Maimane: ‘Ramaphosa steek iets weg oor Bosasa’

Mmusi Maimane. Argieffoto.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het uitgevaar teenoor pres. Cyril Ramaphosa nadat die president Donderdag geweier het om in die Nasionale Vergadering bekend te maak hoeveel sy seun, Andile, verdien het uit sy transaksies met African Global Operations, voorheen Bosasa.

Maimane het Ramaphosa in die parlement gevra om ʼn spesifieke bedrag te gee van hoeveel Andile uit sy saketransaksies met Bosasa verdien het, maar Ramaphosa het geweier om dit te doen. Hy het slegs geantwoord die kwessie word tans deur die openbare beskermer ondersoek en dat dit op dié manier hanteer sal word.

Maimane sê Ramaphosa se antwoord op sy vraag is “doodeenvoudig nie waar nie”.

“Die openbare beskermer ondersoek of pres. Ramaphosa die parlement mislei en die etiekkode van die uitvoerende gesag oortree het – nie hoeveel sy seun deur Bosasa verdien het nie. Die president is verantwoordbaar teenoor die parlement, nie teenoor die openbare beskermer nie, en sy weiering om hierdie inligting bekend te maak wys daar is iets ernstigs om weg te steek tussen Ramaphosa en Bosasa.”

Maimane was ook boos dat Baleka Mbete, die parlement se speaker, ingetree het om Ramaphosa te beskerm teen enige verdere vrae oor die kwessie. “Dit kan nie toegelaat word dat die president daarmee wegkom om verantwoording aan die parlement te doen soos die geval met die Zuma-presidensie was nie. Ons het nou beweeg van ʼn kultuur waar ons uBaba ka Duduzane beskerm, na waar ons nou uBaba ka Andile beskerm.”

Ramaphosa het verlede jaar tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die parlement gesê sy seun, Andile, het ongeveer R500 000 uit ʼn kontrak met Bosasa verdien. Destyds het hy gesê indien enige onreëlmatighede of oortredings begaan is, sal hy self sy seun na die naaste polisiestasie toe vat.

Pres. Cyril Ramaphosa kom by die parlement aan om ANC-lede van die ANC-koukus toe te spreek. (Foto: Brendan Magaar/ANA)

Ramaphosa het later dié antwoord teruggetrek en gesê hy het onbedoeld die verkeerde inligting gegee en dat die halfmiljoen rand eintlik ʼn donasie was aan sy veldtog om ANC-president te word.

Maimane was egter nie oortuig deur Ramaphosa se donasie-verduideliking nie. “Hierdie is duidelik Korrupsie 101. Bosasa het geld aan ANC-beamptes, insluitend pres. Ramaphosa, gegee sodat die ANC-regering winsgewende tenders ter waarde van miljarde rande aan Bosasa kon toestaan. Dit is hierdie korrupte verhouding wat ook daartoe gelei het dat individue soos die president se seun, Andile Ramaphosa, multimiljoenrand saketransaksies met Bosasa aangegaan het.”

Maimane beweer daar is ʼn “lang lys van ANC kaders” wat uitgebreide veiligheidsopgraderings soos veiligheidskameras, alarmstelsels en elektriese omheining verniet by Bosasa gekry het. Hy beweer die maatskappy het ook na bewering Zuma se verjaarsdagviering in 2015 en 2016 gefinansier wat glo na raming R3,5 miljoen beloop het.

“Die mense van Suid-Afrika moet weet hierdie stelsel van korrupsie is deel van die kern van die ANC, ongeag wie die organisasie lei. Dit is die hele ANC wat korrup is, nie net Jacob Zuma, die Guptas en hulle vennote nie. Dit is ʼn stelsel van korrupsie wat bedryf word wat die armes en die werkloses uitsluit – net om ʼn paar individue met die regte politieke bande te bevoordeel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

ne ·

Nou toe cr, hoop jy lewer ook kommentaar op die aantuigings. As jy en jou familie skoon is bewys dit in die openbaar.

Die Skim ·

Die OB gaan tot 2048 vat om ‘n verslag uit te reik.
Steeds is daar invloed op die OB deur number 2.
Lê ‘n klag asseblief. Skeur sy dagboek op totdat hierdie afgehandel is. Die man is onder eed,,,,, watse eed…… AFRIKA eed

JohanL ·

Dit wil voorkom asof ‘n eerlike leier in die ANC nie bestaan nie. Dit is eerder ‘n kwessie van die een wat die “minste skelm” is? Ek vra maar net? Of is ek verkeerd?

Petrus Heigers ·

Dit is baie duidelik dat ons hier te doen het met ‘n skelm wat zuma duidelik soos ‘n predikant laat lyk.
Buffelneus het telkens bewys hy ag nie die waarheid as belangrik nie-Korrup

Genieve ·

CR doen maar dieselfde wat Zuma gedoen het lag alles af niks neem hulle ernstig op nie.

riaan ·

moesie word groot!

Dink jy regtig jy of die da sal enigeiets regkry met stellings soos “dit kan nie toegelaat word dat die president daarmee wegkom om verantwoording aan die parlement te doen ……”?

Wat gaan julle doen om cr te dwing? Niks want julle kan NIKS doen nie. Die CancER lag vir julle en julle kan maar net toekyk!

Ena van Rooyen ·

Riaan sy naam is Mmusi! As jy nie respek het vir mense bly weg van die media, om neerhalend na ander te verwys is n bewys van n swak karrakter.
NET die DA het sover die ANC en sy ministers tot orde geroep! Zuma is uit agv DA pogings! Brown is uit agv DA pogings! So ook vorige ministers van finansies en ander departemente. Behalwe DA & EFF Watter rol het enige van die ander partye gespeel? VF+ het stem weerhou in DA se mosie destyds teen Zuma! Hoekom?

riaan ·

En wat help dit?????

Hy onthou maar lag nog steeds vir moesie in sy gesig!

Jepetto ·

Waar is die Hoofman van koripsie Zuma en sy 3 travante die Guptas en hulle liutenante roep hulle dat hulle vra antwoord in die parlement

Jerry ·

Maimane vergeet van Bosassa want die massas dink Zupta en Bosassa was Robin Hood! Werk eerder daaraan om vir die geskooldes te verduidelik dat dit nie n Robin Hood geval was nie en werf genoeg swart geskoolde stemme om die verkiesing te probeer wen of om die ANC erg te verswak. Dit is die enigste manier hoe die DA honderde nuwe Bosassas wat wag om te gebeur, kan verhoed!

riaan ·

da sal baie swart stemme moet werf want GEEN REGDENKENDE blanke sal weer vir hulle stem nie!

Karl ·

Ag tog Mmusi, jy blaf ook maar net. Enkelhandig hordes DA kiesers verloor.

Gert van Wierdapark ·

Natuurlik steek hy iets weg! Pappa se seuntjie sal net soos voormalige pres Zuma s’n mos nie aan enige agterspene suig nie! Bosasa was die Gans wat goue watsonia-eiers gele het en mense, het almal skielik nie n voorliefde ontwikkel vir roer-eier, “scrambled eggs en oom-e-let nie. Nou sit die pres self met ‘n rou tameletjie!

Skroef ·

Ou moesie die paddaman se seun se besigheid, is sy eie. Hoe kan hy die man wil uithaal oor sy seun se sake?

Afrikaner ·

Bosaaaaaasa …. sis die slang, bosaaaaaasa. Ek staan so effe tru van die gespude woorde wat die slang met gesplete tong na my kant toe uiter. Ek het dit nie verwag nie, maar dan besef ek dit is Afrika, dis net ek en die natuur en die een op die grond wat met die voorkant hoog gelig, bakkop, sulke groen oë en skrefiegeel kykers my beloer.

Alida ·

Riaan regdenkende mense moet juis DA stem. Hoe anders wil jy die ANC uitkry? As al die klein partytjies wat n wind in die orkaan los hulle by die DA skaar het hulle 90% kans om van die skelms ontslae te raak. Dit is nou van kardinale belang.

Riaan ·

@Alida

Jy sit die pot mis:

1. Ons het die da kans gegee en wat het hulle gedoen? Hulle rue op blankes gedraai tot nou dat hulle ons weer nodig het! Ons is nie moesie en sy gang se skivvies nie!
2. My stem, en ek is seker baie ander stem saam, kan nie met lee beloftes en oppervlakige toneelspel gekoop word nie en moet verdien word, iets wat die da nie regkry nie!
3. Die da en hulle aanhangers se verskoning van klein partytjies raak afgesaag! Dink asb. aan iets nuuts want net dalk het die da die kleiner partytjies nodig om in Pta en Jhb aan bewind te bly na die plaaslike verkiesing en om provinsie (s) te beheer.

Jan ·

Mmusi is maar ook net agter mag aan . Hy kon nie eerns onderlige geskille in sy party bestuur nie hoe wil hy dan n land bestuur . Hy het niks anders om sy onkunde agter weg te steek as die geval om die president mee verdag te probeer maak nie .

Emma ·

Almal n useless lot hoop net die anc word uitgestem maar ek is realisties hou maar al my fingers cross.

Lalie ·

Kan ons nie maar vir Barak Obama kry as president nie. Hy het nie te sleg gevaar in Amerika nie.

Riaan ·

@ Ena van Rooyen

Wie het jou aangestel as die karakter ombudsman?
Ten minste het ek karakter, unlike moesie wat ” go with the flow”. Se net wat hy dink mense soos jy wil hoor! As ek dan van “media moet wegbly” moet jy ook maar liewer want jy is oningelig en kan nie kritiek hanteer nie! Is dit nie ook ‘n teken van ‘n swak karakter?

Riaan ·

@Ena van Rooyen

As jy nie weet waarvan jy praat nie moet jy liewer van media afbly. Jy maak jou naam krater met stellings soos ” net die da ……” en”Zuma is uit …” en ” Brown is uit …” ens.
Interesant jou julle da’s dadelik die VF hierby insleep? Het ek enigeiets van VF gese? Voel da dalk bedreig deur VF?
moesie verdien nie my respek nie so hoekom hom respekteer?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.