Maimane: ‘Reg in eie hande nié die oplossing’

Mmusi Maimane, leier van die DA

Die DA is erg bekommerd oor gerugte wat die ronde doen dat mense reg in eie hande neem en wapens opneem in Coligny in Noordwes.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het gesê bendegeregtigheid, maak nie saak hoe kwaad en emosioneel mense is nie, is nooit ʼn oplossing binne die konteks van ons demokrasie nie.

“Ons is ʼn nasie met wette en die gereg sal afreken met dié wat hulle skuldig maak aan oortredings,” het hy gesê.

“Die DA doen ʼn beroep op mense om die reg toe te laat om sy gang te gaan om geregtigheid vir Mosweu (16), die seun wat dood is, te verseker. Die verlies van só ‘n jong lewe onder sulke twyfelagtige omstandighede is altyd moeilik en het sterk emosionele reaksies tot gevolg. Die vernietiging van eiendom, rassisme en fisieke aanrandings is egter nie geregtigheid nie,” het Maimane gesê.

Mabine Seabe, woordvoerder van Maimane, het gesê hy het vanoggend met genl. Khomotso Phahlane, waarnemende polisiehoof, vergader en het hom glo gevra om te verseker dat daar polisie in die Coligny-omgewing ontplooi word om lewensverlies te voorkom en die veiligheid van eiendom te verseker. Phahlane het glo benadruk dat daar ʼn “kriminele element” is wat die situasie in Coligny uitbuit.

“Die mobilisering van inwoners moet ʼn einde kry. Dit is onverantwoordelik en gevaarlik om mense aan te moedig om wapens op te neem. Daar is net ʼn klein vonkie nodig vir die ding om in ʼn groot en gewelddadige voorval te ontaard en nie een demokratiese burger wil dit hê nie,” het Maimane gesê.

Die DA het mense op sosiale media en in die gemeenskap wat rassisme gebruik om uiting te gee aan hulle woede ten sterkste veroordeel. “Ons kan nie ons menslikheid verloor nie,” het Maimane gesê.

“In ʼn tyd waarin leierskap so nodig is, is die stilte van pres. [Jacob] Zuma oorverdowend. Dit is skandelik dat Zuma nog niks oor dié krisis gesê het nie.”

Maimane meen ook dat dit uiters roekeloos is vir politieke en gemeenskapsleiers om inwoners aan te moedig om hulself te mobiliseer in die soeke na geregtigheid. “Ons maan die gemeenskap van Coligny om saam te staan en enige vorm van geweld te staak. Dit is nie hoe ons verskille uit die weg ruim nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Koos1 ·

Mmusi, kom ek vertel nou vir jou. Dit is reeds groot en geweldadig.
Hoe kan mense se huise afgebrand word en besighede verwoes word, en dan nog verder die premier wat rassehaat aanblaas in jou oë nie groot en geweldadig wees nie.
Al die aanhitsers kan tans net bly wees die boere is nog terughoudend maar iewers gaan hulle geduld ook ophou! Dan gaan dit nie groot en geweldadig wees nie…..dan is dit oorlog!

christa ·

Ja. Koos, hy weet nie hoe sy onsinnige vermaning n mens irriteer nie: mense raak nou trigger happy en mens kan hul nie kwalik neem nie (verwys nou o a na die veearts wat sy vrou ini maag geskiet het?)

Adam ·

Christa, ek moet met jou saamstem. Maimane gebruik beide die kerk en die politiek as platforms om sy snert te verkondig. Hy is die Barack Obama van SA, mooi toesprake en min aksie. Ek as oud-Prog sidder aan die gedagte van wat julle voorgangers van die “nuwe” DA moet dink. Julle is die Multiplex van politiek, julle dek alles, maak nie saak of jy ver links of ver regs is nie. Dit hoekom julle beleid eintlik net op een been rus en dit is “ons regeer beter”. Enigiemand, selfs ‘n intelligente troeteldier kan beter as die ANC regeer. Vergeet nou van die mooi praatjies en al die teoretiese snert en kry ‘n plan om anargie hok te slaan. Die land brand en julle tob oor onsinnige kolonialistiese debatte en heksejagte. Natuurlik doen julle goeie werk ook, maar doen nog meer eerder as on dinge te wil reg praat en doen dit vinnig. Tempus fugit.

Jordaan ·

Hoeveel mense is al gearresteer wat plekke aan die brand gesteek het? Indien die antwoord nul is, waarom moet mense nog vertroue in die regstelsel he?

Chaparel ·

Ag asseblief man, waar sien jy wet en orde in hierie korrupte land, ek sal reg in eie hande neem want die regering voel vere vir my. Julle praat te veel en doen te min.

Moesie op 'n vark se gat ·

Net nou die dag het hy nog boendoegeweld aangehits. Onthou julle sy tweets na die doodskis debakel. Skynheilig dis wat hy is.

Koos1 ·

Mmusi, ek het vergeet om nog vir jou te sê: Reg in eie hande neem verskil van jou lewe en eiendom beskerm. Reg in eie hande neem is weerwraak, wat ‘n misdryf is. Jou lewe en eiendom beskerm is noodweer en in die wet as wettig vervat.
Maar nou die ander sy, wat die die betogers en aanhitsers? Hulle pleeg geweld, aanranding en opstelike saak beskadiging en dit is ‘n misdryf.
Maar nou dat die boere dik is vir hulle, nou kom rek jou jou mond oop. Waar was jy die afgelope 2 weke en wat het jy en jou party gedoen? Of enige ander politieke party vir wat dit mag werd wees.?Julle ware kleure begin wys met sulke uitsprake.

Loeis ·

Baie goeie punt. Beskerm jouself, gesin en eiendom, maa rmoenie die wet oortree nie.

Met verwysing na aanhitsing. Ons almal weet die duisend mense wie die seun se begrafnis bygewoon het, het hom nie geken nie. Daar is duidelik iemand wie die hele storie reel. Om politieke munt daaruit te slaan, natuurlik. Dr Pieter Groenewald het daardie persoon by die naam genoem.

Verbaas ·

Die man is n grap. Bendegeweld is nie die antwoord nie… mits die wat tena gekom word wit is…

pieter ·

EK HOOP DIE WIT KIESER LEES DAT HY NIE MEER WELKOM IS IN DIE DA NIE.NET DIE ONSKULDIGE SWART KIND WORD GENOEM WAT VAN DIE ONSKULDIGE WITMANS.

KP ·

Wonder wat sou Maimane gedoen het as sy huis met petrolbomme gegooi word en afbrand en die Polisie staan en kyk net????????????????

Arend ·

Hulle het almal klaar baie privaat sekuriteit. Die privaatsekuriteit is tog bewapen. Hoe nou? Mag net sekere mense beskerm word?

Uvonka ·

“Die verlies van so ‘n jong lewe”!!! Hy het nagelaat om te se jong dief. Wat van die verlies van kosvoorsieners, bejaarde mense wat wreed aangeval en vermoor word? Ag ou moet-nie-moan nie, ons is ook al gatvol vir jou gesanik.

Tiger ·

Miamane is die anc se kleinboet darom dat hy probeer keer dat blankes hulself en eiendom verdedig.As my huis ge-petrol bom word verruil die skuldige beslis die huidige met die ewige dis gewaarborg.Ek sal nie huiwer nie.Te m#*r met die anc se “wette”.Die SAPD is TE SLEG om wet en orde te handhaaf so ek SAL myself EN my eiendom met als wat ek het verdedig.Die kriminele en SAP kan bly wees ek bly nie in Coligny nie!En zuma is nie ‘n president se g@t werd nie.Die wat eiendom verloor het moet almal saam ‘n siviele eies teen die SAPD instel vir versuim van pligte.Hul salarisse word deur belastingbetalers geld betaal en hul werk is om wet en orde te handhaaf maar hulle monitor net elke situasie met ‘n KFC in die hand!

Johann ·

Daar is geen manier waarop enige regdenkende mens sal staan en toesien hoe hierdie mense hom en sy mense na wellelus moor en, en nie. Laat lees jou eensydige koppie vriend

Vc ·

Selfverdediging is die enigste antwoord. Ek sien nie vir Maimane gereedstaan om huise en lewens te verdedig nie

Johan. H. ·

Tiger!!!! Dito.. Bid my huis word nie gepetrolbom nie,,

Shut your face ·

MAIMANE jy is een van die opstokers .. Jy is die een wat fotos op sosiale media versprei van swartes wat met huge klippe die wittes wat die ou in die doodskis ingeprop het inwag om te vermoor .. JY is een van die AANHITSERS. JULLE het gehelp om die witman se wapens af te vat . julle het almal gestem vir die nuwe wapenwetgewing .en ook vir die grondonteiening . so nou wil julle nie he boere moet hulle plase beskerm nie? Dis so tipies .. jy is maar niks anders as ‘n ANC lid met ‘n bietjie ICING om nie. Jy het duidelik gesien in Coligny het die polisie GEEN beheer gehad nie, onskuldige mense se huise n voertuie en diere is aan die brand gesteek .. Op ‘n stadium het hulle uit rubberkoeels uitgehardloop .REGTIG? dan mag die publiek hulleself nie teesit nie ? Jy is ‘n joke man .. HOU NET OP PRAAT!

Johann ·

Mmusi, vertel dit vir al die mense wat in nedersettings in die land bly. Ek kan nie onthou dat daar al soveel onluste en betogings was as die afgelope twee jaar nie. Dit begin by betogings, dan raak dit onluste, dan beoefen hulle hul nasionale sport, brand, breek af en beskadig enigiets wat in hul pad kom. Die dag daarna is hulle dan nog slegter daaraan toe, maar dit gee net nie om nie, want hulle het hul punt gemaak.

Wat maak hulle by hul huise as hulle met iets nie tevrede is nie?

Kosie ·

Een van die dae is dominee Maimane julle president. Ons het iemand nodig wat goed kan bid vir julle.

Willie E ·

Wat wil edele Maimane he moet Zuma se as hy noem dat die ‘president” nog niks in hierdie verband gese het nie?
Ons almal weet PRESIES wat hy gaan se,hy gaan weer die witmense die skuld vir alles gee…hy is ‘n meester daarin deur ander te balmeer om sy eie onbeholpenheid en onnoselheid te verberg….

Elsa ·

luister wat Mmusi sê….geweld en plunder is nie die oplossing

vermeende ·

Hoe sal jy die reg in eie hande neem as dit jou grondwetlike reg is jou self en eiendom te beskerm en as dit bewapening verg om my regte te beskerm dan is dit wat die boer sal doen, Mmusi lyk my is net so onkundig oor die wette soos Zuma oor wiskunde en eintlik alles is.

Kortliks, n man wat op sy regte staan neem nie die reg in eie hande nie!
Waarmee is die DA besig?
Klink na ANC beleid vir my.

J ·

Ons oorlog op witmense het na 1994 begin en neem daagliks toe. Wonder maar net?

Dirk Breytenbach ·

Mnr Maimane, jy probeer stemme wen deur heeltyd op die morele hoegrond te wil beweeg om mense te beindruk. Ons glo jou nie . Selfverdediging is wettig en ek sal my self verdedig of jy dink dis nodig of nie.

Johan. H. ·

Moessie al hoekom ek vir jou gestem het was om die anc teen te staan, die volgende keer nie so maklik nie Jy lyk vir my maar na n gladde kalant , ek hou ook nie eintlik van jou hogere engels nie, ta ta

Jandre Kroeze ·

Wanneer n land word bestuur deur criminele dan word die land n paradys vir wettelose tsotsis. As onreg reg word, dan is verset n plig. In n staat van oorlog geld civy reels nie meer nie.

corne ·

Musi is Zuma se regter ha.d wat al die blankes jam om die mond smeer om hulle sag te maak vir die slagting wat kom….

Realis ·

Kan jy glo? Maimane bestaan nog. Nie n enkele woord van die DA sedert die probleem ontstaan het nie en ewe skielik is hy op sy “high horse” met vermanings na veral die slagoffers (lees die inwoners van Coligny) om tog nie reg in eie hande te neem nie. Sê niks oor die brandstigters wat onskuldige mense se eiendom verwoes het nie. Sê ook niks van jy bly onskuldig tot skuldig bewys nie. Mnr Maimane verkies om eerder te fokus op die jong lewe wat onder “verdagte omstandighede” geneem is. Enigsins beter as ons huidige pres? Nee wat, ek het nou my bedenkinge. Klim nou ook op die lekker ou publisiteitswa met sy onderrok wat vêr uithang

Carolina ·

Die DA is wat ons nou noem ANC Lite. Hoe pateties is hy, dankie my oë het lankal oop gegaan en hulle kry gelukkig nie meer my stem nie want hy is te bang om die swartes se stem te verloor

Tiny du Preez ·

Waar is die weermag? Dis mos nie die polisie se werk om sulke situasies te hanteer nie…. O.. Watter weermag….

Jules ·

Ek stem. Dit is soos die pa wat sy familie probeer beskerm het teen 6 maar hy word aangekla van moord en poging tot moord. Ek raak nie betrokke by politiek nie maar die DA raak ‘n joke en ek stem saam met Koos1

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.