil te kan maak

Cobus ·

Stem saam Griet Kan die in SA oorleef deur vir minderheids party stem wat net minderheid belange beskerm VF+ Kan so hoog as wat hulle wil op die oposisie banke spring gaan ongel ukkig geen impak he nie

Derek ·

Stem volkome saam jou Griet! Die DA is die grootste veelrassinge politieke party, wat n teenvoeter kan wees,in koalisie meti kleiner partye om die ANC+EFF te probeer blok,ons het nie regtig n ander keuse nie

Dries du Toit ·

Ek sien dit anders. Die DA is die party wat die VF+ vir jare lank kritiseer en verguis asof hulle die vyand is. Die DA het begin as n klein party wat later die dogma versprei het ” n stem vir die VF+ is n mors van jou stem”

Tina de Lange ·

Jys reg Dries,n stem vir n kleiner party wat uiters swak vertoon, tot dusver, ÍS inderdaad vir n groter en sterker ANC+ EFF in koalisie,jys doodreg!

Annie Webb ·

Die DA baklei nog altyd teen die ANC, dis die VF+ wat nou hard probeer om wit Afrikaanse stemme van die DA af te rokkel sodat hulle nog ‘n paar sitplekke in die parlement kan kry. Die DA is veelrassig, dis hulle basiese uitgangspunt. As wit mense vir hulle stem, is hulle net so welkom soos enigiemand anders. Maar ek twyfel of dit ‘n wyse besluit van die DA sal wees om ooit die VF+ as koalisievennoot te hê. Wat ons hier in die Kaap betref, is mense wat vir die VF+ stem, almal wat steeds hoop wittes kan apartheid êrens in ‘n volkstaat handhaaf. Dis nié wie die DA is nie. Die DA regeer die Kaap (stad en provinsie) puik. Ons beskou die VF+ as ewe radikaal as die EFF en dus ewe onwelkom hier. Die DA is die goue middeweg; VF+ is ver regs soos EFF ver links is. Kou daaraan.

John ·

Sal iemand tog nie asseblief vir die DA-leier daarvan oortuig dat luidsprekers sy toespraak uitsaai nie. Hy hoef nie soos ‘n maniak te skreeu nie… of preek hy al skrouende.

Laetitia ·

Die DA is die enigste party wat verandering kan meebring. Wees gewaarsku teen die ANC en EFF.!!

Pieter du plessis ·

Al wat iets doen vir die minderhede is Solidariteit en afriforum en hulle is nie eers n politieke party nie maar afrikaans sprekende mense wit en swart ondersteun hulle en kyk wat vermag hulle

luka ·

Stem asb met jou Kop en nie met jou hart nie. DA kan die verskil maak as jy en die res vir hulle stem. Gebruik jou Kop

Andreas ·

As iemand vir sy waardes moet stem, vir dit wat hom na aan die hart lê, dit wat vir hom ‘n beter plek sal besorg, sonder om ander hulle s’n te misken, en sodanige persoon is wit en Afrikaans, is daar nie ‘n manier hoe ek kan sien dat so ‘n persoon vir die DA wil stem nie. Om DA te stem is om boonop toestemming vir hulle te gee dat jy as ‘n minderheidheidsgroep ook ondergeskik aan daardie regte van die meerderheid behandel moet word.

Dawid ·

Ooo…genade nee,Groenewald beïndruk my nou geheel en al nie,jammer broer Dries!!

willem Botha ·

Dr Groenewald is die hoogs gekwalifiseerde leier van enige politieke party in Suid afrika.

Willemien ·

Hy het dalk ‘n doktorsgraad, maar is ook nie juis ‘n Eistein nie.

Therese van Schalkwyk ·

Insiggewende artikel in Moneyweb deur David Everatt:
“South Africa’s Black Middle Class is Battling to find a Political Home”.
Daaruit blyk dat die wit komponent in die DA duisende potensiële nuwe kiesers afskrik. Ironiese dilemma, as daar al ooit een was!
‘n Sterker DA, in koalisie met ‘n véél groter VF Plus, kan berge versit .
Maar probeer dít nou verduidelik …

Judge Dredd ·

Stem saam.

DA jaag die swart vote en as sulks gee word minderheids regte opsy geskuif..Die wittes binne DA verhoed heel moontlik dat nog meer swartes aansluit.

VF+ moet homself beywer vir minderheidsregte, en dan deur koalisies hul regte najaag.

Andreas ·

Ingelyks kan ek oor die VF Plus sê: “Ons oomblik van moed is nou!”

JP ·

Hou op om julle stemme te baseer op emosie en dink eerder strategies oor dit. Die enigste party wat die ANC kan klop is die DA, is dit nie wat ons tog wil hê nie! Enige iets is beter as die ANC (EFF en BLF tel nie omdat hulle n vlieg in melk is). Die VF+ se paar stoeltjies in parlament gaan niks verskil maak nie.

Dries du Toit ·

Ai tog JP. Die DA sal nooit ooit die ANC klop terwyl daar nog wit gesigte in hulle boonste hierargie sit nie. Raak hulle van hulle ontslae dan sal duisende meer swartes hulle ondersteun. Dan sal hulle nader aan die ANC beleid beweeg en dan kan die ANC lite dalk oorneem. Waar los dit jou dan ou maat ????

Marietjie Blignaut ·

Gister se “amandla” geskreeuery het weereens my ore seer gemaak. Hy probeer Obama naboots en slaan synaam met ‘n plank. Paar weke gelede het hy Winnie Mandela vereer as die moeder van die nasie. Finaal besef dat hy nog steeds in sy hart groot ANC is. Kommunisme en die dade wat Winnie gepleeg het, kan nooit goedgepraat word nie. Wat nog om haar lof te besing! Hy gaan eendag bekend staan as die grootste verleentheid ooit vir DA. Kyk maar net hoe het hy Zille en Patricia se sake hanteer. Zille mies NOOIT uitgestem geword het nie……

Chris ·

Al die slim VF+ ondersteuners kry dit in julle koppe daar sal nooit weer net n blanke party aan bewind wees nie. Wat taal regte en mense regte aan betref nie een van die partye sal daar voor veg nie, VF+ praat net maar wat het hulle bereik niks. Die blanke afrikaner word net deur al die partye geken as dit by verkiesings kom om hulle van n vetsalaris te verseker

Felix ·

Chris, dit het ons lankal in ons koppe gekry, ons is realiste en weet dat daar nooit weer ‘n blanke party aan bewind sal wees nie, dis hoekom ons vir ons minderheidregte opstaan, vir ons taal en ons toekoms. Terloops, ons veg nie vir vet salarisse nie, net vir ons regverdige plek in die son. Baie soos ek is al vir jare werkloos.

sweis ·

Sonder daai paar stilletjies sou julle nie Pretoria of johannesburg gewen het nie.

Sê maar net. ·

WOW maar hier is van die mense wat lekker gal braak???
Kom uit dieverlede mense dit gaan nooit weer gebeur nie moet ASB nie mislei word met veg terug probeur vir 1 keer in die mooiland van ons vanaf 1652 saam testaan en STEM DA .
Daar staan ook geskrywe die een wat nie ñ fout maak laat hy die eerste klip gooi.

elizna ·

gaan lees die boek animal farm..shame dis al in jaar toet voorspel

Cor ·

Felix moet tog asb nie op n politieke party staatmaak om n werk te kry nie , dit sal nooit gebeur nie. 20 Jaar terug is ons van ons vaste werke ontneem by n semi staats instelling, van ons het egter nie gaan sit en hoop een of ander party gaan ons help nie, inteendeel hulle was dood stil, ons het ons eie ding gedoen en oorleef nog elke dag danksy genade van bo. As ek jou mag raad gee VFP sal en kan niks vir jou doen nie, ook nie een van die ander nie, by hulle gaan dit net om n posissie in die parlement. Doen jou eie ding , weerhou jou van rassisme en ongewenste uitsprake en stem vir n party wat jy dink n verskil kan maak in die bestuur van die land en die belasting betaler se geld. Ek se nie stem vir die DA nie maar kyk na hulle track rekord en besluit self.

Felix ·

Cor, ek het ‘n idee jou kommentaar is eintlik gemik op my laaste twee sinne van die bostaande kommentaar, en ek haal aan:

“Terloops, ons veg nie vir vet salarisse nie, net vir ons regverdige plek in die son. Baie soos ek is al vir jare werkloos.”

Ek vra om verskoning as ek die verkeerde indruk gewek het. Hierdie was in antwoord op Chris se kommentaar en verwysing na vet salaris waar ek wou uitwys dat als nie vir geld gedoen word nie, maar vir die liefde van die saak en vir dit waaraan mens glo, al is mens werkloos.

Die realiteit is, mens kan nie sonder geld oorleef nie, selfs nie die armstes onder ons nie.
Maar dit is ongelukkig so dat mens baie opportuniste kry wat ‘n gaping sien, ook is daar dalk mense wat die politiek betree omdat daar nie opleiding voor benodig word nie, dalk is die mens maar net ‘n goeie prater en laat sy volgelinge aan sy lippe hang.

Dit is die realiteite waarmee ons sit.

Boerboel ·

Ek stem saam met jou Dries en Theresa.Ek will nog graag he my Klein kinders moet in Afrikaans onderig kry. Die DA sal beslis nie vir Afrikaans veg nie. Onthou die meeste DA LP’s is x ANC. So ek glo om vir n’Kleiner party te stem soos VF+ is nie n stem mors nie.

Boerboel ·

Kyk na die stemmery water party doen die meeste vir taalregte hier OP Maroela media? Vf+ loop voor met 73% tenoor Die DA se 7 %. Laat mens dink ne. Ek vetrou nie die DA. X . Anc of beter die herstigte ANC party of ANC lite

Dries du Toit ·

Lees mooi wat Therese se. Daar is baie waarheid in. Sy uiter baie profetiese woorde. Die witgesiggies in die DA koukusse moet uiteindelik verdwyn

Andreas ·

Dries, hulle gaan, as baie nie al reeds het nie, dalk het hulle nog nie die moed nie. Kom ek sê vir jou baie van die ou NP’s wat van daardie tyd DA toe is, so ook op provinsiale en plaaslike vlak, het nog nie die moed bymekaar geskraap om hul kop en wat reg is te volg nie. Ek bel dan nou ‘n tyd gelede ou met ‘n probleem oor munisipale diens, en daar kom sien ‘n DA ou my, ‘n Afrikaner en hy het ‘n groot besigheid hier.

willem botha ·

Die DA is nou in dieselfde situasie as toe kortbroek die mense belieg het om vir hom te stem en toe sy lede uitverkoop het,Maimane gaan van die wit mense ontslae raak om n groter swart stem te kry.

Boerboel ·

Stem saam Dries en Willem. Al wat ek kan se vir die DA aanhangers. Niemand is so blind soos die een wat nie will sien nie. Da seek net julle stemme.

Theoman ·

Sit Saterdag en kyk na die DA se retoriek so asof hulle beter sal doen as hul broers die ANC, dan tel ek op my een hand die paar wittetjies wat daar sit en dan het ek nog n paar vingers oor,sien daar was nie juis veel van hulle nie. Nes die ANC /EFF se alewige “Amandla”met gebalde vuis en al irreteer die hel uit my uit, maar nou ja weereens besef daars net een party en dis die VF Plus. EK voel tuis daar.

MW ·

Dink ook nie dis die moeite werd om vir minderheids partye te stem nie, die korrupte brotherhood ANC moet uit en dis al wat op hierdie stadium behoort te tel. Moet nou nie weer die skip sink nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.